SFM Gesondheid Sake podcast artwork

PODCAST · health

SFM Gesondheid Sake

Jou weeklikse doses Gesondheid.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jun 3, 2026 · Source feed

  1. 150

    😴 Voel jy konstant moeg, geïrriteerd of emosioneel uitgeput? Dit mag meer as net stres wees... 05 Agustus 2026

    In hierdie week se Gesondheidsake het Christine gesels oor uitbranding (burnout) – die tekens wat ons dikwels miskyk en hoe chroniese stres ons liggaam, brein en emosies beïnvloed. Christine het onder meer gesels oor: ✅ Die vroeë waarskuwingstekens van uitbranding ✅ Hoekom chroniese stres jou liggaam én brein affekteer ✅ "Brain fog", vergeetagtigheid en emosionele uitputting ✅ Die belangrikheid van kwaliteit slaap, beweging en gesonde voeding ✅ Praktiese leefstylveranderinge wat herstel kan ondersteun ✅ Natuurlike aanvullings soos Magnesium, B-kompleks, Omega-3, Vitamien D en Ashwagandha 🌿 Onthou: Jy kan nie uit 'n leë beker skink nie. 🎧 Luister weer: #Gesondheidsake #HartenbosApteek #Uitbranding #Burnout #StresBestuur #HolistieseGesondheid #Welstand #SFMStreekRADIO 🎧

  2. 149

    Gesondheidsake🧠 Stres hoef jou nie te beheer nie – leer hoe om dit reg te bestuur. 🌿 29 Julie 2026

    In hierdie week se Gesondheidsake het Gerda waardevolle wenke gedeel oor hoe ons stres beter kan hanteer – nie net deur ons ingesteldheid te verander nie, maar ook deur eenvoudige leefstylgewoontes wat 'n groot verskil kan maak. Ons het onder meer gesels oor: ✅ Die invloed van jou gedagtes op stres ✅ Praktiese asemhalingstegnieke ✅ Die belangrikheid van voldoende slaap en gereelde beweging ✅ Dankbaarheid en gebed as deel van emosionele welstand ✅ Natuurlike aanvullings soos magnesium, B-vitamiene, Omega-3, Ashwagandha en L-Theanine wat die liggaam kan ondersteun 🎧 Het jy die gesprek gemis? 🎙️ Luister weer op SFM Streek RADIO se platforms en deel dit gerus met iemand wat tans onder druk verkeer. Soms is die eerste stap na beter gesondheid om net anders na stres te begin kyk.

  3. 148

    GESONDHEIDSAKE | Leer om stres te bestuur voordat dit jóú bestuur - 01 Julie 2026

    Stres is deel van die lewe – maar dit hoef nie jou lewe oor te neem nie. 🎙️ In hierdie week se Gesondheidsake gesels Danny met Christine van The Local Choice Hartenbos Apteek oor praktiese maniere om stres gesonder te hanteer. Ons kyk na hoe jou gedagtes jou liggaam beïnvloed, eenvoudige tegnieke om spanning te verminder, en watter natuurlike aanvullings moontlik ondersteuning kan bied. 💚 Onthou: Jy kan nie altyd beheer wat met jou gebeur nie, maar jy kan beheer hoe jy daarop reageer. 🎧 Luister weer: 📻 90.1 FM | 104.1 FM 💻 www.sfmstreek.com #Gesondheidsake #SFMStreekradio #TheLocalChoiceHartenbosApteek #Stresbestuur #Gesondheid #Welstand

  4. 147

    GESONDHEIDSAKE | Hoe help ons ander om beter gesondheidskeuses te maak? 💚24 Junie 2026

    Ons almal wil graag die mense vir wie ons omgee help om gesonder te leef. Maar werk preke, druk en argumente regtig? In hierdie week se Gesondheidsake gesels Gerda van The Local Choice Hartenbos Apteek oor wat die wetenskap sê oor positiewe invloed, en hoe ons eie voorbeeld 'n blywende verskil kan maak. 🎙️ Luister na 'n praktiese gesprek vol eenvoudige wenke wat jou kan help om gesonder besluite – en beter verhoudings – te bou. 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1 FM of luister regstreeks aanlyn by www.sfmstreek.com. #SFMStreekradio #Gesondheidsake #TheLocalChoice #HartenbosApteek #GesondeLeefstyl #Gesondheid #Welstand #PositieweInvloed #MaakGesondeKeuses

  5. 146

    🌿 Gesondheidsake – Wat motiveer jou om ’n beter lewenskwaliteit te hê? 🌿03 Junie 2026

    Wat laat ’n mens elke dag met vreugde opstaan? ☀️ Wat motiveer jou om beter na jouself om te sien, gesonder te leef en die beste uit elke dag te haal? In hierdie week se Gesondheidsake gesels Christine oor die krag van klein daaglikse besluite wat oor tyd ’n groot verskil aan jou lewenskwaliteit kan maak. 💚 ✨ Waarom wag ons dikwels vir motivering voordat ons begin? ✨ Kan ons omstandighede werklik bepaal hoe ons leef? ✨ Hoe beïnvloed ons liggaam, siel en gees mekaar? ✨ Waarom is selfversorging nie selfsugtig nie, maar noodsaaklik? 🌱 Dalk begin ’n beter lewenskwaliteit nie by ’n groot plan nie... 🌱 Dalk begin dit by die volgende klein besluit wat jy vandag neem. 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo 💬 Wat motiveer jóú om elke dag die beste weergawe van jouself te wees? 🎧Luister gerus weer: #Gesondheidsake #HartenbosApteek #Lewenskwaliteit #Motivering #GesondeLeefstyl #Welstand #SFMStreekRadio #KleinBesluiteGrootVerskil

