Skip to content
Fiks vir die lewe podcast artwork

PODCAST · society

Fiks vir die lewe

by RSG

Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Feb 5, 2025 · Source feed

Episodes

  1. Fiks vir die lewe 25 Junie 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe om jou dag só te beplan dat jy minder tyd mors.

  2. Fiks vir die lewe 18 Junie 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor wat ‘n mens se nalatenskap is, en hoe jy kan verseker dat dit goed is.

  3. Fiks vir die lewe 11 Junie 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor die uitwerking van gebroke verhoudings in mense se lewe, en of jy dit kan herstel.

  4. Fiks vir die lewe 4 Junie 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor die groot en klein teleurstellings in die lewe, en hoe om dit te hanteer.

  5. Fiks vir die lewe 28 Mei 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe jy die beste weergawe van jouself kan bereik, en uitstyg bo gemiddeldheid.

  6. Fiks vir die lewe 21 Mei 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor die proses wat mense kan volg wanneer dinge om hulle verkeerd loop, en hule dit wil regmaak.

  7. Fiks vir die lewe 14 Mei 2023

    In Fiks vir die Lewe net na die seweuur nuusflitse, gesels Flip Loots met dr. Gustav Gous oor mense wat worstel met hulle selfbeeld en dikwels dink dat hulle vir niks en niemand goed genoeg is nie.

  8. Fiks vir die lewe 7 Mei 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor wat mense kan doen om uit die put van moedeloosheid en sinloosheid op te opstaan.

  9. Fiks vir die lewe 30 April 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe jy jou humeur kan terugkry nadat jy dit verloor het. Waarom word sommige mense onbeheersd kwaad? Hoe kan ek humeur beteuel?

  10. Fiks vir die lewe 23 April 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe om op te staan wanneer dit lyk of alles om jou inmekaar tuimel en jou planne nie uitwerk nie. Wat veroorsaak sulke krississe? Watter emosionele uitwerking het terugslae op ’n mens?

  11. Fiks vir die lewe 16 April 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor egskeiding met sy vernietegende kant, en of dit moontlik is vir twee mense om op ‘n vriendelike manier uitmekaar te gaan. Is egskeiding die enigste opsie?

  12. Fiks vir die lewe 9 April 2023

    Anneli van Rooyen sing: “My eerste liefde… Met sy donker hare en sy donker oë het hy my knieë lam getoor…” Ja nee, kyk, wie sal daardie eerste liefde se opwinding kan vergeet? Of gebeur dit tog dat dit vergeet word, dat daar ‘n afsydigheid in ‘n huwelik kom, dat ‘n eens verliefde paartjie…

    more
  13. Fiks vir die lewe 2 April 2023

    Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor hoe om die skielike afsterwe van ‘n geliefde te verwerk. Hoe lank moet ek rou? Wat maak ek met skuldgevoelens as ek dink ek kon die afsterwe verhoed het?

  14. Fiks vir die lewe 26 Junie 2022

    Daar is mense wat sê dat hulle nie gemaak is vir liefdesverhoudings nie, want niks werk uit nie. Bestaan daar sulke mense? Hoe bou jy aan ‘n gesonde liefdesverhouding?

  15. Fiks vir die lewe 19 Junie 2022

    Mense sê deesdae maklik: “Ek is lewensmoeg en sien vir niks meer kans nie. Ek het nie meer energie vir die lewe nie.” Hoe gemaak om weer energie te kry vir die eise van elke dag?

  16. Fiks vir die lewe 12 Junie 2022

    Ons wil graag iemand glo, maar staan dikwels verleë ons agtergekom dat hulle ‘n leuen vertel of gelewe het. Hoe onderskei ons tussen waarheid en leuen?

  17. Fiks vir die lewe 5 Junie 2022

    Volgens statistiek het tienerselfdood die afgelope twee jaar drasties toegeneem. Wat veroorsaak dit? Kan dit gekeer word?

  18. Fiks vir die lewe 29 Mei 2022

    Die eise van die lewe is soms van so ‘n aard dat mense nie meer kans sien daarvoor nie. Hoe kan ek aanhou en uithou, kom wat wil?

  19. Fiks vir die lewe 22 Mei 2022

    Navorsing wys dat babas ongeveer 400 keer per dag lag, terwyl mense ouer as 35 net 15 keer lag. Hoe belangrik is lag en humor om ‘n mens se lewenskwaliteit te verhoog?

  20. Fiks vir die lewe 15 Mei 2022

    Om ‘n verhouding te beïndig, is nie maklik nie. Daar is dikwels pyn, verwyte en beskuldigings. Hoe kan ek ‘n verhouding positief beeïndig?

  21. Fiks vir die lewe 8 Mei 2022

    Hoe onderskei ek tussen die regte of verkeerde besluit of optrede of woorde in bepaalde omstandighede?

  22. Fiks vir die lewe 1 Mei 2022

    Mense voel soms soos vloerlappe wanneer ander oor hulle loop. Hoe kan ek my man staan wanneer ander my misbruik, beledig en ignoreer?

