Nuuspod

PODCAST · news

Nuuspod

Die tuiste van Afrikaanse Stories agter die nuus

  1. 252

    Blitsbokke: So wen ons die Wêreldbeker

    In Sport Stories op Nuuspod, kyk ons na die naweek se Sewes Wêreldbeker  wat in Kaapstad gespeel gaan word en verduidelik hoe die Blitsbokke se  pad na die finaal toe kan lyk

  2. 251

    Wie kan vir Cyril opvolg?

    Ons vra aan prof. André Duvenhage aan NWU of daar 'n opvolger vir pres. Cyril Ramaphosa is.

  3. 250

    Maties: Transformasie is rassisme, sê STOP

    In Nuusmakers gesels ek met Francois Malan en Christof van Niekerk oor  transformasie by Maties. Hulle groep STOP sê die universiteit se raad is  gelaai met 'n klomp linkse heavyweights wat Afrikaanssprekendes wat uit  'n konserwatiewe agtergrond kom, boelie, aldus Rapport.

  4. 249

    BBP: Stats SA praat twak!

    Nuuspod praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum  Finansiële Dienstegroep, oor die blink kant van die ekonomie.

  5. 248

    Nederlandse Grand Prix: Het Red Bull verneuk?

    Na die afgelope naweek se Nederlandse Grand Prix, het wilde bewerings  dat Red Bull met Alpha Tauri gekonkel het om Max Verstappen te  bevoordeel die rondte gedoen. Ons kyk hierna en gee ons mening of daar  enige waarheid in steek.  Ons kyk ook na die nuutste verwikkelinge en intriges agter die skerms,  en ook na watter bestuurders by watter span gaan opeindig in Formule 1  se Silly Season.  Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

  6. 247

    'n Hart vir Billy

    Billy Macleod was 'n vermaarde sportman, wat al aan tien Ystermanne en  die Cape Epic deelgeneem het, en selfs 'n Comrades marathon agter die  blad het. Vandag is hy in die stryd van sy lewe gewikkel nadat hy  hartskade opgedoen het, en nou wag hy vir 'n nuwe hart.   Teresa Coetzee het met hom gesels   Moontlik gemaak deur Elite Welding and Safety Solutions, asook Pipe  Supply.    Jy kan Elite se webwerf besoek by https://elitewss.co.za, of hulle kontak by 011 692 2827    Jy kan Pipe Supply se webwerf besoek by https://pipesupply.biz, of hulle kontak by 011 693 4840

  7. 246

    Wat soek die EFF op die Kaapse Vlakte?

    Nuuspod se nuwe saamgeselsprogram, Nuusmakers, het vanoggend afgeskop met 'n gesprek tussen Ian Cameron, Quinton Adams en Nazier Paulsen oor die Kaapse Vlakte nav die EFF se projek EFF on Patrol. Die gesprek  het soms warm geraak, maar op die keper beskou, was dit 'n goeie een. Jy  kan voortaan elke weeksoggend om 7:00, behalwe Woensdae as die Blink  Kant op is, na soortgelyke gesprekke luister. Woensdag se program sal om  7:30 begin.

  8. 245

    Vurige Bokke wen die wedstryd... en die geveg!

    DIe Bokke het wraak geneem vir laas week se pak slae en met 'n vurige poging die Aussies van die veld af gespeel   Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

  9. 244

    Kan die nuwe Bokspan die Aussies stuit?

    Na die onverwagse loesing wat die Bokke laasweek teen die Wallabies  gekry het, het Jacques Nienaber nie minder as 8 veranderings aangebring  nie. Dit kan goed werk of baie ontwrigtend wees.   Ons gesels met die rugbyjoernalis, Brenden Nel, om sy opinie oor die  span te hoor,en ook hoe dinge nou eintlik in die Bok kamp werk.  Jy kan Brenden se Youtube kanaal besoek by https://www.youtube.com/c/BrendenNel  Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

  10. 243

    Is 'n ANC/EFF koalisie ons voorland?

    In hierdie uitgawe van Nuusfokus op Nuuspod bespreek ek verskillende  ontleders en joernaliste se menings oor die die kanse dat die EFF en die  ANC 'n nasionale koalisie kan sluit.

