Wiele2Wiele
by Maroela Media
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Episodes
-
Wiele2Wiele: MG onthul nuwe sportnuts en bakkies
Hierdie week vir Wiele2Wiele, onthul MG Motor SA verskeie nuwe modelle en tegnologie - van ’n sewesitplek-vlagskip-sportnuts tot dubbelkajuitbakkies. Vir die tegniese wenk, verduidelik hulle wat al die syfers en letters op ’n oliehouer beteken en dan is daar ook motorsportaksie. Die afgelope…
more -
Wiele2Wiele ry drie nuwe motors
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: die Kia Seltos, die Volkswagen T7 Caravelle eHybrid en Leapmotor se B10. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry nuwe Audi Q5
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle Audi se spliternuwe premium Q5-reeks en gaan ry met ’n geel AA-bakkie wat op gas loop. Hulle hoor hoe sake verloop het by die tydren in Dullstroom en kyk hoe van Suid-Afrika se motorfietsrenjaers hulle op die wêreldverhoog laat geld. Wiele2Wiele op…
more -
Wiele2Wiele ry Jetour X70 Plus
Vir hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met die laaste ronde van die Nasionale Tydrenkampioenskap, wat hierdie komende naweek in Dullstroom plaasvind. Vir die padtoets van die week neem hulle jou saam op ’n toetsrit met die Jetour X70 Plus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele…
more -
Wiele2Wiele: Geely se Coolray onder loep
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele sluit Waldo van der Waal van kykNET se gewilde motorprogram La’t Wiel by die span aan om oor Geely se nuwe Coolray te gesels. Hulle vertel jou meer oor die nuwe Tesla Roadster en kyk ook na Discovery Insure se bestuurderbystandstelsel wat daarop gemik is...
-
Wiele2Wiele ry nuwe T-Roc
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van Volkswagen se nuwe T-Roc in en word aangenaam verras deur dié gewilde sportnutsvoertuig. Daarna vat hulle jou terug in tyd met ‘n 1974 VW Kewer. Engen Xtreme deel waardevolle wenke, en jy kan op Cape Moto Co kan staatmaak…
more -
Wiele2Wiele: Twee bakkies onder loep
Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels en redeneer hulle oor twee uiteenlopende bakkies – JMC se Vigus en die VW Amarok PanAmericana 3.0L V6. Hulle gesels met Bobby Ramagwede van die AA oor interessante onderwerpe en staan breëbors-trots oor Tristin Pienaar se indrukwekkende renresultate in…
more -
Wiele2Wiele ry drie nuwe Chinese motors
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie baie uiteenlopende padtoetse — die Chery Tiggo 4 Cross LiT, die Changan Hunter REEV K50 en die GWM Ora 5 HEV. Die span deel hul eerlike indrukke van dié drie nuwe Chinese spelers en kyk wat die voertuie in ’n al hoe meer mededingende mark bied. Vir die...
-
Wiele2Wiele: Mazda se nuwe CX-5 bekendgestel
Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor ’n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens...
-
Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld...
-
Wiele2Wiele: Tata stel sy Osprey bekend
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Tata sy nuwe Osprey bekend, hulle bring tyd met Toyota se RAV4 GR-Sport model deur en die #SaferCarsforAfrica Global NCAP-botstoetsresultate word bekendgemaak. Hulle gesels ook oor die internasionale EICMA-motorfietsskou wat in November plaasvind....
-
Wiele2Wiele ry Audi se nuwe Q3
Hierdie week vir Wiele2Wiele neem hulle jou op ’n toetsrit met die Audi Q3 S line Sportback. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry Changan Deepal S07
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan hulle vir ’n toetsrit met die Changan Deepal S07 en op ’n visvang-avontuur met die Kia Tasman-bakkie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster
Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die wenk van die week gesels…
more -
Wiel2Wiele gee hul indrukke van nuwe Seltos
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige, splinternuwe Kia Seltos, wat met drie enjins aangebied word – onder andere ’n 1.5-liter-turbodiesel. Hulle vat jou dan saam op die pad in die Lexus RZ 550e F-Sport en die Land Cruiser FJ. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry twee bussies
Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy ’n motorfiets wil koop...
