WAT Met Willim Welsyn Podcast

PODCAST · arts

WAT Met Willim Welsyn Podcast

Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.

  1. 186

    Episode 186. - Hugo Hattingh (Deel 1 van 2)

    Hugo Hattingh is 'n seiljagkaptein van die Paarl wat laas jaar in Thailand 'n verskriklike ongeluk oorleef het toe die enjinkamer van 'n catamaran wat hy beman het, ontplof het. Willim het vir Hugo gaan kuier op sy stoep in Goodwood om sy storie te hoor. Ondersteun vir Hugo op sy BackaBuddy campaign: https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-save-hugo-hattinghs-life of eft hom hierso: Bank Account Name: Hugo Hattingh Bank: Bangkok Bank Account Number: 6187042806 Branch: Cherntalay Bank Address: 189 Moo1, Thepkrasatri Rd, Bandon-Cherntalay, Phuket, Thailand 83110 Swift Code: BKKBTHBK Account Type: Savings Of eft hom plaaslik in Suid-Afrika: J Chambers Capitec Savings 1277564831 branch code: 470010 

  2. 185

    Episode 185. - Riaan Smit

    Riaan Smit is die growling frontman en guitarist in Crimson House, ’n  eclectic rock band al die pad van Windhoek af. Hy kom kuier vir ’n tweede keer op die podcast na 10 jaar, gaan luister ook Episode 44 vir daai back story. Riaan is ook Willim se neef en hulle catch op oor alles van Johnny Cash, Riaan se albums, musiekbedryf-dinge en hoe dit is om ’n pa te wees. Kom kyk die Willim Welsyn band by Karoo 62 se Karoo Bike Burn die naweek van 1 tot 3 Mei, besoek www.karoo62.com vir meer inligting. Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT Podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by www.paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected].  

  3. 184

    Episode 184. - João Luis Lança Henriques (Part 2 of 2)

    Enjoy the second half of Willim's conversation with João Luis Lança Henriques. He's is a bassist, guitarist and an architect originally from Portugal, who grew up in Mozambique and played in a lot of bands in Cape Town, including Julia Robert and We Set Sail.  Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT Podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected].

  4. 183

    Episode 183. - João Luis Lança Henriques (Part 1 of 2)

    João Luis Lança Henriques is a bassist, guitarist and an architect originally from Portugal, who grew up in Mozambique and played in a lot of bands in Cape Town, including Julia Robert and We Set Sail.  Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT Podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected].

  5. 182

    Episode 182. - Donny Truter

    Donny Truter is 'n digter, skrywer, sanger en die groot gees agter die wiel van die band: Taleswapper.  Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT Podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected]. As jy die show wil support via EFT, doen dit gerus hier: FNB Current, JWF Barnard, Acc: 60278037326, Branch: 200213.

  6. 181

    Episode 181. - Hugo Veldsman

    Hugo Veldsman is 'n baie talentvolle songwriter en musikant van Durbanville met twee albums en 'n klomp singles uit. Hy't ook 'n graad in musiek en hy maak soundtracks en film scores ook.  Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected]. As jy die show wil support via EFT, doen dit gerus hier: FNB Current, JWF Barnard, Acc: 60278037326, Branch: 200213.

  7. 180

    Episode 180. - Christian Frauenstein

    Christian Frauenstein is 'n kunstenaar, 'n sagteware-ingenieur, 'n kletsrymer en 'n baie goeie vriend, oorspronklik van Jeffreys Baai. Hy het onlangs AllesvanAfrika.co.za gestig, 'n aanlynplatform waar sy ma en haar span yskasmagnete, sleutelhouers, coasters en ander handgemaakte aandenkings vervaardig en dwarsdeur Suider-Afrika versprei. Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected]. As jy die show wil support via EFT, doen dit gerus hier: FNB Current, JWF Barnard, Acc: 60278037326, Branch: 200213.

  8. 179

    Episode 179. - Christian Burgess

    Christian Burgess is 'n energieke drummer en 'n hardwerkende audio engineer. Hy klap die drums in die power metal band Strident, Die Hugo Veldsman Trio en hy speel ook gereeld in ons eie Willim Welsyn Band. Chris het kom kuier en land en sand gesels oor sy kinderdae in Bellville, die Scorpions, sy tyd in Ladismith waar hy as assistant engineer by Jo Ellis se Blue Room Studios gewerk het op SAMA nominated albums, hoe Strident se power metal vlam gevat het op die popular computer game Broforce en nog 'n klomp ander dinge. Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected]. As jy die show wil support via EFT, doen dit gerus 'n donasie hier: FNB Current, JWF Barnard, Acc: 60278037326, Branch: 200213.  