  11. 242

    Magtige Max storm voort

    Max Verstappen en Red Bull het die afgelope naweek se Formule 1 Grand  Prix in België totaal oorheers, en Nuuspod vra die vraag of Max die  toneel gaan oorheers soos Lewis Hamilton die afgelope paar jaar gedoen  het. Ons kyk bietjie na alles wat die naweek gebeur het, en bespiegel  oor die bestuurdersmark en wie by watter spanne gaan opeindig.   Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

  12. 241

    Opul fnuik 'n groot petrolprysverlaging

    Ek praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienste Groep, oor die stand van die SA Ekonomie.

  13. 240

    Koalisies: Is dit die EFF/ANC vs res van SA?

    Nuuspod gesels met die verkiesingsontleder Dawie Scholtz oor koalisiemoontlikhede in die 2024 nasionale verkiesing.

  14. 239

    Natuurlik moet jy bang wees vir die nuwe betredingswet!

    Nuuspod gesels met Willie Spies van Hurter Spies Prokureurs oor die nuwe  konsepwet oor onwettige betreding op jou eiendom. Hoewel die wet daarop  uit is om grondeienaars te beskerm, is daar te veel vaaghede wat die  wet oopstel vir growwe misbruik in die verkeerde hande, en daarvoor moet  ons baie bang wees, sê Willie.

  15. 238

    We shouldn't have to live in fear

    Dr. Leila Fourie, CEO of the JSE chats about her involvement with Change a Life and how it changed her own life.

  16. 237

    En die Oscar gaan aan... Nick White!

    Suid-Afrika het 'n rampspoedige naweek op die verskeie sportvelde  beleef, en Nick White se Oscar vertoning het gemaak dat Faf de Klerk 'n   geel kaart gekry het. Nuuspod kyk na die treurige vertonings van die  Suid-Afrikaanse spanne.   Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

  17. 236

    Ek weet wanneer jy jok!

    Teresa Coetzee gesels met Lizette Volkwyn wat een van net twee menslike leuenverklikkers in Suid-Afrika is. Besoek haar webtuiste by www.lizettevolkwyn.com HIerdie episode is moontlik gemaak deur Hammond Pole Attorneys. Besoek hulle webtuiste by https://www.hammondpole.co.za/

  18. 235

    Time to push back against "Kill the Boer"

    Nuuspod talks to Solly Moeng after the Equality Court ruled "Kill the Boer" does not constitute hate speech.

  19. 234

    Bokke doer onder en F1 is terug!

    Sport Stories - Ons kyk na die naweek se rugby, krieket en Formule 1  Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

  20. 233

    14 Tours - and still going strong!

    Teresa chats to Hilton Guy from Talon Tough Tools about the Change a  Life Cycle Tours. He has competed in all fourteen tours so far, and  talks about this favourite moments and the impact Change a Life has had

  21. 232

    Wat as die ANC Zondo ignoreer?

    Ek praat met Johann Maarman van Die Burger oor Cyril Ramaphosa se mening  dat die ANC nie alles in die Zondoverslag ter harte hoef te neem nie.

  22. 231

    "Kill the Boer" is nie haatspraak, sê hof

    Die gelykheidshof in Johannesburg het beslis dat die frase "Kill the  Boer" nie as haatspraak gekenmerk kan word nie, aangesien daar nie  genoeg getuienis daarvoor is nie. Nuuspod praat met Ernst Roets van  Afriforum hieroor.

  23. 230

    Ons is moeg vir die DA in Tshwane, sê ontevrede groep

    Corrie Snyman van die NWM vertel aan Nuuspod hoe hulle sukkel om  watersuiweringsaanlegte in Pretoria te laat herstel onder die  koalisiemetro in Tshwane. Die groep het 'n ope brief aan die DA hieroor  geskryf. Nuuspod sal kommentaar van die DA en koalisivennote bywerk.

  24. 229

    Resessie, schmesessie!

    In Die Blink Kant praat Nuuspod weekliks met Dr. Roelof Botha,  finansiële raadgewer van die Optimum Financial Services Group oor die  blink dinge van die ekonomie.

