ekerk Boodskap | Die Podcast podcast artwork

PODCAST · religion

ekerk Boodskap | Die Podcast

Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jun 8, 2026 · Source feed

  1. 100

    Hoe sing jy as alles uitmekaar val?

    Daar is tye wanneer die lewe swaar raak en die toekoms onseker voel. Hoe hou jy aan glo? Hoe bly jy hoop? En hoe sing jy wanneer alles rondom jou uitmekaar val? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God ons ook in die donkerste seisoene dra, en hoe lof en vertroue juis daar nuwe betekenis kry. #eKerk #Boodskap

  2. 99

    Die klein keuses wat jou lewe vorm

    Ons dink dikwels groot oomblikke verander ons lewens. Maar Prediker herinner ons dat dit baie keer die klein, alledaagse keuses is wat oor tyd die grootste verskil maak. In die laaste week van ons reis deur Prediker help 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 ons ontdek hoe wysheid gevorm word in die gewone van elke dag, en hoe die klein keuses wat ons maak uiteindelik die rigting van ons lewens bepaal. #eKerk #Boodskap

  3. 98

    Wysheid vir wanneer die lewe nie volgens die reëls werk nie

    Ons verwag dikwels dat die lewe volgens sekere reëls moet werk. Doen die regte ding en alles sal uitwerk. Maar wat gebeur wanneer die lewe nie so verloop nie? In ons reis deur Prediker help 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 ons ontdek hoe wysheid lyk wanneer die lewe ingewikkeld raak, wanneer vrae onbeantwoord bly en wanneer God se pad nie altyd maklik verstaanbaar is nie. #eKerk #Boodskap

  4. 97

    Daar is lewe anderkant jou 'sell by date'

    Partykeer voel dit asof ons beste dae agter ons lê. Drome raak oud, energie raak minder en die lewe voel beperk deur ons eie "sell by date". Maar God werk nie volgens ons tydlyne of etikette nie. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God nuwe moontlikhede, nuwe hoop en nuwe lewe bring, selfs wanneer ons dink ons tyd het verbygegaan. #eKerk #Boodskap

  5. 96

    DIE STORIES | Gesprek met Jacqueline de Lange | #GoodMoodClub

    Hierdie maand kuier ons saam met die uiterse inspirende Jacqueline de Lange van die #GoodMoodClub in Pretoria.   Jacqueline is as oudiometris, maak sy so groot verskil in verskeie aftree-oorde en ouetehuise in Pretoria.  Vandag kuier ons saam oor die stories van die senior volwassenes en die wonderwerke wat sy en haar span elke dag sien.   Indien jy wil betrokke raak, kan jy Jacqueline direk skakel by 072 592 6122

  6. 95

    God doen goed in die gewone: leef vandag met oop hande

    Ons wag dikwels vir die groot oomblikke van die lewe. Tog ontmoet God ons dikwels in die gewone, die alledaagse en die eenvoudige gawes van elke dag.  𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God se goedheid sigbaar word in die gewone ritmes van die lewe, en hoe ons met oop hande kan leef vir die gawes wat Hy vandag gee. #eKerk #Boodskap

  7. 94

    Weeg jou woorde, jou geld en genot voor God

    Ons woorde het gewig. Ons geld vorm ons keuses. Ons soeke na genot verklap dikwels wat vir ons die belangrikste is. Prediker nooi ons om eerlik na hierdie dinge te kyk in die lig van God se teenwoordigheid. In die derde week van ons reis deur Prediker help 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ons ontdek hoe wysheid groei wanneer ons ons woorde, ons besittings en ons begeertes voor God leer weeg. #eKerk #Boodskap

  8. 93

    Prediker 3: Ken God beter, lees die lewe beter

    Die lewe bestaan uit seisoene. Tye van vreugde en tye van verlies. Tye van bou en tye van afbreek. Prediker herinner ons daaraan dat wysheid nie begin wanneer ons alles verstaan nie, maar wanneer ons God leer ken te midde van die wisselvalligheid van die lewe. In die tweede week van ons reis deur Prediker help 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ons ontdek hoe 'n dieper kennis van God ons leer om die lewe met groter wysheid, perspektief en vertroue te lees. #eKerk #Boodskap

