IS U WAARLIK WEDERGEBORE DEUR WATER en DIE GEES?

PODCAST · religion

IS U WAARLIK WEDERGEBORE DEUR WATER en DIE GEES?

Tussen die baie Christelike boeke wat in die wêreld verskyn wat verduidelik “hoe om wedergebore te word”, is hierdie die heel eerste boek wat die Evangelie van die water en die Gees verkondig in streng ooreenstemming met die Heilige Skrif. Daar is geen mens op aarde wat in die Koninkryk van die Hemel toegelaat sal word, sonder om waarlik wedergebore te word deur die water en Gees nie. Om waarlik wedergebore te word moet ‘n sondaar vrygespreek word van alle sonde, en dit is slegs moontlik om in beide die doop van Jesus en in Sy bloed aan die Kruis te glo. Laat ons nou met geloof in die Evangelie van die water en die Gees toegang tot die Koningryk van die Hemel te kry as die regverdiges in wie geen sonde gevind is nie.

  1. 9

    1. Ons moet Eers Ons Sonde Erken Voordat Ons Verlos Kan word (Markus 7:7-8, Markus 7:20-23)

    Eerstens wil ek sonde definieer. Daar is sonde wat God definieer en daar is sonde wat die mens definieer. Die woord sonde is afkomstig van ‘n Griekse woord ‘hamartia’, wat beteken ‘om die teiken te mis.’ Met ander woorde dit is om dinge verkeerd te doen. Dit is ‘n sonde om die gebooie en verbooie van God te ongehoorsaam. Laat ons nou die mensdom se mening van sonde bekyk.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  2. 8

    2. Die Mens Is As Sondaar Gebore (Markus 7:20-23)

    Eerstens wil ek u ʼn vraag vra: Hoe beskou u, uself? Dink u, u is goed of sleg? Wat dink u? Alle mense leef onder hulle eie illusies. U mag nie uself so sleg beskou nie, of, nie so goed beskou nie. Wie dink u sal ʼn beter lewe van geloof lei? Sal dit die een wees wat homself beskou as goed, of die een wat homself as sleg beskou?   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  3. 7

    3. As Ons dinge doen volgens die Wet, Sal Dit Ons Red? (Lukas 10:25-30)

    Lukas 10:28, “Doen dit, en jy sal lewe.”Mense leef met baie verkeerde illusies. Dit blyk asof hulle baie swak op hierdie gebied is. Dit blyk ook asof hulle intelligent is, maar word maklik bedrieg en bly onbewus van hul bose natuur. Ons is gebore sonder om te weet wie ons werklik is, en lewe net soos dit ons pas. Die feit is dat mense nie hul self ken nie, maar die Bybel vertel duidelik aan ons dat ons sondaars is. Mense praat oor die algemeen van hul sonde, en dit blyk asof hulle onbekwaam is om iets daaraan te doen. Nogtans beskou hulle hulself as goed en hulle spog met hul ‘goeie werke.’   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  4. 6

    4. Die Ewige Verlossing (Johannes 8:1-12)

    Jesus het die ewigdurende verlossing vir ons gegee. Daar is niemand in hierdie wêreld wat nie gered of verlos kan word as hulle in Jesus sou glo as hul verlosser nie. Jesus het ons almal verlos van sonde. Die rede waarom ʼn sondaar oor sy sonde sou worstel en aanhoudend gebede van belydenis bid, is omdat sulke persone ʼn wanbegrip het hoe Jesus hom/haar verlos het met beide Sy doop en kruisiging. Ons moet almal die geheim van Sy verlossing verstaan en dit glo. Jesus het al ons sonde op Hom geneem met Sy doop, deur aan die kruis te sterwe het Hy die oordeel en volle prys betaal vir ons sonde.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  5. 5

    5. Doop van Jesus en Die Versoening van Sonde (Matthéüs 3:13-17)

    Onse Here God het vir ewig die boeie van sonde afgesny. Die wat nog ʼn stryd stry met sonde is waarlik slawe van sonde, maar Hy het deur Sy redding dit heeltemal beëindig. Hy het al ons sondes weggeneem. Is daar iemand wat nog onder hulle sonde ly? Ons moet verstaan ons oorlog teen sonde is beëindig. Ons sal nooit weer onder sonde ly nie. Ons slawerny onder sonde het geëindig die oomblik toe Jesus ons met Sy doop en bloed gered het. Al ons sonde het tot ʼn einde gekom. Die Seun van God het al ons sondes uitgewis. God het deur Jesus die volle prys vir ons sondes betaal, en het ons vir ewig bevry.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  6. 4

