PODCAST · religion
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
by Gereformeerde kerk Bergbron
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
-
356
Sondag 10 Mei 2026 Stephan Briel
Lees: 2 Tim 3:1-17. Fokus: 2 Tim 3:14-17. Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord.1. Die bedrieërs wat jou wil verlei· Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en Griekse godsdienste. · Volgens die bedrieërs aanbid alle godsdienste dieselfde God, elkeen net op sy eie manier. 2. God roep jou om te lewe uit sy Woord· Ons het 2 wapens teen die bedrieërs: Die Bybel en die onderrig van betroubare leermeesters. · Kenmerke van ‘n betroubare leermeester: (1) Woord is sentraal, (2) lewe en prediking is gerig op God, (3) lewe en prediking is Geesvervuld. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Kry jy te doen met ‘n vermenging van godsdienste? Verduidelik · Gee die beskrywing van ‘n betroubare leermeesrter. · Hoe kan jy vervul word met die Heilige Gees?
-
355
Sondag 3 Mei 2026 Stephan Briel
Lees: Mat 6:5-15. Fokus: Mat 6:12. Om opreg vergifnis te vra en opreg te vergewe.
-
354
Sondag 26 April 2027 Stephan Briel
Lees: Mat 6:5-15 en Heid Kat vr en antw 126. Fokus: Mat 6:12. Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
-
353
Sondag 19 April 2026 Chris Raath
Lees: Psalm 22.Van lyding tot lofprysing en dankbaarheid.
-
352
Sondag 12 April 2026 Stephan Briel
Lees: 2 Kor 4:16-5:10.Fokus: 2 Kor 4:16-18. Die versekering van toekomstige heerlikheid vul die hede met volharding en moed. · Dissipels van Jesus Christus gee nie tou op nie, maar word daagliks innerlik vernuwe (v.16). · Teenswoordige verdrukking is deel van die sigbare dinge, maar die heerlikheid van die toekoms hoort by die onsigbare dinge (v.18). · Paulus minimaliseer nie die swaarkry van ons fisiese bestaan nie, maar vergroot die ewige heerlikheid (v.17). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat beteken dit om daagliks innerlik vernuwe te word? · Beskryf die drie redes wat Paulus gee in vers 17 waarom ons nie moed verloor nie wanneer ons met lyding en beproewing te doen kry. · Hoe kan ons die onsigbare waarneem?
-
351
Sondag 5 April 2026 Stephan Briel - Opstandingssondag
Lees: Joh 21:11-25. Fokus: Joh 21:15-17. Dissipelskap word gebou op die liefde van en vir Jesus Christus.
-
350
Sondag 29 Maart 2026, Stephan Briel
Buitelug diens by genadesentrumLees: Markus 14:26-31, 66-72.Fokus: Markus 14:27-31.Geestelike hoogmoed teenoor ware dissipelskap.
-
349
Sondag 15 Maart 2026 Stephan Briel
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 2) · Drie betekenisse van “eerbied” vir mans: · Aanvaarding: ‘n Man begeer dat sy vrou hom sal aanvaar net soos hy is sonder om hom te probeer verander. · Die bewondering van sy vrou: ‘n Man wil graag woorde van bewondering en goedkeuring hoor. · Waardering vir sy pogings: ‘n Man wil graag “dankie” hoor van sy vrou vir sy pogings om vir haar te sorg, te voorsien en lief te wees. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat vul hoofsaaklik die waarde-tenks van mans en wat vul hoofsaaklik die waarde-tenks van vrouens? · Verduidelik die drie betekenisse van “eerbied” vir mans. · Verduidelik die vyf strategieë wat jy kan volg om jou man se waarde-tenk te vul met “eerbied”.