  9. 178

    Episode 178. - Dirkie Pan

    Dirkie Pan is 'n veelsydige jack of all trades, but a master of puppets. Hy maak musiek, videos, musiekvideos en pleeg klankproduksies, besigheidsplanne, bemarkingsplanne en allerhande ander planne: maar meer as dit is hy 'n kranige vriend, collaborator, handlanger en 'n lojale geesvanger.  Ou en nuwe luisteraars is welkom om die WAT Podcast te ondersteun via PayPal by paypal.me/willimwelsyn of besoek www.watpod.podbean.com as jy iets wil EFT. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected]

  10. 177

    Episode 177. - Chantel Koch

    Chantel Koch is ’n kunstenaar met haar hart diep ge-anker in die Suid-Afrikaanse musiekondergrond. Sy kom kuier van Sedgefield af en gesels met Willim oor Nelspruit, Engeland, Anthony Bumstead, Up The Creek, Kobus de Kock Jnr., STRAB, Zeegunst op 28 en hoe ouers wat kan lysies maak beter weet van kaas- en vleispryse. Volg vir Chan op Instagram en gaan kyk na haar kuns: haar handle is @katinka_poppins. Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn of gaan na watpod.podbean.com. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected].

  11. 176

    Episode 176. - Basson Laubscher

    Basson Laubscher kom kuier vir 'n tweede keer op die WAT Podcast om te gesels oor al sy verskillende kitare, siff riffs, hoe mens lyrics skryf, die ups en downs van die plaaslike musiekbedryf en hoe belangrik dit is om uit te ryk na jou vriende, fans en mede musikante wanneer dinge soms duister lyk. Mag daar lig wees! Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show of sommer net 'n brief wil skryf, stuur 'n e-pos na [email protected]. Kom hou ook saam fees by Sneaky Creeky van die 12de tot die 15de Maart buite Riviersonderend saam met Willim Welsyn band, Akkedis, Albert Frost, Hugo Veldsman, Southern Wild, Tait en nog vele meer. Kontak vir Odie vir kaartjies: 061 149 59 49 of stuur ’n mail na [email protected] vir die official invite.

  12. 175

    Episode 175. - Bennie van der Merwe

    Bennie van der Merwe, a.k.a. Benjamin Hound, is ’n music producer, musikant, liedjieskrywer en ’n veelsydige vriend en buurman. Willim gaan kuier saam met Bennie by Stereo Hills Studios in Durbanville waar Bennie meeste van sy tyd spandeer agter die desk. Hulle gesels oor sy skooldae, rugby, rock ’n roll, sy eerste band, die Black Mansion, hoe Gerhard Grobler hom geleer het om ’n sound engineer te wees, hoe hy deel geword het van die Willim Welsyn band, hoe Stereo Hills Studios begin het by Fresh Meat en nog baie meer! Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show of sukkel met die links, stuur 'n e-pos na [email protected]. Kom check die Willim Welsyn band, Karel Bester en die Kraaines Band en nog vele meer by die Kapitaal Aanval show die 7de Feb. 2025 by Daisy Jones in Stellenbosch, koop jou kaartjies hier op Quicket: https://qkt.io/fxESoY Kom hou ook saam fees by Sneaky Creeky van die 12de tot die 15de Maart buite Riviersonderend saam met Willim Welsyn band, Akkedis, Albert Frost en nog vele meer! Kontak vir Odie vir kaartjies: 061 149 59 49 of stuur ’n mail na [email protected] vir die official invite.

  13. 174

    Episode 174. - Paul André Blom

    Paul André Blom kom kuier op die WAT Podcast die week. Hy is ‘n musiekant (Terminatryx, V.O.D, K.O.B.U.S., F8, Makabra Ensemble), musiekjoernalis, filmmaker en die main man agter die South African Horror Film Festival. Hy's ook die broer van Francois Breytenbach Blom. Check sy dinge uit, hier:  https://www.terminatryx.com/ of hier: https://www.paulblom.com/ Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show of sukkel met die links, stuur 'n e-pos na [email protected]. Kom check ook die Willim Welsyn Band, Karel Bester en die Kraaines Band en nog vele meer by die Kapitaal Aanval show die 7de Feb. 2025 by Daisy Jones in Stellenbosch, koop jou kaartjies hier op Quicket: https://qkt.io/fxESoY

  14. 173

    Episode 173. - Anna-Bet Stemmet

    Kom kuier saam in Durbanville waar ek met kopieskrywer, woordsmid en Skryfyster Anna-Bet Stemmet gesels. Die gesprek het plaasgevind voor 'n lewendige gehoor by die uitreiking van haar debuutboek, Goed Wat Gebeur Het Met Mense Op Plekke. Ons gesels oor biblioteke, videowinkels, haar skryfproses, die stories agter die stories en snaakse familiegeheime. Besoek https://skryfyster.com/books/ en bestel dadelik ’n kopie. Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show, stuur 'n e-pos na [email protected].