  9. 92

    God doen goed, al is die lewe sinloos

    Daar is dae wanneer die lewe deurmekaar voel. Vrae bly onbeantwoord, planne val uitmekaar en sin is moeilik om te vind. Tog bly God goed, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie. Ons begin hierdie Sondag 'n reis van 7 weke deur die boek Prediker. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ontdek saam met ons hoe God se goedheid nie verdwyn wanneer die lewe ingewikkeld raak nie, maar juis daar sigbaar word tussen die vrae, onsekerheid en raaisels van die lewe. #eKerk #Boodskap

  10. 91

    Hoop is moeiliker as geduld

    Geduld wag vir iets om te verander. Hoop hou aan glo, selfs wanneer niks nog verander het nie. Daarom is hoop soms moeiliker as geduld. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe God ons leer om nie net te wag nie, maar om met hoop te leef in die middel van onsekerheid, wagtyd en vrae.   #eKerk #Boodskap

  11. 90

    DIE STORIES | Gesprek met Helen Lotz | Môrester Kinderhuis

    Welkom by 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗡𝗼𝗼𝗱 - 𝗗𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲𝘀   In hierdie episode gesels ons met 𝗛𝗲𝗹𝗲𝗻 𝗟𝗼𝘁𝘇 van 𝗠ô𝗿𝗲𝘀𝘁𝗲𝗿 𝗞𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿𝗵𝘂𝗶𝘀 in Rustenburg.   Helen is al 24 jaar aan stuur van sake by die kinderhuis. Op die oomblik ontvang die kinderhuis geen subsidies vanaf die staat nie. Helen kyk na 12 kinders vanuit haar eie sak. Luister saam na die stories van hoop wat Helen in haar leefwêreld ten spyte van soveel uitdagings beleef. Luister en word geïnspireer.   Indien jy enigsins betrokke wil raak, kontak Helen by 082 460 8418   #ekerk #ekerknood #moresterkinderhuis

  12. 89

    Wat les jou dors?

    Ons almal dors na iets. Betekenis. Rus. Aanvaarding. Hoop. Maar baie dinge belowe vervulling sonder om ons werklik te versadig. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor die diep dors van die menslike hart, en hoe Jesus ons nooi na die enigste water wat werklik lewe gee.

  13. 88

    [ PINKSTER ] Leef naby en leef anders

    Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Woensdag 20 Mei | 19:00. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 "Leef naby en leef anders" Kom beleef saam hoe God ons deur Sy Gees nader trek, nuwe moed gee en ons leer om anders te leef.

  14. 87

    [ PINKSTER ] Bid kragvol en dankvol

    Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Dinsdag 19 Mei | 19:00. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 "Bid kragvol en dankvol" Woensdag 20 Mei | 19:00. Pierre Engelbrecht "Leef naby en leef anders" Kom beleef saam hoe God ons deur Sy Gees nader trek, nuwe moed gee en ons leer om anders te leef.

  15. 86

    [ PINKSTER ] Hou aan klop en hou aan glo

    Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Maandag 18 Mei | 19:00. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 "Hou aan klop en hou aan glo" Dinsdag 19 Mei | 19:00. Stephan Joubert "Bid kragvol en dankvol" Woensdag 20 Mei | 19:00. Pierre Engelbrecht "Leef naby en leef anders" Kom beleef saam hoe God ons deur Sy Gees nader trek, nuwe moed gee en ons leer om anders te leef.

  16. 85

    [ PINKSTER ] Van geestelike dreiger tot geestelike kryger

    Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Sondag 17 Mei | 09:00. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 "Van geestelike dreiger tot geestelike kryger" Maandag 18 Mei | 19:00. Pierre Engelbrecht "Hou aan klop en hou aan glo" Dinsdag 19 Mei | 19:00. Stephan Joubert "Bid kragvol en dankvol" Woensdag 20 Mei | 19:00. Pierre Engelbrecht "Leef naby en leef anders" Kom beleef saam hoe God ons deur Sy Gees nader trek, nuwe moed gee en ons leer om anders te leef.