-
348
Sondag 22 Maart 2026 Stephan Briel
Lees: Mat 16: 13-28.Fokus: Mat 16: 21-25.Opregte Christusbelydenis impliseer ‘n Christusgerigte lewe.1. Die inhoud van ons Christusbelydenis.· Jesus se Christusskap(die Griekse woord vir Messias) beteken Hy is God se Gesalfde na wie ons as volk van God opkyk vir hulp en verlossing van ons sondes. · Plaasvervangend het Hy ons sondes op Hom geneem en in ons plek God se oordeel en straf gedra tot in die dood. · Christus se gehoorsaamheid aan die Vader en liefde vir ons sondaar mense, het Hom gehou aan die kruis totdat Hy gesterf het.2. Die implikasies van ons Christusbelydenis.· Petrus berispe Jesus omdat hy bekommerd is oor sy eie lyding, omdat hy selfgerig is. · Selfgerigtheid maak jou ontvanklik vir Satan se leuens en om deur hom misbruik te word – al is jy ‘n gelowige kind van God. · Bedink wat God wil hê deur elke gedagte te toets volgens God se waarheid vir jou lewe in sy Woord (2 Kor 10:5). · Ons is beide geregverdig en geheilig deur die kruis van Jesus. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat is die inhoud van ons Christusbelydenis? · Hoekom berispe Petrus vir Jesus? · Hoe maak selfgerigtheid jou ontvanklik vir Satan se leuens? · Hoe kan ons die stryd teen die bose in ons denke wen en Jesus volg?
-
347
Sondag 8 Maart 2026 Stephan Briel
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 1) Drie betekenisse van liefde vir vrouens: · Ek het hoë prioriteit vir my man. Jesus moet eerste kom in sy lewe en daarna ek. · My man moet na my luister en waarde heg aan my gevoelens, gedagtes, prioriteite en opinie. · Wanneer my man my seermaak en my hart verwond, moet hy dit erken en jammer sê. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat vul hoofsaaklik die waarde-tenks van mans en wat vul hoofsaaklik die waarde-tenks van vrouens? · Verduidelik die drie betekenisse van liefde vir vrouens. · Verduidelik die vyf strategieë wat jy kan volg om jou vrou se waarde-tenk te vul met liefde.
-
346
Sondag 1 Maart 2026 Stephan Briel
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Strategie teen die listige aanslae van die duiwel. Raak bewus van twee duidelike vlakke van kommunikasie: · Saaklike-kommunikasie: die onderwerpe van bespreking wat betrekking het op die lewe en ons huwelik. · Verhoudings-kommunikasie: boodskappe wat ons aan mekaar stuur wat betrekking het op ons identiteit en waarde. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Verduidelik vlak 1 kommunikasie met ‘n praktiese voorbeeld. · Verduidelik vlak 2 kommunikasie met ‘n praktiese voorbeeld. · Hoekom kan jy jammer sê al was jy nie verkeerd op vlak 1 kommunikasie nie?
-
345
Sondag 22 February 2026 Stephan Briel, Belydenis van geloof
Lees: Ef 6:10-20.Fokus: Ef 6:11,12.Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus. · Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel hê, (3) goeie kommunikasiesisteem hê, (4) en gesamentlike doel moet volgens God se wil wees – dan sal niks onmoontlik wees wat ons van plan is om te doen nie (Gen 11:6,7). · Die duiwel het verskillende metodes (methodeia) om die kommunikasie tussen gelowiges te ontwrig wat veroorsaak dat hulle uitmekaar spat. · Metodes van die duiwel: a. Laat ons dink mense is ons vyand. b. Gebruik ons om aan mekaar boodskappe te stuur dat jy waardeloos, ‘n nikswerd, ‘n mislukking, ‘n fout, ens is. · Elke dag antwoord ons die vrae: Wie is ek en wie is ander mense? Die duiwel wil graag hierdie vrae vir jou beantwoord en hy sal altyd ‘n boodskap oordra dat jy of ander mense is waardeloos, mislukkings, nikswerd, onbelangrik, ens. · God sê vir jou as jy glo in Jesus Christus: Jy is vir My kosbaar, so kosbaar soos die lewe van My Seun, Ek is lief vir jou, Ek gee vir jou om, jy kan nooit ‘n mislukking wees nie want My Seun se kruisoffer was nie ‘n mislukking toe Hy vir jou betaal het nie. Staan op die waarheid in Christus! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat ontbreek in ons gemeente, jou selgroep, jou gesin, jou huwelik, om suksesvol te kan funksioneer? · Op watter maniere het die duiwel al die kommunikasie tussen jou en medegelowiges ontwrig wat veroorsaak het dat julle uitmekaar gespat het? · Hoe het die duiwel jou al gebruik om die identiteit van ‘n medegelowige aan te tas? Hoe het jy al toegelaat dat die duiwel jou identiteit aantas? · Wat is ons wapen wanneer die duiwel ons identiteit probeer bepaal?