  23. Fiks vir die lewe 24 April 2022

    Christene bely dat Jesus Christus opgevaar het na die hemel. Tog is daar diegene wat glo dat Hy vandag oral met ons is en ons bystaan in alles. Hoe bring ons dié twee dinge bymekaar?

  24. Fiks vir die lewe 17 April 2022

    Paasondag is vir Christene wêreldwyd van baie groot belang, want toe – volgens die Bybelse getuienis – het Jesus uit die dood opgestaan. Het dit regtig gebeur, en watter betekenis het Jesus se opstanding vir die mense van vandag?

  25. Fiks vir die lewe 10 April 2022

    Baie mense het ‘n negatiewe uitkyk op die lewe, en sê dat die lewe erg swaar en hard is, dat hulle moeg is daarvoor om min geld te hê, en nie die onsekerheid kan verduur van werkloosheid nie. Hoe kan ‘n mens jou ingesteldheid teenoor die lewe verander – indien enigsins?

  26. Fiks vir die lewe 3 April 2022

    Dit is byna met die klap van ‘n vinger dat Covid en die gepaardgaande gesondheidsdomstandighede, asook verlies aan werk en inkomste, ‘n kombers van onsekerheid oor baie mense gegooi het. Hoe hanteer ek dit?

  27. Fiks vir die lewe 26 September 2021

    Die Wêreld Gesondheidsorganisasie bereken dat daar nagenoeg 1 miljard mense wêreldwyd is wat een of ander vorm van gestremdheid het. Die vraag is nou: Hoe beïnvloed Covid-19 persone met gestremdhede? Flip Loots praat hieroor met dr. William Rowland, erepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale...

  28. Fiks vir die lewe 19 September 2021

    Kerke is hard getref deur die Corona-pandemie omdat groot byeenkomste verbied word. Heelwat kerke het hulle dienste uitgebrei na stromingsdienste op die internet. Wat gebeur met die kerke wanneer die Coronavirus sy wyk geneem het? Is dit terug na normaal, of sal die kerk moet aanpas?

  29. Fiks vir die lewe 12 September 2021

    Dit is verstommend hoe medici met mekaar verskil oor Covid-19, veral wat inenting betref. Daar is sommiges wat vasstaan daarvoor, terwyl ander weer negatief daarteenoor staan. Die vraag kan gevra word: Waarom verskil geneeskundiges soms heftig oor bepaalde siektes en die behandelingsmetodes...

  30. Fiks vir die lewe 5 September 2021

    Een van die kenmerke van die tyd waarin ons lewe, is die verskil in menings oor die neem van die inenting teen die Corana-virus al dan nie. Naas diegene wat nie kan wag om dit te kry nie, is daar diegene wat heftig daarteen gekant is. Hoe hanteer jy mense se verskillende opinies?

  31. Fiks vir die lewe 29 Augustus 2021

    ‘n Verslag deur ‘n span Suid-Afrikaanse navorsers sê sowat 3-miljoen Suid-Afrikaners het sedert die begin van die grendeltyd hulle inkomste verloor, en byna die helfte van alle huishoudings in die land sê hulle het die afgelope drie maande honger gely. Die Coronapandemie het veroorsaak dat daar...

  32. Fiks vir die lewe 22 Augustus 2021

    Dit is nagenoeg een-en-'n-half jaar dat die Coronavirus met ons is. Baie vriende of familie is in die hospitaal of die graf. Genoeg om jou moedeloos te maak. Kan daar iets positief hieruit vloei?

  33. Fiks vir die lewe 15 Augustus 2021

    Dit is opvallend hoeveel bekendes in hierdie tyd sterf. Dit laat die vraag ontstaan wat die impak daarvan op die samelewing, hulle familie en vriende is. Wat is die waarde van ‘n lewe?

  34. Fiks vir die lewe 8 Augustus 2021

    Al hoe meer mense verloor hulle werk, besighede sluit en depressie en angs neem toe. Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor emosionele moegheid, onsekerheid en depresssie in die pandemietyd.

  35. Fiks vir die lewe 1 Augustus 2021

    Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe hanteeer ek dit?

  36. Fiks vir die lewe 25 Julie 2021

    Daar is reeds in Suid-Afrika meer 66,000 mense dood as gevolg van Covid-verwante oorsake. In baie gevalle is dit ouer mense wat eensaam gesterf het, maar grootmense en kinders maak ook deel van dié getal uit. Begrafnisondernemers kan nie byhou met begrafnisdienste nie. Daar is bykans niemand wat...

  37. Fiks vir die lewe 18 Julie 2021

    Wat ‘n opwindende tyd in hulle lewe moes wees ná skool en op universiteit, het vir baie jongmense in ‘n nagmerrie van onsekerheid en frustrasie ontaard vanweë die Covid-pandemie en -regulasies. Die omstandighede waarin die jeug tans moet leef is nie altyd so positief nie. Wat kan ons daaraan doen?