  17. 84

    [ HEMELVAART ] Wanneer alles begin sin maak

    Partykeer voel die lewe gefragmenteerd. Gebeure, vrae en pyn maak nie altyd onmiddellik sin nie. Maar met 𝗛𝗲𝗺𝗲𝗹𝘃𝗮𝗮𝗿𝘁 kyk ons opnuut na Jesus se verhoging en ontdek hoe God besig is om alles saam te trek in Sy groter verhaal. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe Jesus se Hemelvaart nuwe perspektief, hoop en betekenis bring.

  18. 83

    Hoe lyk geloof wat dieper gaan?

    Partykeer reageer ons vinnig op Jesus. Ons raak opgewonde, emosioneel of geïnspireer. Maar Johannes wys vir ons dat geloof dieper gaan as ’n oomblik se reaksie.   𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek wat dit beteken om nie net in Jesus geïnteresseerd te wees nie, maar om Hom werklik te vertrou en deur Hom gevorm te word.   #eKerk #Boodskap

  19. 82

    Jesus onderbreek Sy dagboek vir my ook

    Ons dink soms ons is net nog ’n inskrywing in die dag. Maar Jesus sien anders. Hy stop, Hy luister, Hy gee aandag. Wat beteken dit dat Jesus sy pad onderbreek, ook vir jou? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe Jesus ons raaksien in die middel van die gewone, en hoe Hy ons ontmoet op maniere wat ons nie verwag nie. Ons vier ook saam 𝗻𝗮𝗴𝗺𝗮𝗮𝗹. Dit is ’n heilige oomblik waar ons onthou, ontvang en weer opnuut leef uit God se genade. 

  20. 81

    DIE STORIES | Gesprek met Marina Brink | Feed the Future

    Welkom by 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗡𝗼𝗼𝗱 - 𝗗𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲𝘀   In hierdie episode gesels ons met 𝗠𝗮𝗿𝗶𝗻𝗮 𝗕𝗿𝗶𝗻𝗸 van 𝗙𝗲𝗲𝗱 𝗧𝗵𝗲 𝗙𝘂𝘁𝘂𝗿𝗲, 'n organisasie wat dit op die hart dra dat geen kind honger gaan slaap nie. Marina deel openhartig oor Feed Our Future se werk in gemeenskappe, hul volhoubare voedselprojekte en vertel die stories wat elke dag in haar leefwêreld afspeel. Luister, leer, en word geïnspireer.   Besoek www.feedthefuture.co.za om betrokke te raak. Kontak Marina gerus by: 082 430 8102   #ekerk #ekerknood #feedourfuture

  21. 80

    Wat soek jy eintlik by Jesus?

    Ons kom almal na Jesus toe met iets in ons harte: vrae, behoeftes, verwagtinge. Maar wat soek ons regtig by Hom? 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons om eerlik te kyk na ons diepste soeke en te ontdek hoe Jesus ons ontmoet, vorm en uitnooi na iets groter as wat ons self verwag. Kom kuier saam. #eKerk #Boodskap

  22. 79

    Van verkeerd val tot regopstaan in God

    Ons almal struikel soms, maak foute, val verkeerd en verloor rigting. Maar God los ons nie daar nie. Hy tel op, herstel en help ons om weer regop te staan. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God ons dra deur ons val en ons vorm tot mense wat weer kan opstaan en vorentoe leef. Kom kuier saam.

  23. 78

    Agter geslote deure

    Soms leef ons agter geslote deure. Vasgevang in vrees, onsekerheid of twyfel. Tog is dit juis dáár waar Jesus inkom… nie afgeskrik deur ons grense nie, maar naby, teenwoordig en vol vrede.   𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe Jesus ons ontmoet agter ons geslote deure en nuwe lewe en hoop bring. Kom kuier saam.