-
Wiele2Wiele ry Kia Carens
Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is dan tyd vir die stof…
more -
Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele: Land Rover Defender 130 onder loep
Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die groot Land Rover Defender 130, die giftige Toyota GR Yaris en die GAC GS3 Emzoom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal:...
-
Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep
Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat Carl die pad saam met Volkswagen en sy Amarok-modelle op ’n avontuur wat min mense ooit self beleef! Van die asemrowendste dele van KwaZulu-Natal, oor die legendariese Sanipas in Lesotho – selfs die ruwe skoonheid van die Oos-Kaap… dit het boonop gesneeu ook…
more -
Wiele2Wiele ry Defender Octa en Mustang GT
Hierdie week vir Wiele2Wiele het hulle twee baie spesiale padtoetse: die Land Rover Defender Octa met sy 4,4 liter-biturbo V8 en dan die Ford Mustang GT. Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die maksimumsnelheid van ’n binnebrandenjin. Hulle is ook breëbors trots op ons...
-
Wiele2Wiele ry nuwe RAV4, iCAUR
Toyota het sy sesde-generasie RAV4 bekend gestel – ’n pragtige sportnutsvoertuig met gevorderde tegnologie wat wys hoe ver die model ontwikkel het sedert die eerste RAV4 in 1994 bekendgestel is. iCAUR het ook sy unieke en eiesoortige V23- en 03T-modelle bekendgestel. Vir die tegniese wenk van die...
-
Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-wenners
Hierdie week vir Wiele2Wiele word die splinternuwe Land Cruiser FJ bekendgestel en die 2026 SA Motor van die Jaar-wenners word aangekondig. Vir die tegniese wenk van die week word daar oor herroepings gesels en hulle sit die kollig op ons Suid-Afrikaanse motorfietsjaers wat oorsee deelneem....
-
Wiele2Wiele ry Volvo, Mitsubishi en VW
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: Volvo se elektriese ES90-sedan, Mitsubishi se Destinator-sportnuts en Volkswagen se GTI-luikrug. Vir die tegniese wenk gee hulle raad oor wat jy moet doen wanneer jy deur water moet ry en die manne redeneer oor die onlangse...
-
Wiele2Wiele: Kia se Carens bekendgestel
Hierdie week vir Wiele2Wiele - die eerste Toyota Matsuri-fees is by die Kyalami-renbaan gehou, waar gaste nie net meer oor Toyota en sy ryke geskiedenis kon leer nie, maar ook self agter die stuur van Toyota se opwindendste nuwe modelle kon inklim. Kia het ook sy nuwe Carens bekendgestel. Dit was...
-
Wiele2Wiele vat langpad met Merc se Vito Tourer
Hierdie week vir Wiele2Wiele vertel hulle jou van Ford se Ranger wat opgeknap is met ’n nuwe 2,3 liter EcoBoost-enjin. Die Kritzingers vat dan die langpad Gqeberha toe met ’n agtsitplek Mercedes-Benz Vito Tourer-bussie, waar hulle 18-jarige seun, Zian Kritzinger, aan die Ironman South Afrika...
-
Wiele2Wiele: Alles oor Simola-heuwelren
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die afgelope Simola-heuwelren. Hulle sit die kollig op die span wat vir Suzuki Suid-Afrika deelgeneem het en gesels met die vier jaers, asook met Brendon Carpenter, bemarkingsbestuurder vir Suzuki SA, oor Suzuki se…
more -
Wiele2Wiele ervaar MG3 en MG ZX Pro
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die MG3 en MG ZX Pro, en besin oor wat hierdie historiese handelsmerk anders maak. Hulle gaan maak ook ’n draai by ’n glansgeleentheid en hoor meer oor Jetour se T-reeks wat nou ook met inprop-hibriede tegnologie beskikbaar is. Vir die tegniese wenk van…
more -
Wiele2Wiele ry Tiggo 9 Super Hybrid, Audi A5 en VW Tiguan
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Chery se Tiggo 9 Super Hybrid, Audi se A5 en Volkswagen se Tiguan. Vir die tegniese wenk beantwoord hulle vrae oor vibrasies en dan kyk hulle na Kove se nuwe 800X Rally- en 800X Pro-motorfiets. Daar word ook gespekuleer oor wat by die MotoGP…
more -
Wiele2Wiele gesels oor Kia en JMC se bakkies
Die hele motorindustrie is aan die gons oor die bekendstelling van die nuwe Kia Tasman-bakkie en Wiele2Wiele vertel jou meer oor hoe hierdie bakkie beslis sy man kan staan. JMC het sy Vigus-bakkie vir die media gewwys vóór die amptelike bekendstelling. Dit is dan tyd vir motorsportaksie met die...