  38. Fiks vir die lewe 11 Julie 2021

    Elke mens ervaar die baie veranderings waarmee hulle te doene kry: van skool na universiteit; van studies na ‘n vaste werk; van ongetroud na getroud; van gesond na siek. En dan moet koersaanpassings gemaak word, soos ook nou tydens die pandemie in baie gevalle gebeur. Sommige koersaanpassings is...

  39. Fiks vir die lewe 4 Julie 2021

    Iemand sê nou die dag: “Dit voel my in hierdie Corona-tyd of ek soos ‘n kar met dompligte is – ek sien net hier voor my. Ek kan nie meer vooruit dink of beplan nie.” Hoe gemaak wanneer daar skynbaar nie veel stabiele vooruitsigte is vir mense om hulle lewe vooruit te beplan nie? Hoe ver strek die...

  40. Fiks vir die lewe 28 Maart 2021

    Dit lyk soms of ‘n wolk van swaarmoedigheid oor mense hang as gevolg van die pandemie, werksverliese, geliefdes wat oorlede is, en baie ander redes. Hoe kan ek in hierdie omstandighede gelukkig lewe?

  41. Fiks vir die lewe 21 Maart 2021

    Die noodkreet van baie mense is hartverskeurend: geen inkomste nie, geen geld nie, kan nie die huishuur betaal nie, ek kan nie meer oorleef nie. Waar gaan soek sulke mense hulp en hoe kan hulle steeds positief bly? Watter praktiese raad is daar vir hulle?

  42. Fiks vir die lewe 14 Maart 2021

    In die onseker tyd van Covid-19 verloor baie mense hulle entoesiasme en lus vir die lewe. Sommiges voel of hulle lewe tot stillstand gekom het sonder enige toekomsbeplanning. Hoe kan ek steeds die beste van my lewe maak?

  43. Fiks vir die lewe 7 Maart 2021

    Dinge verander vinnig in die pandemie-tydperk: Plekname verander oornag; Ek is my werk kwyt; Die aantal mense wat kerkdienste en begrafnisse mag bywoon, fluktureer; My bewegings binne of buite die huis word gereguleer; Daar word besluit wat ek wanneer mag koop en wanneer nie. Hoe hanteer ek dit?

  44. Fiks vir die lewe 28 Februarie 2021

    Tydens die inperking was mense baie meer in mekaar se geselskap. In die proses het hulle mekaar beter leer ken, of hulle wou of nie. Weet ander regtig wie ek is en hoe om my te hanteer, of bou ek steeds mure om my?

  45. Fiks vir die lewe 21 Februarie 2021

    Van die hartseerste kommentaar wat tydens die Covid-19-pandemie gehoor word, is dat mense onverwags afskeid moes neem van ‘n geliefde, dikwels as gevolg van die dood. Daarom moet elke geleentheid saam gekoester word asof dit die laaste keer saam is.

  46. Fiks vir die lewe 14 Februarie 2021

    ‘n Mens lees amper daagliks daarvan in koerante of sien dit op televisie: mense wat in die pandemie-tydperk sterf, en die pynlike reaksie van hulle geliefdes daarop. In baie gevalle kom die dood onverwags. Maar of dit nou in hierdie tyd van die pandemie is of in enige ander tyd - die dood van ‘n...

  47. Fiks vir die lewe 7 Februarie 2021

    Foto’s in koerante en beeldmateriaal op televisie het gewys hoe mense na Kaapse strande stroom, ongeag die beperkings daarop. In onderhoud sê hulle dat hulle nie saamstem met die beperkings nie, en sal doen wat hulle wil. Hoe korrek is sulke optrede?

  48. Fiks vir die lewe 31 Januarie 2021

    Die Covid-19-pandemie hou baie uitdagings in. Daar is nie net kommer oor die welstand van gesondheidswerkers en pasiënte nie, maar veral oor die eensaamheid wat kwarantyn en langdurige siekbed veroorsaak. Hoe kan sulke mense ondersteun word?

  49. Fiks vir die lewe 24 Januarie 2021

    Watter kant toe nou? Ek is onseker oor my toekoms. Dit is enkele reaksies van jongmense midde-in die pandemie wat hulle toekomsbeplanning in die wiele ry. Hoe gemaak om sinvol die omstandighede te hanteer en steeds gemotiveerd anderkant uit te kom? Flip Loots praat hieroor met dr. Ivor Swartz,...

  50. Fiks vir die lewe 17 Januarie 2021

    Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Maskers en sosiale afstand. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid-19 soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe kom ek anderkant uit?

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Fiks vir die lewe have?

Fiks vir die lewe currently has 265 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Fiks vir die lewe about?

Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.

How often does Fiks vir die lewe release new episodes?

Fiks vir die lewe publishes regularly with 265 episodes available. Check the episode list for the typical release schedule.

Where can I listen to Fiks vir die lewe?

You can listen to Fiks vir die lewe on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Fiks vir die lewe?

Fiks vir die lewe is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!