-
344
Sondag 15 Februarie 2026 Marius Oosthuizen - Geopende Deure
Lees: 2 Tim. 3: 12Die waarheid oor Christen vervolging.
-
343
Sondag 8 Februarie 2026 Stephan Briel
Lees: Gen 11:1-9 en Joh 17:11,20-23.Fokus: Gen 11:6,7 (AFR53).Eenheid: Vereiste vir God se bonatuurlike werking deur ons.• Vir die mense van Babel sal niks meer onmoontlik wees nie want (1) hulle was eensgesind, (2)hulle het ‘n gesamentlike doel gehad, (3) hulle het goeie kommunikasie tussen mekaar gehad (Gen11:6).• Daar het nog egter een saak vir hulle kortgekom om suksesvol te wees: God se wil. Hulle eenheiden gesamentlike doel was teen God se wil.• God gryp in en ontwrig een van die vereistes om as groep suksesvol te wees: Hy ontwrig hullekommunikasiesisteem (Gen 11:7).• God se wil loop uit op die nageslag van Sem uit wie later Jesus Christus gebore word, want dit isGod se wil dat ons in Jesus Christus ons eenheid sal vind (Joh 17:23).Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:• Wat ontbreek dalk in ons gemeente, jou selgroep, jou gesin, jou huwelik, om suksesvol te kanfunksioneer? (Gen 11:6)• Noem voorbeelde hoe die duiwel kommunikasie ontwrig tussen gelowiges.• Hoe is ware eenheid moontlik?
-
342
Sondag 1 Februarie 2026 Stephan Briel
Lees: Spreuke 10: 22-32. Fokus: Spreuke 10: 24. Hoe om op God se spesifieke beloftes te wag. · In ‘n verhouding met God deur Christus, plaas die Heilige Gees baie keer sy wil as ‘n begeerte of droom in ons harte. · Beweeg van geloof tot verwagting (met dade agter jou geloof), dan sal die Heilige Gees jou bonatuurlik neem tot vervulling van sy spesifieke beloftes aan jou. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Gee ‘n beskrywing van die begeertes wat God belowe om te vervul. · Hoe kom spesifieke beloftes van God vir jou lewe tot stand? · Wat is die verskil tussen glo en verwag? · Wat is die regte manier om op God se spesifieke beloftes te wag?
-
341
Sondag 25 Januarie 2026 Stephan Briel
Lees: 1 Tess 5: 1-11. Fokus: 1 Tess 5: 11. Gesindheid waarmee gelowiges moet wag op Jesus se wederkoms. · Volharding. · Bemoediging van mekaar. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Hoe kan ons met volharding wag op die wederkoms van Jesus? · Waarom is die gemeenskap van gelowiges so belangrik? · Hoe kan jy ‘n seën wees vir die mense rondom jou? (v 11)
-
340
Sondag 18 Januarie 2026 Chris Raath
Lees: 2 Samuel 15: 13 - 23Fokus: 2 Samuel 15: 21Tot hoe ver strek jou lojaliteit?
-
339
Sondag 11 Januarie 2026 Chris Raath
Lees: Deut. 4: 1 – 20Fokus: Deut. 4: 7God is verhewe en groter as enige ander god. Sy nabyheid ken geen perke nie.