  6. 145

    Gesondheidsake: 🌿 Natuur, Sonskyn en Jou Gesondheid 🌞 27 Mei 2026

    Hoe groot rol speel die natuur regtig in ons liggaam en emosionele welstand? Waarom voel mens dikwels rustiger, ligter en sommer beter ná ’n wandeling langs die see, tussen bome of net ’n bietjie sonskyn op jou vel? Vanoggend in Gesondheidsake vertel Gerda van The Local Choice Hartenbos Apteek hoe die natuur ons welstand en gesondheid affekteer: 🍃 Die invloed van die natuur op ons gesondheid ☀️ Hoe sonskyn en vars lug jou “goedvoelhormone” stimuleer 🌱 Waarom mense van nature ’n ingebore band met die natuur het 💚 En natuurlik ’n inspirerende natuurskoon-sonskyngedagte om jou dag mee op te helder 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo 🔗 Luister ook aanlyn by sfmstreek.com

  7. 144

    Gesondheidsake: Die Krag van Suurstof en Osoon - 06 Mei 2026

    🌬️Maak Asemhaal Makliker – Die Krag van Suurstof en Osoon 🌬️ Hierdie week op Gesondheidsake het Christine van TLC gesels oor iets wat elke mens elke oomblik doen… asemhaal. Maar haal ons reg asem? 🤔 Ons kyk na: ✅ Hoekom suurstof só belangrik is vir energie en welstand ✅ Wat osoon is en hoe dit verskil van gewone suurstof ✅ Hoe osoon moontlik kan help met sinusse, hooikoors en inflammasie ✅ Wat osoon-insulfasie behels ✅ Praktiese wenke vir beter asemhaling en meer suurstof in jou liggaam 🎧 Skakel in vir hierdie interessante gesprek met The Local Choice Hartenbos Apteek. 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo 📍 The Local Choice Hartenbos Apteek #Gesondheidsake #HartenbosApteek #SFMStreekRADIO #Suurstof #Osoon #Sinusse #Welstand #Gesondheid

  8. 143

    Gesondheidsake: 🩺Niergesondheid – Moenie wag tot dit te laat is nie! 29 April

    Gerda praat hierdie week op Gesondheidsake oor iets wat baie mense ignoreer… jou niere. Jou niere werk stilweg elke dag om jou liggaam skoon en in balans te hou – maar wanneer daar probleme ontstaan, wys dit dikwels eers laat. 😟 👉 In hierdie gesprek hoor jy: • Wat die belangrikste funksies van jou niere is • Watter waarskuwingstekens jy nie moet miskyk nie • Hoe leefstyl, dieet en hidrasie jou niere beïnvloed • Praktiese wenke om jou niergesondheid te beskerm 💡 Voorkoming is altyd beter as behandeling – leer hoe om vandag nog beter na jou liggaam om te sien. 🎧 Luister weer: 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo #Gesondheidsake #NierGesondheid #SFMStreekRadio #LeefGesond #VoorkomingIsBeter

  9. 142

    Gesondheidsake: Vitamiene, Minerale & Jou Liggaam - 01 April 2026

    Ons liggaam werk soos ’n fyn ingestelde orkes – en vitamiene en minerale is die sleutel tot balans en goeie funksionering. 💡 In hierdie gesprek kyk ons na: Brein & senuweestelsel – B-vitamiene vir energie, fokus en gemoed Hart & bloedvate – Magnesium en Omega-3 vir ’n gesonde hart Immuunstelsel – Vitamien C vir beskerming teen siektes Bene – Kalsium vir sterk en gesonde skelet Spysvertering – Sink en die belangrike “gut-brain” verbinding 👉 Onthou: Ware gesondheid begin by balans in siel, gees en liggaam. 📍 Kontak The Local Choice Hartenbos Apteek: 📞 044 695 1510 🎧 Luister weer: 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo

  10. 141

    🤧 Gesondheidsake: Wees gereed vir die griepseisoen! 🎧 25 Maart 2026

    Griepseisoen is hier – maar is jy regtig voorbereid? Vandag gesels Gerda oor die moets en moenies om jouself en jou gesin te beskerm. 👉 Ons kyk na: • Die grootste foute wat mense maak tydens griepseisoen • Hoekom griep meer in die winter voorkom as in die somer • Wanneer die griepinspuiting beskikbaar is • En waar jy betroubare gesondheidsadvies en ondersteuning kan kry Moenie wag tot jy siek word nie – voorkoming bly beter as genesing! 📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo #Gesondheidsake #Griepseisoen #BlyGesond #SFMStreekRadio #TheLocalChoice

  11. 140

    Gesondheidsake: 🧴 Jou vel vertel ’n storie 04 Maart 2026

    Hierdie week in Gesondheidsake gesels Christine van The Local Choice Hartenbos Apteek oor hoekom jou vel dikwels ’n teken is van wat binne-in jou liggaam aangaan. Aknee, rooiheid, droë vel of selfs bros naels kan soms verband hou met hormone, inflammasie, voedingstekorte of stres. Daarom moet ons nie net vra “Wat smeer ek op my vel?” nie, maar eerder: “Wat gebeur binne-in my liggaam?”.