    6. Jesus Christus het uit die Water, Bloed en die Gees Gekom (1 Johannes 5:1-12)

    Het Jesus deur die water gekom? Ja. Hy het beslis deur Sy doop na ons toegekom. Die water simboliseer die doop van Jesus toe Johannes die Doper Hom in die Jordaan gedoop het. Hierdie was die doop van redding wat Hy gebruik het om al ons sondes weg te neem. Het Jesus deur die bloed gekom? Ja. Hy het beslis in die vlees van die mens gekom, Hy was gedoop om die wêreld se sondes weg te neem, om die loon van sonde aan die Kruis te betaal, waar Hy gebloei en gesterwe het. Jesus het beslis deur Sy bloed gekom.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  7. 3

    7. Die Doop van Jesus is Die Teëbeeld Vir die Verlossing Van Sondaars (1 Petrus 3:20-22)

    God het ons alreeds geken voordat ons op hierdie aarde gebore was. Hy het ook kennis gedra dat ons sal sondaars gebore word, en sodoende het Hy al ons gelowiges gered deur Sy doop waarby Hy die sondes van die wêreld weggeneem. Hy het alle gelowiges gered en hulle Sy heilige volk gemaak. Dit is die resultaat van Godse genade. Psalms 8:4 verklaar, “What is die mens dat U aan hom dink?” Die verlostes wie gered is van al hul sondes ontvang Sy besondere liefde. Hulle is Sy geliefde kinders.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  8. 2

    8. Die Evangelie van Oorvloedige Versoeninge (Johannes 13:1-17)

    Hoekom het Jesus Petrus se voete die dag voor die pasga gewas? Net voordat Hy sy voete begin te was, het Jesus vir hom gesê, “Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.” Petrus was Jesus se geliefde dissipel. Hy was oortuig en het geglo dat Jesus die Seun van God is, hy het dit ook verkondig dat Jesus eintlik die Christus is. Daar was n’ goeie rede waarom Jesus Petrus se voete gewas het. Toe Petrus met geloof getuig dat Jesus eintlik die Christus is, het hy erken dat Jesus eintlik die Heiland en Verlosser is en wat hom sou red van al sy sonde.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

  9. 1

    9. Vrae en Antwoorde

    Vraag 1: Ek het die boeke wat u aan my gestuur het gelees, en vind die konsep van Jesus se doop interessant. Kan u my asseblief vertel wat u standpunt is, i.v.m. die verwantskap tussen ons water doop en hierdie doop, asook die dood en opstanding van Jesus?Antwoord: Eerstens moet ons aandag gee aan die “leerstellings van die doop” soos dit in Hebreërs 6:2 verklaar word. Die Bybel vertel van drie verskillende dope nl., die doop van Johannes die Doper vir die vergifnis van sondes, die doop van Jesus deur Johannes die Doper, en laastens ons water doop, as n’ ritueel.   https://www.bjnewlife.org/  https://youtube.com/@TheNewLifeMission  https://www.facebook.com/shin.john.35 

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Tussen die baie Christelike boeke wat in die wêreld verskyn wat verduidelik “hoe om wedergebore te word”, is hierdie die heel eerste boek wat die Evangelie van die water en die Gees verkondig in streng ooreenstemming met die Heilige Skrif. Daar is geen mens op aarde wat in die Koninkryk van die Hemel toegelaat sal word, sonder om waarlik wedergebore te word deur die water en Gees nie. Om waarlik wedergebore te word moet ‘n sondaar vrygespreek word van alle sonde, en dit is slegs moontlik om in beide die doop van Jesus en in Sy bloed aan die Kruis te glo. Laat ons nou met geloof in die Evangelie van die water en die Gees toegang tot die Koningryk van die Hemel te kry as die regverdiges in wie geen sonde gevind is nie.

HOSTED BY

The New Life Mission

URL copied to clipboard!