  24. 77

    DIE STORIES | Gesprek met Jaco Strydom | Echo Youth

    Welkom by eKerk Nood - Die Stories. In hierdie episode gesels ons met Jaco Strydom van Echo Youth, 'n organisasie wat al 25 jaar met moeilikheid besig is. Moeilikheid is hul besigheid, en besigheid is booming. Jaco deel eerlik oor Echo Youth se unieke gemeenskapsmodel, hul plaasprojek en die kinders wie se lewens verander het toe iemand besluit het om te bly. Want elke kind het iemand nodig, nie net iets nie. Luister, leer, en word geïnspireer. Besoek www.echoyouth.co.za om betrokke te raak. Kontak Jaco gerus by: [email protected] / 084 477 7123 #ekerk #ekerknood #echo

  25. 76

    Opstanding: Ons sien vir Jesus!

    Op Opstandingsondag kyk ons weer, en hierdie keer sien ons nie net die kruis nie, maar die leë graf. Ons sien Jesus… lewendig, oorwinnaar, en naby aan ons. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om die vreugde, hoop en nuwe lewe van die opstanding opnuut te ontdek. Kom kuier saam en vier die lewe wat Jesus bring!

  26. 75

    Goeie Vrydag: Ons sien vir Jesus...

    Op Goeie Vrydag staan ons stil by die kruis, en ons kyk weer. Nie net na wat gebeur het nie, maar na Wie daar hang. Ons sien Jesus… Sy liefde, Sy lyding, Sy oorgawe vir ons.   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stadiger te kyk, dieper te sien en die betekenis van die kruis opnuut te ontdek. Kom kuier saam en laat God jou hart aanraak in hierdie heilige oomblik.

  27. 74

    Moenie die kortpad vat nie

    Ons leef in ’n wêreld wat vinnige oplossings en maklike uitweë soek. Maar God se pad is dikwels nie die kortpad nie. Dit is die pad wat vorm, verdiep en ware lewe bring. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoekom die pad saam met Jesus nie altyd die maklikste is nie, maar altyd die regte een. #eKerk #Boodskap

  28. 73

    Vier dae te laat

    Soms voel dit asof God te laat opdaag. Asof die deur al toegemaak het en hoop al verdwyn het. Maar juis daar wys die evangelie vir ons dat God se tyd anders werk as ons s’n. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God selfs in oomblikke wat vir ons te laat voel, nuwe lewe en hoop bring. #eKerk #Boodskap

  29. 72

    Die gevaarlikste woorde in die Bybel: “Ons weet”

    Soms dink ons ons verstaan alles klaar. Ons weet mos. Maar juis daar kan geloof begin stagneer. Wat gebeur wanneer God ons uitnooi om weer met oop oë, nederigheid en nuuskierigheid na Hom te luister? 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe die woorde “ons weet” soms ons harte kan sluit vir wat God nog vir ons wil wys.

  30. 71

    Ek leef 'dankvinderig' voor God

    Dankbaarheid is meer as net ’n gevoel, dit is ’n manier van leef. Wat gebeur wanneer ons nie net dankbaar voel nie, maar doelbewus begin leef as mense wat God se goedheid raaksien en vier? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe ’n “dankvinderige” hart ons perspektief verander en ons nader aan God se vreugde bring. Kom kuier saam by ons eKerk Boodskap.

  31. 70

    Waag dit al die pad tot in God se hart

    God nooi ons nie om op ’n afstand te bly nie, maar om nader te kom. Om te waag om diep in Sy teenwoordigheid in te stap. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 lei ons om weer te ontdek hoe gebed, oorgawe en vertroue ons al die pad tot in God se hart bring.

  32. 69

    Die maklike pad… en hoekom Jesus dit nie vat nie

    Ons leef in ’n wêreld wat die vinnigste, maklikste uitweg soek. Maar Jesus kies dikwels ’n ander pad. Een wat dieper gaan, meer vra en ware lewe bring.   Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 by eKerk Lewendig, waar ons ontdek hoekom Jesus nie die maklike pad vat nie… en wat dit vir ons eie geloofsreis beteken.

  33. 68

    Loop, val en klim na Jesus toe

    Ons geloofspad is nie altyd reguit nie. Soms stap ons sterk, soms struikel ons, en soms moet ons weer opstaan. Maar Jesus bly die Een na wie ons kan terugkeer, elke keer weer. Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 by eKerk, waar ons ontdek hoe God ons dra deur elke stap, elke val en elke nuwe begin op pad na Jesus toe.