  25. 228

    Klein veearts red tamaai luislang

    Dr. Nada de Villiers vertel hoe sy 'n luislang van 40 kg moes behandel na die uit die hande van 'n smokkelaar gered is.

  26. 227

    Cape Pioneer Trek: Die bergfietsren met 'n siel

    Teresa het 'n lekker loslit gesprek met Henco Rademeyer en Bernard le Roux oor die Cape Pioneer Trek Bergfietsren. Kyk na die ren se webwerf by https://capepioneer.co.za/   Besoek ook Qhubeka se webwerf by https://qhubeka.org

  27. 226

    Changing lives and creating opportunities

    Teresa chats to Ursula du Plooy and Jonathan Scott of the Change a Life  Foundation about the incredible work the foundation is doing, as well as  the upcoming annual Change a Life cycle Tour  Click here for more details https://changealifecycle.com/

  28. 225

    Is die DA regtig rassisties?

    Elke keer as 'n swart leier uit die DA bedank, word die party subtiel,  sowel blatant van rassisme beskuldig, of dan dat hulle minstens nie  goeie rasseverhoudinge in die party se leierskap handhaaf nie. Dit is  ook nou die geval met die bedanking van Makashule Gana en Patricia  Kopane.   Van Herman Mashaba en Mmusi Maimane se dramatiese vertrek uit die party  'n paar jaar gelede, tot Mbali Ntuli se aanslag op die posisie van leier  as die party, sowel as die vertrek van Phumzile van Damme en Bongani  Baloyi is ook deur verskeie ontleders, joernaliste en sommige  betrokkenes self met die raskwas ingekleur.   Maar as 'n mens na die samestelling van die party se leierskorps kyk en  'n klomp ander kwessies in ag neem, wil die som ten opsigte van die  beskuldigings nie klop nie.   Vanaand om 7:00 stel ek die vraag aan Cilliers Brink en Gert Van der Westhuizen.

  29. 224

    Nuwe faksie staan op teen Cyril

    Nuuspod praat met prof. André Duvenhage oor die jongste verwikkelinge in  die ANC, waar 'n nuwe groepering binne die bestaande faksies posisie  inneem teenoor pres. Cyril Ramaphosa.

  30. 223

    Who/What can save us from the ANC?

    Nuuspod talks to commentators and well known bloggers Conty Lebepe and Gauta Komane

  31. 222

    Nee, vir nog brandstofheffings!

    In Die Blink Kant gesels ons met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer  van die Optimum Financial Services Group oor die ekonomie

  32. 221

    Landbank se georkestreerde aanslag teen boere

    Nuuspod praat met Theo de Jager van Saai oor Landbank se boelietaktiek teen boere wat agterstallig is met hulle Landbankskuld.

  33. 220

    Go2Berg: In die plek van Joberg2C

    Die Go2Berg is n splinternuwe bergfietsmarathon deur dieselfde organiseerders as die Joberg2 wat volgende jaar Junie afskop

  34. 219

    Arabella Leeuw: 'n Verhaal van Genesing

    Die bekende sangeres, Nådine, vertel ons die aangrypende verhaal van Arabella Leeuw  wat met haar tong buite haar lyf gebore is.  Moontlik gemaak deur AESwitch. Besoek hulle webwerf by https://www.aeswitch.africa/

  35. 218

    Die ondraaglike las van misdaad onder die ANC

    Tot hoeke mate dra die ANC se onvermoë om te regeer by tot die misdaadsituasie in SA, vra ek vir Theo Venter.   Hierdie bydrae is moontlik gemaak deur Citybug Shuttle Services. Besoek gerus hulle webwerf by https://citybug.co.za/

  36. 217

    Baklei VSA nou ook vir Rusland en China se Afrikabeen?

    Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial  Services Group, gesels weekliks met Nuuspod oor die blink kant van die  ekonomie

  37. 216

    My nag in die tronk

    My ervaring in die tronk

  38. 215

    Why Should Western Cape Secede from South Africa?

    Why should the Western Cape secede from South Africa? Spectacular full live debate with audience participation about Cape Independence | Cape Town 23 June 2022.   PANEL MEMBERS •  Phil Craig | Cape Independence Advocacy Group •  Benedicta Van Minnen | Democratic Alliance •  Dr Corne Mulder | Freedomfront Plus •  Vytjie Mentor | ActionSA •  Ebrahim Rasool | ANC

  39. 214

    Enough is enough!