-
338
Sondag 14 Desember 2025 Chris Raath
Lees: Eksodus 14: 1 – 19Fokus: Eksodus 14: 13, 14Die Here sal self vir julle veg. Julle moet net stilbly.
-
337
Sondag 7 Desember 2025 Stephan Briel
Lees: 1 Joh 4: 7-21. Fokus: 1 Joh 4: 18. Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees. · Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur. · Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.” · Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme. · Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. · As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis. · Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe? · Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar? · Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus? · Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms?
-
336
Sondag 23 November 2023 Lewis Sebanda
Lees: Isaiah 1: 1 – 31Being Children of God
-
335
Sondag 11 November 2025 Stephan Briel
Lees: Eks 20:1-21.Fokus: Eks 20:18-21.Nader tot God! · Die doel van die wet van God was nooit dat dit 'n vereiste is om gered of aanvaar te word nie. · Redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God:1. Verkeerde aanname dat God ontoeganklik is en Hy jou nooit kan liefhê vanweë jou sondige verlede nie (v 19).2. Party mense vermy God reeds omdat hulle wil aanhou sondig (v 20). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat is die doel van God se wet vir sy volk? · Verduidelik die redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God. · Wie bepaal hoe naby jy aan God is?
-
334
Sondag 2 November 2025 Stephan Briel
Lees: Eks 17: 8-16.Fokus: Eks 17: 15 (AFR53).Die Here is my banier van oorwinning! · Moses se voorbidding by die Here was bepalend vir die goeie uitslag in die stryd teen die vyand van die verbondsvolk. Daarom bou Moses ‘n altaar en noem dit: “Die Here is my banier.” · Die Here is self by sy volk teenwoordig in hulle stryd. Sy volk vergader rondom Hom soos rondom ‘n banier. Hy bind hulle saam tot ‘n eenheid, Hy veg vir hulle en sy teenwoordigheid inspireer hulle om meer as hulle beste te gee in hulle stryd teen die vyand want hulle weet die oorwinning is verseker met die Here in hulle midde. · Jesus Christus is soos ‘n banier van oorwinning gehys op die kruis van Gogota, want daar aan die kruis het Hy die Satan, die sonde en die dood oorwin.· Ons moet deur die geloof lewe in Jesus as ons banier van oorwinning. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat is die betekenis van ‘n banier? · Hoe is Jesus ons banier van oorwinning? · Hoe kan ons self oorwinning behaal met Jesus as ons banier?
-
333
Sondag 26 Oktober 2025 Lewis Sibanda
Psalm 101:1-3 and 1 Timothy 3:15As my Household, so shall the church be.
-
332
Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel
Lees: Eks 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2). · Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder geveg teen die Amalekiete. · Wat jy glo kom uit in jou optrede. As jy iets glo, sal jy dit ook doen. As jy nie doen nie, is jou geloof maar net wensdenkery. · Ons mense kan alleen waarlik deur die geloof lewe as die Heilige Gees ons die krag gee. · Omdat Jesus nooit verander nie en vir ewig dieselfde is (Heb 13:7-8), is Hy die enigste egte voorwerp van ons geloof. · Jy ontvang ‘n lewe van oorwinning as jy deur die geloof lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Wat is die 2 kenmerke van ‘n opregte lewe deur die geloof? · Wat is die verskil tussen wensdenkery en opregte geloof? · Wat is die toets vir opregte geloof? · Hoekom is Jesus die enigste egte voorwerp van ons geloof?
-
331
Sondag 28 September 2025 Müller Crauwcamp, FEBA Radio
Pastoor Müller Crauwcamp van FEBA Radio gaan vandag die Woordbediening doen.Lees: Johannes 1: 4 – 5Lig...