  12. 139

    Gesondheidsake: 🩺Bek en Klou vs. Hand, Voet en Mond – Wat is die verskil? 26 Februarie 2026

    🩺Baie mense raak deurmekaar wanneer hulle hoor van bek-en-klouseer by diere en hand-, voet- en mondsiekte by mense. Is dit dieselfde? Kan dit oordra? En wat veroorsaak dit? In hierdie week se Gesondheidsake het Gerda dit duidelik uiteengesit: 🔹 Wat is hand-, voet- en mondsiekte by mense? 🔹 Wat veroorsaak dit (Coxsackievirus)? 🔹 Hoe verskil dit van bek-en-klouseer by diere? 🔹 Kan dit behandel word – en wat van die F-Scan? 🎧 Het jy die gesprek gemis? Luister weer: 📻 SFM Streek RADIO – 90.1 FM | 104.1 FM in die TuinRoete en Klein Karoo 🌐 sfmstreek.com

  13. 138

    Gesondheidsaakw: ’n Dieet werk vir ’n rukkie – ’n leefstyl werk vir ’n leeftyd - 04 Februarie 2026

    In vandag se Gesondheidsake gesels ons oor hoekom diëte faal, wat regtig in jou liggaam gebeur, en hoe volhoubare gesondheid begin by daaglikse gewoontes – nie vinnige oplossings nie. #Gesondheidsake #LeefstylGesondheid #VolhoubareWelstand #SFMStreekRadio #TLCHartenbos

  14. 137

    Gesondheidsake: 🌿Oud word is nie ’n siekte nie 🌿 - 28 Januarie 2026

    In vandag se Gesondheidsake-gesprek gesels Gerda oor hoekom ligter slaap, ’n bietjie meer onvasheid op jou voete en liggaamspyne deel kan wees van die normale en natuurlike verouderingsproses – en hoekom dit nie noodwendig siekte beteken nie. 👉 Ons kyk ook na algemene bekommernisse soos cholesterol en bloeddruk by ouer mense 👉 Wat is “normaal” en wanneer moet ’n mens aandag gee? 👉 En natuurlik – Gerda los ons nie sonder ’n positiewe perspektief op ouderdom nie Daar word ook prakties gesels oor tekorte soos Vitamien B, Magnesium, Omega 3 en Lecithin, en hoe hierdie aanvullings kan bydra tot gesonder, positiewe veroudering. 🎧 Skakel gerus in en luister saam – want oud word beteken nie jou liggaam gee op nie… dit beteken jy moet hom net beter verstaan en ondersteun.

  15. 136

    Gesondheidsake: Behandel jy heeltyd net die simptome? 07 Januarie 2026

    Behandel jy heeltyd net die simptome – of spreek jy die werklike probleem aan? In Gesondheidsake gesels Christine van The Local Choice Hartenbos Apteek oor hoekom ons liggaam vroeg reeds waarskuwings gee – en hoekom ons dit so maklik ignoreer. 🔹 Hoekom “quick fixes” nie altyd die antwoord is nie 🔹 Wat simptome regtig vir jou probeer sê 🔹 Die rol van leefstyl, voeding en stres 🔹 Hoe holistiese skanderings kan help om onderliggende oorsake raak te sien

  16. 135

    Gesondheidsake: Gewigsverlies spuite - 31 Desember 2025

    🎧 Gesondheidsake | Gewigsverlies spuite Dis Oujaarsdag – en die wêreld gons oor gewigsverlies-inspuitings. In hierdie Gesondheidsake inset gesels Gerda eerlik en prakties oor Tirzepatide en Semaglutide – wat dit doen, watter risiko’s daar is, en wat mense móét weet voordat hulle begin. 🔹 Wat maak hierdie inspuitings so gewild? 🔹 Newe-effekte soos pankreatitis en galstene – kan dit voorkom word? 🔹 Wat gebeur met jou gewig wanneer jy die inspuitings staak? 🔹 En vir besoekers: waar is **The Local Choice Hartenbos Apteek** en watter dienste word daar aangebied? 👉 Luister weer nou na die volledige gesprek en kry duidelike, gebalanseerde inligting voordat jy besluite neem. 📻 Gesondheidsake – ’n gereelde mediese inset op SFM Streek RADIO 🎙️ 90.1 & 104.1 FM | Tuinroete & Klein Karoo #Gesondheidsake #Tirzepatide #Semaglutide #Gewigsverlies #IngeligteKeuses #SFMStreekRadio #Hartenbos

  17. 134

    Gesondheidsake: “Death starts in our legs” 🦵🦴 24 Desember 2025

    🦵🦴Wat beteken dié gesegde regtig – en hoekom is jou bene en spiere só belangrik vir langtermyn gesondheid? Gerda gesels meer hieroor: 🔹 Wat “Death starts in our legs” werklik impliseer 🔹 Die natuurlike afname in beendigtheid ná 30 🔹 Leefstylaanpassings wat help om bene en spiere sterk te hou 🔹 Of been- en spierverswakking werklik ’n “doodsvonnis” is 🔹 Praktiese raad en ondersteuning vir elke lewensfase 📻 Gesondheidsake – ’n gereelde mediese inset op SFM 90.1 & 104.1 FM. #Gesondheidsake #SterkBene #Beendigtheid #Spiergesondheid #Lewenskwaliteit #HartenbosApteek #SFMStreekRadio