    Rob Hersov EXPOSES South African Private Sector. We spoke to Rob Hersov, the outspoken, charismatic, and infamous businessman and private investor. ---- Guest Links ----- https://www.investafrica.com/personel/rob-hersov-chairman-invest-africa https://www.crunchbase.com/person/robert-hersov

  40. 213

    Wag 'n ekonomiese ramp op ons?

    Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial  Services Group, gesels weekliks met Nuuspod oor die blink kant van die  ekonomie

  41. 212

    So heul polisie en Zama Zamas

    Nuuspod praat met die veiligheidskenner Louis Nel wat in diepte kennis  het van die werksaamhede van onwettige myners. Dit is 'n komplekse  netwerk waarvan baie min mense regtig iets verstaan. Louis verduidelik  hoe groot myngroepe en ander welvarende mense self betrokke is by die  kwessie.

  42. 211

    Die toekoms van koalisies

    Nuuspod praat met Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Herman  Mashaba, leier van ActionSA en Thomas Walters, adjunkvoorsitter van die  DA Federale Raad.

  43. 210

    Taliban vs Ankole: Wie eet wie die naweek?

    Nuuspod praat met Dr. Pieter Mulder, Prof. André Duvenhage en Dr. Oscar  van Heerden oor die ANC se beleidskonferensie die komende naweek.

  44. 209

    Skoon krag of steenkool, wat is die antwoord?

    Nuuspod se weeklikse gesprek met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer  van die Optimum Financial Services Group, wat hierdie program moontlik  maak.

  45. 208

    Is Cyril se einde nou naby?

    Ek praat met Carien du Plessis en Gert van der Westhuizen oor Cyril  Ramaphosa se toekoms nav die naweek se provinsiale leiersverkiesing in  KZN.

  46. 207

    DA Mayor: How I have to hide from the ANC for my own safety

    Christopher Pappas, DA Mayor of uMngeni tells how he has to sleep on  different places in order to stay safe from the ANC and other political  rivals.

  47. 206

    Hoort homoseksualiteit in kinderboeke?

    Nuuspod gesels met prof. Hennie van Coller van die UFS nav sy gewraakte  rubriek oor kinderboeke waarin hy, volgens sy kritici, homoseksualiteit  gelykstel aan maatskaplike kwessies.

  48. 205

    Eskom se SOS aan Solidariteit

    Nuuspod praat met Dirk Hermann van Solidariteit nav Pravin Gordhan se  brief dat die organisasie hulp moet verleen om Eskom te red.

  49. 204

    Sal die ANC vreedsaam mag oorgee?

    Die DA-burgemeester van Umngeni moet, volgens 'n berig op Biznews, elke  aand op 'n ander plek slaap om sy veiligheid te verseker weens  dreigemente vanuit die ANC.  Chris Pappas het as burgemeester na die November munisipale verkiesing  oorgeneem in die voormalige ANC-munisipaliteit. Dit lyk of die ANC  heftig gekant is teen die verbeteringe wat Pappas en sy raad besig is om  aan te bring.  Dit voorspel niks goed vir komende tussenverkiesings en die nasionale  verkiesing in 2024 nie, as die ANC, soos verwag word, mag gaan moet  afstaan aan ander partye en koalisies.  Ek vra na aanleiding hiervan aan prof. André Duvenhage wat ons van die  ANC kan verwag as hulle moet mag oorgee.

  50. 203

    Slaag lag-lag met Studiemeester

    Nou dat die skole weer begin het, dink mens weer aan maniere om jou kind  te help presteer. Nuuspod gesels met Leonie Marques van Studiemeester  oor hoe om leerwerk maklik te maak vir jou kind, en lag-lag te slaag.  Besoek Studiemeester se webwerf by https://studiemeester.co.za of kontak hulle op  011 826 4314.   Epos adres: [email protected]

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Die tuiste van Afrikaanse Stories agter die nuus

HOSTED BY

Izak du Plessis

CATEGORIES

URL copied to clipboard!