-
330
Sondag 21 September 2025, Stephan Briel
Lees: Eks 16:1-4, 13-21 en 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om alles van God te verwag. · Moses is die heuwel op om voorbidding te gaan doen ogv God se beloftes. · Ons kan in die geloof verseker weet dat God ons gebede hoor, want ons bid in die Naam van onse Here Jesus Christus. · Elke dag moet jy nuwe vars manna van God ontvang (Eks 16:4) – dit is die huidige spesifieke Woord wat kom vanaf God vir daardie dag, die lewende Woord vanaf Hom vir die spesifieke dag. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Hoekom was Israel die sterkste solank Moses sy hand opgehou het? · Hoekom is ons gebede in die Naam van ons Here Jesus Christus se kragtig? · Wat is die geestelike manna wat ons ook elke dag moet ontvang in afhanklikheid van die Here? (vgl Mat 4:4)
-
329
Woensdag 17 September 2025, Bemoedeginde Boodskap Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Eks 33:12-17 met die tema: Die Here se teenwoordigheid bring vrede!
-
328
Sondag 14 September 2025 Stephan Briel
Lees: Eks 15:20-27. Fokus: Eks 15:24-26. Die Here genees bitterheid. · Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang. · Elke beproewing in die woestyn maak jou bitter of beter. · Soos die bitterheid van die lewe gekom het deur ‘n boom (van kennis van goed en kwaad), so sal ook die genesing kom deur ‘n boom – die boom van die kruis op Golgota (Gal 3:14,14). · Die Here openbaar Homself as Jahweh Rofêga – die Here jou Geneser. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Wat is nodig sodat die beproewinge in die woestynfase jou beter kan maak? · Hoe genees die Here die bitterheid in ons lewens?
-
327
Woensdag 10 September 2025, Bemoedeginde Boodskap - Pieter de Klerk
'n Bemoedigende boodskap uit Matt 5:10-12 deur ouderling Pieter de Klerk.
-
326
Sondag 7 September 2025 Stephan Briel
Lees: Eks 16: 2-3; 17: 3; 32: 2-4 en Num 14: 1-4, 26-35. Fokus: Eks 16: 2-3. God het ons vry gemaak in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe. · Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang. · “Die tirannie van die bekende.” · Die vry mens in Christus sal eerder vergaan in die woestyn terwyl hy besig is om sy skeppingsdoel na te volg, as om terug te keer na slawerny. · Vryheid in Christus is nie losbandigheid of wettiesheid nie. · Ons is vry in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Verduidelik: “Die tirannie van die bekende.” · Wat behels ons vryheid in Christus?
-
325
Woensdag 3 September 2025, Bemoedeginde Boodskap - Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Rom 12:3-5 met die tema: Ons het mekaar nodig!
-
324
Sondag 31 Augustus 2025 Stephan Briel
Lees: Psalm 16:1-11. Fokus: Psalm 16:8 (AFR53). Wie gelowig die teenwoordigheid van die Here aanvaar, is verseker van ‘n vaste lewenskoers, veiligheid en vreugde. · Die belewing van God se teenwoordigheid is ‘n werklikheid, want Jesus Christus het opgestaan uit die dood om saam met sy kerk te leef. · Teenwoordigheid van die Here bring veiligheid (v 9). · Teenwoordigheid van die Here bring lewenskoers (v 7). · Teenwoordigheid van die Here bring lewensvreugde (v 7,9). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Hoe het Jesus Christus Psalm 16 vervul? · Waarom is geloof in Jesus Christus se opstanding so belangrik? · Wat is die gevolge van die Here se teenwoordigheid in gelowiges se lewens?