  18. 133

    Desember Vakansie Gesondheid – Moenie dat jou vakansie jou onderkry nie! 17 Desember 2025

    ☀️🍹 Desember Vakansie Gesondheid – Moenie dat jou vakansie jou onderkry nie!☀️ Son, braaivleis en kuier is deel van Desember… maar sonbrand, voedselvergiftiging en babelas hoef nie te wees nie. In hierdie insiggewende gesprek gee Bianca van TLC Hartenbos praktiese raad oor: ☀️ Hoe om jou vel teen die son te beskerm 🍗 Wat om te doen as kos jou inhaal 🍺 Algemene babelas-mites — en wat regtig werk 💧 Hoe om jou liggaam vinniger te help herstel Eenvoudige wenke wat ’n groot verskil kan maak vir jou vakansie. 🎧 Luister weer: #SFMStreekRadio #VakansieGesondheid #DesemberSommer #HartenbosApteek #GesondLeef

  19. 132

    Gesondheidsake🌞 DESEMBER VAKANSIE GESONDHEID 🌴🍹10 Desember 2025

    Gesondheidsake🌞 DESEMBER VAKANSIE GESONDHEID 🌴🍹 Bianca gee ‘n vinnige oorlewingsgids vir die somer! In hierdie week se potgooi gesels ons oor: 🌞 Hoe om sonbrand & sonsteek te voorkom 🔥 Wat jy dadellik moet doen as dit gebeur 🥗 Voedselvergiftiging – en aanvullings wat herstel versnel 🍺 Te veel drank – én die groot babelas-mites wat niks help nie! 💡 Plus: Die dinge wat wél werk om jou veilig en gesond deur die vakansie te kry. 🎧 Luister hier: 👉 ☀️ SFM Streek Radio — Somer begin hier! 📻

  20. 131

    🩺Fraaimed vir 🩺 Gesondheid. Welstand. Estetika - 03 Desember 2025

    🩺 Dr. Coetzee & Dr. De Wit verduidelik hoekom hul benadering anders is. Danny het met hulle gesels oor hul nuwe praktyk in Fraaiuitsig — waar algemene mediese sorg, estiese behandelings en welstand hand-aan-hand loop. Warm, persoonlik en professioneel! 👉 Luister weer na die potgooi en hoor hoekom hierdie praktyk reeds opslae maak. 📱 Afspraak: 044 023 085 📍 Fraaiuitsig, Mosselbaai

  21. 130

    Gesondheidsake: – Post-Exam-Illness & Jou Liggaam se “Reset” 🎧 03 Desember 2025

    Gerda verduidelik hoekom ons matrieks en studente wat uiteindelik klaar met hul eksamens is, skielik siek word na die eksamens? 🤒 Vanoggend gesels ons met Gerda oor: ✔️ Wat presies post-exam-illness is ✔️ Hoe die liggaam ná ’n stresvolle eksamenfase “reset” ✔️ Hoekom ouers nou ’n groot rol speel om te keer dat die kinders in die vakansie siek word ✔️ En watter belangrike seisoenwenke luisteraars by The Local Choice Hartenbos Apteek moet hoor Luister in, deel dit met ander ouers – en help jou kind gesond die vakansie ingaan! 🌞💊

  22. 129

    Gesondheidsake: 😷💊 Griep of net ’n verkoue? 05 November 2025

    😷💊 Nie elke nies beteken jy het antibiotika nodig nie! In hierdie week se Gesondheidssake gesels Bianca oor wanneer antibiotika regtig help, watter kombinasies jy liewer moet vermy, en hoe jy vinniger beter kan voel. 👉 Leer die verskil tussen virusse en bakterieë 👉 Watter vitamiene help werklik 👉 En wanneer jy eerder dokter toe moet gaan Luister SFM Streek Radio – jou gesonde klank van die Tuinroete 🌿 📻 90.1 FM in Mosselbaai, George, Knysna 📻 104.1 FM in Oudtshoorn en omliggende gebiede #SFMStreekRadio #Gesondheidsake #HartenbosApteek #GriepSeisoen #Tuinroete

  23. 128

    Gesondheidsake: 🌴 VAKANSIE... en toe word jy siek? 🤒☀️29 Oktober 2025

    🌴 VAKANSIE... en toe word jy siek? 🤒☀️ Gerda gesels vanoggend op SFM Streek RADIO oor die verskynsel van “leisure illness” – hoekom so baie mense siek word nét wanneer hulle uiteindelik op vakansie gaan, of in die eerste week ná die vakansie. 🏖️😷 Hoe kan jy dit voorkom? Watter aanvullings en medikasie is slim om saam te neem sodat jy nie jou hele vakansie in die bed deurbring nie? 💊🧳 Luister in vir praktiese gesondheidswenke én Gerda se inspirerende vakansie-sonskyngedagte ☀️💛 🎧 Skakel in op SFM Streek RADIO of luister aanlyn by 👉 sfmstreek.com #Gesondheidsake #VakansieSiekte #SFMStreekRadio #KusTotKruin #TheLocalChoice

  24. 127

    Gesondheidsake: Haargesondheid - 01 Oktober 2025

    💇‍♀️✨ Gesonde hare, gesonde jy! Vandag fokus Bianca op iets wat ons almal raak – ons hare. Van die groeisiklus tot haarverlies, voeding, produkte en daaglikse sorgwenke – kry praktiese raad om jou hare sterk, glansend en vol selfvertroue te hou. 🎧 Luister weer en ontdek hoe jy jou hare van binne en buite kan versorg! #Haargesondheid #GesondeHare #Haarversorging #SkoonheidEnWelstand #HareVanBinneEnBuite #LuisterWeer #SFMStreekRadio