  34. 67

    Kan mense God proe as hulle jou ontmoet?

    Wat bly by mense agter wanneer hulle by jou wegstap? Nie net wat jy sê of glo nie, maar wat hulle ervaar.   𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe ’n lewe naby aan God ’n geur, ’n smaak, ’n lig word wat ander kan aanvoel en beleef. Ons staan stil by Psalm 15 en Matteus 5:13–17 en ontdek hoe God se teenwoordigheid deur gewone mense sigbaar en tasbaar word. Kom kuier saam as eKerk-familie.

  35. 66

    As ek vir God net een ding kan vra

    As jy net een versoek voor God kon bring, wat sou dit wees?   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stil te raak by hierdie eerlike vraag en te ontdek wat dit openbaar oor ons harte, ons begeertes en ons verhouding met God. Soms lê die diepte van gebed nie in baie woorde nie, maar in een egte verlange. Kom kuier saam by eKerk en laat God jou hart vorm in hierdie eenvoudige, maar diep boodskap.

  36. 65

    [ WEEK VAN GEBED ] Bid totdat ek voel soos Jesus | Stephan Joubert

    Hoe voel Jesus? Hy is vol medelye, vreugde en hoop wanneer mense tuiskom.   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om eerlik te kyk na ons emosies in gebed, en hoe gebed ons harte stadig maar seker gelyk laat klop met Jesus s’n.

  37. 64

    [ WEEK VAN GEBED ] Wanneer gebed begin loop | Pierre Engelbrecht

    Ware gebed bly nie by woorde nie, dit begin beweeg. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 wys ons hoe gebed ’n lewe vorm wat optree, omgee en doen. Gebed eindig nie by “Amen” nie; dit begin daar.

  38. 63

    [ WEEK VAN GEBED ] Een ding wat nodig is oor gebed | Stephan Joubert

    In ’n wêreld vol afleiding vra Jesus ’n eenvoudige, maar radikale vraag: Wat is regtig nodig?   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe gebed begin by die regte postuur. Om by Jesus se voete tot rus te kom en betekenis by Hom te vind.

  39. 62

    [ WEEK VAN GEBED ] Kom soos jy is | Pierre Engelbrecht

    Gebed begin nie by wat ons doen of regkry nie, maar by Jesus se uitnodiging: “Kom na My toe.” 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 herinner ons dat gebed nie die plek is waar ons onsself reg bid nie, maar waar ons tot rus kom by God, onsself laat vind en leef uit Sy genade en teenwoordigheid.

  40. 61

    Ken God se plan met jou, eerder as jou eie planne | Stephan Joubert

    Ons begin dikwels ’n nuwe seisoen met hope, drome en netjiese planne. Maar wat gebeur wanneer God ons nooi om eers Sy plan te leer ken? Selfs wanneer dit ons eie planne uitdaag? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons nadink oor vertroue, oorgawe en die vryheid wat kom wanneer ons God se plan vir ons lewe leer ken bo ons eie. #eKerk #Boodskap

  41. 60

    Waarmee is jy besig? Jesus se rigting vir 2026 | Pierre Engelbrecht

    Aan die begin van ’n nuwe jaar vra Jesus ’n eenvoudige, maar diep vraag: Waarmee is jy besig? Wat rig jou tyd, jou energie, jou aandag? Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩, waar ons saam ontdek hoe Jesus ons nooi om 2026 te leef met duidelike rigting, goddelike dringendheid en ’n fokus wat regtig saak maak.   #eKerk #eKerkLewendig #Boodskap

  42. 59

    Nie my pad nie, maar God S’n gaan wen in 2026 | Stephan Joubert

    Aan die begin van ’n nuwe jaar staan ons almal voor keuses, planne en verwagtinge. Maar wat gebeur wanneer ons ons eie paaie oopmaak vir God se pad? Selfs wanneer dit anders lyk as wat ons beplan het? Stephan Joubert ons help nadink oor oorgawe, vertroue en hoop vir 2026, en hoe God se pad uiteindelik altyd die pad van lewe is. #eKerk #eKerkLewendig #Boodskap