-
Wiele2Wiele: Nuwe modelle vir Suzuki, Mitsubishi en Changan
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie bekendstellings: Suzuki sy nuwe Across bekend, Mitsubishi sy Destinator en Changan sy UNI-S. Daar is ook ’n tegniese wenk oor handremme. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry Alfa se Junior Veloce
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: die Renault Duster 1.3T 4x2, die Volvo XC60 T8 PHEV en die elektriese Alfa Romeo Junior Veloce. Hulle gee brandstofbesparingswenke en daar is ’n meningspeiling vir 2Wiele waar hulle jou terugvoer soek. Wiele2Wiele op Facebook ·...
-
Wiele2Wiele ry nuwe Golf GTI
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe ikoon - Volkswagen se Golf GTI. Renault stel ook sy nuwe Kiger Turbo bekend. Hulle gesels met die 17-jarige Vatiswa Mokhonoana, wat aan Toyota Gazoo Racing SA se GR86-beker deelneem en gaan maak ’n draai by ’n baie interessante Nuts and...
-
Wiele2Wiele ry nuwe Volvo ES90
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Volvo se splinternuwe ES90 - ’n statige elektriese sedan, met ’n reikafstand van meer as 700 km. Hulle vertel jou wat te sien was by die ‘Kerk, Karre & Koffie’-minimotorskou en glimlag breed oor die Suid-Afrikaner Darryn Binder se...
-
Wiele2Wiele maak kennis met Lepas L4
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Lepas en sy L4. Lepas is ’n nuwe handelsmerk onder die Chery-groep. Hulle spandeer ook tyd met die BMW X3 Pure Design en besef weereens hoekom die BMW X3 as die 2025 SAGMJ Motor van die Jaar-wenner aangewys is. Hulle vertel jou dan...
-
Wiele2Wiele: Ford Ranger Platinum, GWM Tank 300D onder loep
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat die manne die ateljee oor en gesels oor die Ford Ranger Platinum, die GWM Tank 300D en die Tata Harrier. Daar is finansiële raad, ’n bietjie motorfiets-nostalgie en ook terugvoer oor die eerste MotorGP-ren vir die jaar. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op...
-
Wiele2Wiele ry Suzuki Grand Vitara
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van die Suzuki Grand Vitara en vat jou saam vir die rit. Dan skuif hulle aan vir ’n insiggewende gesprek met Boddy Ramagwede van die AA oor sy #SaferCarsForAfrica-veldog. Daarna gesels hulle met Arnold Olivier van AMID...
-
Wiele2Wiele ry Leapmotor se C10 REEV
Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle. Wiele2Wiele op...
-
Wiele2Wiele ry Tata Tiago
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry nuwe JMC Vigus-bakkie
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle ’n tegniese wenk oor hibriede voertuie en...
-
Wiele2Wiele gooi kollig op SA’ners se Dakar-stories
Wat verg dit regtig om die Dakar te voltooi? Die Wiele2Wiele-span het gaan uitvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55
Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende. Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy...
-
Wiele2Wiele: Agter die skerms by Dakar
Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Wiele2Wiele ry BMW M2
Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - ’n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op ’n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en ’n ‘Japannese Ducati’ pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op...
-
Wiele2Wiele ry Tucson en nuwe J5
Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én…
more -
Wiele2Wiele ry Jetour T2
Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en...
-
Wiele2Wiele ry nuwe Duster
In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300...
About this show
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Hosted by
Maroela Media
Categories