  25. 126

    Gesondheidsake: 🔹Die Pankreas onder die vergrootglas 🩺24 September 2025

    🔹Pankreas onder die vergrootglas 🩺 In Gesondheidsake gesels Gerda oor pankreatitis, pankreaskanker en wat gebeur as jou pankreas ophou om genoeg ensieme af te skei. 👉 Luister weer: 📻 Stroom aanlyn: [sfmstreek.com](https://sfmstreek.com) #Gesondheidsake #SFMStreek #PankreasGesondheid #HartenbosApteek

  26. 125

    💊 Algemene Apteekvrae – Antwoorde wat jy moet hoor! 💊 03 September 2025

    💊 Algemene Apteekvrae – Antwoorde wat jy moet hoor! 💊 In hierdie gesprek gee Bianca van TLC Hartenbos Apteek duidelike antwoorde op van die mees algemene vrae wat hulle daagliks hoor. Jou gesondheid en veiligheid is altyd eerste! Het jy geweet: 👉 Hoekom jou voorskrif elke 6 maande hernu moet word? 👉 Hoekom jy nie sommer antibiotika kan kry sonder ’n voorskrif nie? 👉 Of generiese medisyne regtig so goed werk soos die oorspronklike? 🎧 Luister weer: Vind die potgooi op SFM se Facebook of op Spotify – soek “SFM Streek RADIO”. 📲 Stream SFM aanlyn: sfmstreek.com → klik “Luister Regstreeks”. #SFMStreekRadio #TLCHartenbosApteek #Gesondheidsake #ApteekersVrae

  27. 124

    Gesondheidsake: 🌸✨ ME-Time vir Vroue ✨🌸 - 27 Agustus 2025

    In hierdie Vrouemaand-gesprek gesels Gerda oor hoekom vroue dit so moeilik vind om emosionele selfsorg toe te pas – en hoekom ME-Time ononderhandelbaar is. 💜 👉 Luister weer na die gesprek en kry praktiese raad om vanaand jou eie ME-Time plan saam met jou gesin te bespreek. 🌿 #Vrouemaand #MeTime #Selfsorg #SFMStreekRadio #HartenbosApteek

  28. 123

    Gesondheidsake: 🛌😴Slaap en Immuunstelsel - 06 Agustus 2025

    🛌😴 Wanneer laas het jy rêrig lekker geslaap? En wat het jy vir aandete gehad? Jy sal verbaas wees watter groot rol slaap én kos speel in jou immuunstelsel se gesondheid! 🎧Bianca vertel hoe slaap en immuunversterkende kosse saamwerk om jou liggaam te beskerm teen siektes — en hoekom jy dalk makliker siek word as jy net 4 uur per nag inkry… 👉 Luister vir praktiese wenke oor: ✔️ Hoeveel slaap jy regtig nodig het ✔️ Watter kosse jou liggaam die beste brandstof gee ✔️ Die verrassende skakel tussen slaaptekort en jou lus vir suiker ✔️ En eenvoudige aanpassings wat ’n groot verskil maak 🌿 Jou gesondheid, "back to basics" — slaap goed, eet reg. 📍 Hartenbos Apteek oorkant Hartenbos Laerskool, of kontak 📞 044 695 1510 | ✉️ [email protected] 🎙️ Klik nou en luister — dis ’n potgooi wat jou gesondheid gaan inspireer! #SlaapSlim #ImmuunStelsel #GesondeLewenstyl #HartenbosApteek #Potgooi #Gesondheid

  29. 122

    Gesondheidsake: 💭🐻Hiberneer mense dan ook? - 30 Julie 2025

    💭🐻 Hiberneer mense dan ook?” ❄️➡️🌸 Dis die groot vraag aan Gerda vanoggend. Sy vertel van die simboliek en waarde van 'n stadiger wintertyd — en hoe dit dalk deel is van ons Skepper se ritme vir herstel en voorbereiding vir die lente. 🌱 👉 Moet ons ook soms “blare afgooi” soos die bome, en in ‘n laer rat leef om gereed te wees vir nuwe groei? 💡 Gerda gee praktiese laaste winter-raad, sodat jy nie “skeefgetrek” die lente instap nie — maar ligter, rustiger en doelgerig. Gerda gee haar voelgoed-gedagte vir die week! 🎧 Luister gerus weer: #HartenbosApteek #Gesondheidsgesprekke #WinterWysheid #LenteVoorbereiding #VoelGoedGedagte #HiberneringMenslikGestel

  30. 121

    SA Natural Products - Molkosan - 16 Julie 2025

    🥛✨Het jy al gehoor van Molkosan 🌿 Voel jy ongesteld? Of wil jy net bietjie balans bring in jou lyf? Anette gesels met Danny oor Molkosan – 🥛💪’n natuurlike produk wat jou spysverteringstelsel ’n hupstoot gee en jou liggaam help om weer in balans te kom. Dis eenvoudig, doeltreffend en… dalk net wat jy nodig het! #Molkosan #GesondeLeefstyl #Spysvertering #NatuurEerstens #SFMStreekRadio