-
323
Woensdag 27 Augustus 2025, Bemoedeginde Boodskap - Chris Raath
Lees Openbaring 3:14-21Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath
-
322
Sondag 24 Augustus 2025 Stephan Briel
Lees: Mal 4: 1-6. Fokus: Mal 4: 6 (AFR53). Die eindtyd kerk openbaar die hart van God, vaders en kinders. · Die hart van God. · Die hart van vaders. · Die hart van kinders. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wie is die profeet Elia in ons fokusvers wat gaan kom voor die dag van die Here? · Wat is die taak en roeping van die eindtyd kerk? (vgl Luk 1: 17) · Wat is die verskil tussen God se openbaring in die OT en die NT? Op watter intieme manier openbaar Jesus aan ons God se hart? · Hoekom is die rol van vaders so belangrik in kinders se lewens? · Wat beteken dit dat kinders hulle harte terugbring tot hulle vaders? · Is God daarop uit om ons met die banvloek te tref?
-
321
Woensdag 20 Augustus 2025, Bemoedeginde Boodskap - Stephan Briel
n Bemoedigende boodskap uit Hand 2:18,19 met die tema: Die Heilige Gees kom oor ons as dienaars en dienaresse.
-
320
Sondag 17 Augustus 2025 Marno du Toit
Lees Psalm 42O my siel, ek’s dors!
-
319
Woensdag 13 Augustus 2025 - Bemoedigende Boodskap Gert van Straaten
Lees: Jakobus 1: 1-18
-
318
Sondag 10 Augustus 2025 Christiaan Mulder
Lees Jesaja 63
-
317
Woensdag 6 Augustus 2025 Bemoedigende Boodskap, Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Joh 9:1-3 met die tema: Hoekom laat God lyding toe?
-
316
Sondag 3 Augustus 2025 Stephan Briel
Lees: Gal 5:13-26 (AFR53). Fokus: Gal 5:16-18. Die stryd om die beheer van die siel. As my siel nie in God se rus verkeer nie (ek nie vrede ervaar in my denke en emosies nie), dan kom my vlees met ‘n valse oplossing om beter te voel (alkohol, pornografie, koop, eet, ens). As jy in God se rus verkeer (daar vrede in jou denke en emosies is), dan hou die vlees op om werksaam te wees. Bring vrede vir jou siel deur God se seëning in Christus – dan het die vlees niks te doen nie en al hierdie vleeslike begeertes verdwyn. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en liggaam. · Watter deel het nuut geword met ons wedergeboorte (vgl 2 Kor 5: 17) en wat is die invloed daarvan op die res van ons wese? · Hoe kan ons die werke van die vlees in ons lewens oorwin?
-
315
Sondag 27 Julie 2025 Dankbaarheidsdiens, Stephan Briel
Lees: Psalm 105. Fokus: Psalm 105:2. Vertel dankbaar van al die Here se magtige dade!
-
314
Woensdag 23 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap - Stephan Briel
Bemoedigende Boodskap deur Stephan BrielLees Efesiërs 4:26-27
-
313
Sondag 20 Julie 2025 Stephan Briel
Lees: Gen 13. Fokus: Gen 13: 10-13. Geloof is om te kies vir God se beloftes.
-
312
Sondag 13 Julie 2025 Stephan Briel
Lees: Eks 32: 1-14. Fokus: Eks 32: 14(AFR53). Ken ons God se Vaderhart wat ook berou kan hê?
-
311
Woensdag 9 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap - Stephan Briel
Lees Matt. 25: 31-34Bemoedigende boodskap deur ds. Stephan Briel.
-
310
Sondag 6 Julie 2025 Stephan Briel
Lees: Gen 18:16-33 (AFR83). Fokus: Gen 18:22,23. Voorbidding is ‘n moontlikheid wat deur die Here self geïnisieer word.
-
309
Woensdag 2 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap, Chris Raath
Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath
-
308
Sondag 29 Junie 2025 Stephan Briel
Lees: Psalm 25 (AFR53). Fokus: Psalm 25: 2, 3 en 20. Skuil by die Here teen beskaamdheid.
-
307
Sondag 22 Junie 2025 Christiaan Mulder
Met wie se plan is jy besig?Lees: 1 Samuel 13: 1 - 15
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
HOSTED BY
Gereformeerde kerk Bergbron
CATEGORIES
Loading similar podcasts...