  43. 58

    Wegwysers vir 2026 | Stephan Joubert

    Op die drumpel van ’n nuwe jaar het ons almal iets nodig om ons te help rigting kry: God se wysheid, God se stem, God se wegwysers. #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Nuwejaar

  44. 57

    Hierdie preek is nie vir jou bedoel nie | Stephan Joubert

    Soms verras Jesus ons juis wanneer ons dink ’n boodskap is vir “ander mense” bedoel. Wat as God jou juis in dié oomblik wil aanraak, uitdaag of bemoedig? In die boodskap neem Stephan Joubert ons op ’n reis om te ontdek hoe God se Woord ons op onverwagte maniere vind. Selfs wanneer ons dink dit gaan nie oor ons nie. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

  45. 56

    As God self Sy hande vuil maak | Pierre Engelbrecht

    Met Kersfees vier ons die ondenkbare: die God van die hemel klim in ons wereld in. Nie op afstand nie, maar met Sy hande vuil, daar waar mense leef, huil, hoop en sukkel. Hierdie Kersdag ontdek ons saam hoe God se koms na die krip wys dat Hy naby is… nie bang vir ons gebrokenheid nie… en aktief betrokke in ons wêreld. Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons die diep betekenis van Jesus se menswording vier. #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Kersdag

  46. 55

    Kersfees is ’n interessante tyd | Johan Beukes

    Kersfees bring elke jaar ’n unieke mengsel van vreugde, herinneringe, verwagting en soms ook spanning. Dit is inderdaad ’n interessante tyd. En juis dáár ontmoet God ons. Kom kuier saam met Johan Beukes, waar ons ontdek hoe God in hierdie seisoen werk op maniere wat ons dikwels miskyk. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

  47. 54

    Lewe tussen die reeds en nog nie | Pierre Engelbrecht

    Ons leef elke dag in daardie heilige spanning: God het reeds begin werk in ons, maar Sy volmaakte nuwe wêreld is nog nie ten volle hier nie. Hoe leef ons getrou, hoopvol en vol geloof in hierdie tussenruimte? Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons saam ontdek hoe God ons vorm in die “reeds” en ons dra in die “nog nie.” #eKerk #eKerkLewendig #Preek

  48. 53

    Jesus, meer as net my Verlosser | Stephan Joubert

    Ons het verlede Sondag saam gekyk hoe om goed te doen soos God. Maar wie is die Een wat ons verander, lei en dra? Hierdie week ontdek ons dat Jesus meer as net ons Verlosser is.  Kuier saam met Stephan Joubert, waar ons saam nadink oor wat dit beteken wanneer Jesus nie net verlos nie, maar alles in ons lewe word. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

  49. 52

    Doen soos God, doen goed! | Stephan Joubert

    God roep ons nie net om te glo nie, maar om goed te doen. Om Sy hart vir mense sigbaar te maak in elke dag se keuses en klein gebare. Kuier saam met Stephan Joubert by eKerk, waar ons ontdek hoe om God se karakter na te leef in ’n wêreld wat honger is vir ware goedheid.

  50. 51

    Vannag of vandag: kies reg! | Stephan Joubert

    Ons almal ken daardie oomblikke waar ons uitstel, twyfel, of wag vir “môre.” Maar wat as God ons nooi om vandag te kies, te leef, te gehoorsaam? Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩, waar hy ons help ontdek hoe God ons roep om nie eendag nie, maar nou reg te kies! Reg te kies in geloof, in liefde, in gehoorsaamheid. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org

HOSTED BY

ekerk

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does ekerk Boodskap | Die Podcast have?

ekerk Boodskap | Die Podcast currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is ekerk Boodskap | Die Podcast about?

Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org

How often does ekerk Boodskap | Die Podcast release new episodes?

ekerk Boodskap | Die Podcast has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to ekerk Boodskap | Die Podcast?

You can listen to ekerk Boodskap | Die Podcast on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts ekerk Boodskap | Die Podcast?

ekerk Boodskap | Die Podcast is created and hosted by ekerk.
URL copied to clipboard!