  31. 120

    🎙️Toets Vandag – Leef Langer Môre❗ - 02 Julie 2025

    🎙️Toets Vandag – Leef Langer Môre 🚨 ❗Het jy geweet jy kan diabetes, hoë bloeddruk of cholesterol hê sonder om dit te weet? In hierdie kragtige inset gesels Bianca van TLC Hartenbos gesels ons oor dié 🛑 drie stilmoordenaars en hoekom 🧪🔍siftingstoetse lewens kan red. Ons verduidelik hoe jy dit kan opspoor, wat jy self daaraan kan doen, en hoe jou mediese fonds dit dalk al klaar dek – sonder ekstra koste! 🎙️ Luister nou en gee jouself die geskenk van goeie gesondheid. 📍Luister gerus weer: 👉 Vra gerus uit oor toetse – 📞 044 695 1510 #Gesondheid #Siftingstoetse #Diabetes #HoëBloeddruk #Cholesterol #HartenbosApteek #LeefGesond

  32. 119

    Gesondheidsake: 🎙️Die verband tussen kanker en parasiete 🦠 25 Junie 2025

    🎙️ 🔬 Die verband tussen kanker en parasiete 🦠 Laas maand se gesprek met Gerda oor die verbintenis tussen kanker en parasiete het baie vrae uitgelok! 🌪️ Vandag is sy terug met ‘n opvolg en brei uit oor anti-parasietbehandeling en die invloed daarvan op kanker en chroniese siektes. 👉 Wat het chroniese siektes, outo-immuun toestande en kanker in gemeen? 👉 Watter omgewing laat hulle floreer? 👉 Hoe werk die F-Scan en kan dit jou wys watter parasiete jy het? 🌞 En natuurlik sluit ons af met Gerda se sonskyngedagte vir die siel. 🌞 Moenie hierdie belangrike opvolg misloop nie – dit kan jou denke én gesondheid verander. #ParasieteEnKanker #Gesondheidsake #GerdaPraatReguit #FScan #SFMStreekRadio #TLCHartenbosApteek

  33. 118

    🧻💬 Wanneer laas het jy regtig 😌 verlig gevoel? 11 Junie 2025

    🧻💬 Dis dalk nie iets waaroor jy elke dag praat nie... maar almal sit een of ander tyd vas. Of hardloop! 💨💩 In hierdie week se 🎙️ Gesondheidsake gesels Bianca openlik (maar taktvol!) oor hardlywigheid en diarree – wat dit veroorsaak, 🥴 wat jy daaraan kan doen, 💡 en wanneer jy liewer ’n dokter moet sien 🩺. Of jy nou sukkel om iets te los... of wens jy kon ophou gaan 🚽 – hierdie een is vir jóú! 👉 Moenie wag nie – verligting begin by kennis! #Gesondheidsake #GesondeDae #Hardlywigheid #Diarree #VerligtingIsMoontlik #LuisterEnLeer #Spysvertering #sfmstreekradio

  34. 117

    Gesondheidsake: Kanker en Parasiete 28 Mei 2025

    🧬 **KANKER EN PARASIETE?!** 😳 Wat het *ivermektien*, *fenbendazool* en *soettande* met kanker te doen? 🎙️ In vandag se Gesondheidsake gesels Gerda van The Local Choice Apteek Hartenbos* oor: 🔍 Hoekom sekere parasietmiddels wêreldwyd aandag kry in kanker-gesprekke 🔥 Hoekom suiker kanker aanhits 💡 Slim raad vir jou gesondheid – én Gerda se Sonskyngedagte vir die dag Dis medisyne gemeng met moed en waarheid! Moenie dié een misloop nie. 🎧 Luister weer: \#GeselsMetGerda #ParasieteEnKanker #SFMStreekradio #Sonskyngedagte #TheLocalChoiceHartenbos

  35. 116

    GESONDHEIDSAKE: 🦶🔥JIG (GOUT) - 07 Mei 2025

    🎧 GESONDHEIDSAKE: 🦶🔥JIG (GOUT) Wat is jig regtig, en hoekom is dit só pynlik? Wat veroorsaak ’n aanval – en is dit iets wat jy kan voorkom? Ons kyk na: 🔹 Oorsake en risikofaktore 🔹 Behandeling en voorkoming 🔹 Wat om te doen as jy dink jy het jig 🔹 Wat van chroniese jig? Jig is behandelbaar – moenie wag nie! 🎙️ Luister gerus weer: #Gesondheidsake #Jig #Gout #SFMStreekRadio #VoorkomIsBeterAsGenesing

  36. 115

    GESONDHEIDSAKE: Gordelroos: Wat jy móét weet! - 23 April 2025

    🎧 GESONDHEIDSAKE: Gordelroos: Wat jy móét weet! 🦠 Gerda van TLC Hartenbos gesels oor die toename in gordelroos (shingles) – wat dit is, hoe om dit te voorkom, en wat jy kan doen as jy dit reeds gehad het. 💡 Praktiese raad 💊 Aanvullings wat kan help ☀️ Gerda se sonskyngedagte vir die week #HartenbosApteek #Gordelroos #SFMStreekRadio #Gesondheid

  37. 114

    🧬✨Gesondheidsake – CoQ10 & Statiene 💊❤️ - 02 April 2025

    In vandag se gesprek fokus Bianca op Ko-ensiem Q10 – ’n kragtige antioksidant 🛡️ wat natuurlik in sekere kosse 🥩🥦🐟 voorkom en ook as aanvulling gebruik word 💚, veral wanneer iemand statiene gebruik. 💥 Statiene is medikasie wat cholesterolvlakke verlaag, maar dit bring soms onaangename newe-effekte 😓. 💪 CoQ10 kan help om hierdie newe-effekte te verlig en jou liggaam se energieproduksie ⚡ en hartgesondheid 🫀 te ondersteun. 🧠 Ons gesels ook oor ander toestande waar CoQ10 voordelig kan wees, hoe veilig dit is om te gebruik ✅ en wanneer jy eerder met ’n kenner moet gesels ☝️. 👥 Hierdie episode word moontlik gemaak deur The Local Choice Apteek Hartenbos, gereed om jou te ondersteun met raad en navrae! #Gesondheidsake #SFM #CoQ10 #Statiene #Cholesterol #Gesondheid #Potgooi #NatuurlikeWelstand #Hartgesondheid #Energie

  38. 113

    🩺🦴 Gesondheidsake: Osteoperose, hartsiektes en sooibrand - 26 Maart 2025

    🩺🦴 Gesondheidsake: Osteoperose, hartsiektes en sooibrand🧪🔥 🦴🩺In vandag se episode van Gesondheidsake gesels Gerda oor belangrike gesondheidsonderwerpe wat ons almal raak🦴🩺: 💊 Medikasie wat osteoporose en hartsiektes kan veroorsaak • 🧪 Die rol van maagsuur in opname van kalsium, magnesium & B12 • ⚠️ Langtermyn gebruik van protonpomp-inhibeerders – wat nou? • 🔥 Raad vir mense met sooibrand of 'n mantelvliesbreuk • 🧬 Hoe Elim se ENF- en skanskanderings jou gesondheid kan verbeter #Gesondheidsake#SFM#ElimScans#Potgooi#Gesondheid #TheLocalChoiceHartenbos

  39. 112

    Gesondheidsake: Angsversteurings en behandeling - 05 Maart 2025

    📢 Gesondheidsake: Angsversteurings en behandeling 🧠💙 Angs is iets waarmee baie mense worstel, maar nie altyd oor praat nie. Vandag delf ons dieper in hierdie belangrike onderwerp. 🎙️ In vandag se episode bespreek Bianca: 🔹 Die verskillende tipes angsversteurings 🤯 🔹 Wat veroorsaak dit? 🧐 🔹 Behandelingsopsies en hoe om dit te bestuur 💊 🔹 Lewensstylaanpassings om angs te verminder 🏃‍♂️🧘‍♀️ 🔹 Waar jy hulp en ondersteuning kan kry 💬 Luister weer: – jou betroubare gids tot beter gesondheid! 🔊💡 #Gesondheidsake #Angs #Welstand #GeestesGesondheid #LuisterNouSFM

  40. 111

    Gesondheidsake: Kasterolie 26 Februarie 2025

    🎧 Alles oor Kasterolie! 🌿 Het jy al gehoor van "cold-pressed, hexane-free" kasterolie en hoekom dit deesdae so gewild is? In vandag se episode gesels Gerda van The Local Choice Hartenbos Apteek oor hierdie natuurlike olie se inwendige én uitwendige gebruike, asook die belangrikste voorsorgmaatreëls wat jy moet weet! Gerda deel ook waar jy dit kan aankoop en hoekom suiwerheid en kwaliteit so belangrik is. Loer in by 📍 The Local Choice Hartenbos Apteek as jy self hierdie natuurlike gesondheidsopsie wil probeer! 💚 #Gesondheidsake #Kasterolie #NatuurlikeGesondheid #Hartenbos

  41. 110

    GESONDHEIDSAKE: Gastro-esofageale refluks - 05 Februarie 2025

    🎙️ Verstaan en Beheer Suur Refluks! 🔥 Het jy al die branderige gevoel in jou bors ervaar ná ete? Vandag praat Bianca oor 🔥Gastro-esofageale refluks🔥, ook bekend as 🔥suur refluks of sooibrand🔥 – 'n algemene probleem wat baie mense raak. Bianca bespreek: ✅ Hoe die esofagus werk en sy rol in die spysverteringstelsel. ✅Leefstyl-aanpassings wat kan help om suur refluks te verminder. ✅ Middels wat verligting kan bied. Luister nou en kry nuttige wenke om suur refluks onder beheer te bring! 🤍🔥 Luister gerus weer: #Podcast #SuurRefluks #Gesondheid #SooibrandVerligting

  42. 109

    Gesondheidsake: Hoe spandeer jy jou tyd? 29 Januarie 2025

    ⏳ Voortsetting: Hoe spandeer jy jou tyd? Verlede week het Danny en Gerda van The Local Choice Pharmacy Hartenbos gesels oor ons gejaagde lewe en hoe moderne tegnologie ons gesondheid beïnvloed. Hierdie week gaan die gesprek voort! Hoe kan ons terugkeer na eenvoudiger, gesonder gewoontes?🤔 Voel jy oorwerk en oorhaastig? Kom luister saam en ontdek hoe jy balans kan herstel! Luister gerus weer🔊👇:

  43. 108

    Gesondheidsake: 🧐Waar kom hierdie gejaagde lewe vandaan? 22 Januarie 2025

    🌟 2025: 'n Jaar van Nuwe Prioriteite en Gesonde Gewoontes! 🌟 Welkom by die eerste GESONDHEIDSAKE episode van 2025! 🕰️ Vandag gesels Danny en Gerda oor iets wat baie van ons al oorweeg het: hoe ons ons tyd in die nuwe jaar anders kan spandeer. 🧐 Waar kom hierdie gejaagde lewe vandaan? Gerda deel insig oor hoe moderne tegnologie en ons besige samelewing ons gesondheid en lewenstyl beïnvloed – en hoe ons dalk kan terugkeer na eenvoudiger, gesonder gewoontes. Weet jy dat mense voor die era van horlosies en gloeilampe gemiddeld 11 ure per nag geslaap het? Nou kry ons gemiddeld net 7 ure! 😴 Gevoel dat jy dalk oorwerk en oorhaastig is? Ontdek hoe jou liggaam, siel en gees deur hierdie moderne "haas" beïnvloed word. 🧘‍♀️✨ 🎧 Skakel in, luister en leer hoe om gesonder besluite in 2025 te maak! #TydBestuur #SFMGesondheidsake

  44. 107

    GESONDHEIDSAKE: Vitmaniene en minerale 08 Januarie 2025

    Terug Skool Toe en Terug Werk Toe – Hoe om jou Immuunstelsel te Ondersteun 🌟 Die begin van ‘n nuwe jaar bring dikwels ekstra stres saam met griepseisoen, wat dit noodsaaklik maak om jou gesondheid en immuunstelsel prioriteit te maak. 💪 In hierdie episode deel Bianca en Danny slim wenke oor hoe jy jou liggaam voedingsgewys kan ondersteun om hierdie uitdagende tyd te hanteer. ✅ Die belangrikheid van ‘n gesonde dieet en leefstyl ✅ Hoe aanvullings kan help om leemtes te vul ✅ Die "polsmetode" en hoe om dit slim in te span ✅ Waarom persoonlike advies van ‘n gesondheidskenner jou beste gids is Luister nou en leer hoe jy jou liggaam sterk en veerkragtig kan hou vir wat 2025 ook al mag inhou! 🎧✨

  45. 106

    Gesondheidsake - Te min eet maak jou vet - 19 Desember 2024

    💡 Hoekom maak MIN eet jou vet? Danny gesels met Gerda oor die verrassende waarheid agter hierdie stelling – en hoekom wanneer en hoe jy eet, so belangrik is. 🍽️ Dan delf ons ook in die funksie van kos, basale metabolisme, en hoe jou liggaam kalorieë verbrand, selfs wanneer jy op die rusbank lê! ⏳ Gerda deel ook riglyne oor Intermittent Fasting en gee haar laaste waardevolle boodskap vir 2024. Plus, waar jy hulle kan vind in hul nuut oorgedoen apteek in die nuwe jaar. 📅 Moenie dit misloop nie – luister weer: #SFMStreekRadio #Gesondheid #BasaleMetabolisme #IntermittentFasting #EetSlim

  46. 105

    GESONDHEIDSAKE: Wanpersepsies oor Medikasie - 11 Desember 2024

    Gerda van Hartenbos Apteek gesels oor interessante wanpersepsies wat sy oor die jare by kliënte opgetel het. Van die regte manier om anti-inflammatoriese medikasie te gebruik, tot algemene foute wat ons almal maak met medikasie op 'n leë maag – hierdie gesprek is vol waardevolle wenke en feite. 💊Luister gerus weer, en leer hoe om jou gesondheid en medikasie beter te bestuur. 📲🎧 #Wanpersepsies #HartenbosApteek #SFMStreekRadio #MedikasieWenke

  47. 104

    Gesondheidsake - Nappy Rash, 04 Desember 2024

    Bianca van The Local Choice Apteek Hartenbos, brei vandag meer uit oor nappy rash, wat is dit? Oorsake van nappy rash in beide doekverwante uitslag asook nie-doekverwante uitslag, asook die effektiewe manier om nappy rash te behandel en ‘n paar goeie wenke.

  48. 103

    Gesondheidsake: Parasiete - 13 November 2024

    Bianca vertel vandag meer oor PARASIETE, wat is dit, hoe dit jou besmet en hoe jy daarvan kan onslae raak.

  49. 102

    Geestesgesondheid - 30 Oktober 2024

    GESONDHEIDSAKE: Oktober is Geestesgesondheidsmaand, en ons gedagtes kan 'n groot invloed op ons emosionele gesondheid hê. Gerda van The Local Choice Pharmacy Hartenbos vertel dat wetenskap bewys dat ons gedagtes, 'n geweldige impak op ons gesondheid het. Maar hoe verander ons, ons gedagtes? Daar is baie nuwe verwikkelinge by Hartenbos Apteek, Gerda vertel meer daarvan.

  50. 101

    Hartenbos apteek Gerda Desember 2024

    Jou weeklikse doses Gesondheid.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Jou weeklikse doses Gesondheid.

HOSTED BY

SFM STREEK RADIO

Frequently Asked Questions

How many episodes does SFM Gesondheid Sake have?

SFM Gesondheid Sake currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is SFM Gesondheid Sake about?

Jou weeklikse doses Gesondheid.

How often does SFM Gesondheid Sake release new episodes?

SFM Gesondheid Sake has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to SFM Gesondheid Sake?

You can listen to SFM Gesondheid Sake on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts SFM Gesondheid Sake?

SFM Gesondheid Sake is created and hosted by SFM STREEK RADIO.
URL copied to clipboard!