  15. 172

    Episode 172. - Karel Bester

    Na 'n lang stilte sedert 2020 is die WAT Met Willim Welsyn Podcast terug! In episode 172 kuier Willim saam met die energie-aansteeklike Karel Bester, die frontman van Karel Bester en die Kraaines Band. Hulle gesels oor die band se nuwe studio album, hoe ADHD se uitdraaikryte kreatiwiteit kan help inkleur, color coding methods om dinge georganiseer te kry, memes, en hoe Karel die volgende torch bearer vir Tradisionele Afrikaanse Psychedelic Boere Punk Rock aan die brand hou. Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die podcast is terug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show, stuur 'n e-pos na [email protected].

  16. 171

    Episode 171. - Neil Sandilands (Deel 2 van 2)

    Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche. Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster crowdfund campaign ten bate van Bert, Boetie, Novi en die Ladismith-gemeenskap hier: www.williamwelfare.com of op www.thundafund.com/project/6551477109653508 Support ook gerus die WAT Podcast, indien jy sou wou: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213

  17. 170

    Episode 170. - Neil Sandilands (Deel 1 van 2)

    Neil Sandilands kom al die pad van Hollywood af om te kom kuier in ’n garage in Bellville vir die eerste, offisiële WAT Podcast episode van 2020. Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export. Ons braai en gesels oor sy kinderdae in Randfontein, rugby, filosofie, die rolle wat hy vertolk het in die TV-reekse Meester, Konings en Orion, onder andere. Ons gesels ook oor Hollywood en sy nuwe song Die Ballade van Frik & Dot, oftewel, "Goue Graal".   Support die WAT Podcast, indien jy sou wou: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213

  18. 169

    Episode 169. - Wen 'n Braaikaaster Met Bootstrap Fest

    Hallo. Lanklaas, ek weet. Otherwise, you well? Hierdie Saterdag die 20ste Junie, tussen 13h00 en 19h00 hou ons BOOTSTRAP FEST. Jy kan ’n Blitzkriek Braaikaaster wen. Hoe? As jy R200 skenk, jou bewys van betaling, jou naam en van stuur na [email protected] toe, dan is jy deel van die lucky draw op Saterdag. Die raffle sluit Vrydagaand 19 Junie, 21h00 en ons doen die live draw tussen 13h00 en 19h00 gedurende die BOOTSTRAP FEST op Facebook. Vir die Braaikaaster Raffle, skenk gerus hier: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213 Email POP, naam en van na [email protected] As jy klaar ‘n Braaikaaster het, kan jy die fees hier ook ondersteun: STRAB Productions ABSA Current account 4078290413 Branch: 335645 Reference: Bootstrap Hierdie is ‘n GRATIS show vir ‘n goeie doel, alle fondse wat ingesamel word is ten bate van die Somerset West Night Shelter, die Feed Malongane Initiative en natuurlik ook die kunstenaars wat Saterdag gaan optree. Bootstrap Fest, in samewerking met die awesome #STRAB-span en die topklas mense by Orgasmic Music Gallery, sien uit om julle Saterdag te check! Ons het die Valiant Swart Band, Mr. Cat & the Jackal, Warongx en die Willim Welsyn Band op die spyskaart. Mr Miles Keylock gaan julle ook verras met ‘n paar special guest interviews op die dag tussen die band change-overs. 😎 Julle almal is genooi!

  19. 168

    Episode 168. - Louis Duvenage van Orwellington en Raaskopleef

    Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels Willim met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Hulle gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 90s, die army, London, die begin van Boland Punk, Louis se vriendskap met Almuir Botha, die Voëlvry beweging, Dirk Ace, Valiant Swart, Koos Kombuis, Madonna, Bernoldus Niemand, 80s popmusiek, Breyten Breytenbach, krieket en oor ’n hele klomp ander dinge ook. 2020, hier kom ons.

  20. 167

    Episode 167. - 'n Huldeblyk aan Piet Botha

    Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel. Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019, hy was 63 jaar oud.

  21. 166

    Episode 166. - The Robfather

    Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam met Wanton Bishops, Yellawolf and hy was die toer-DJ vir The Pixies en onlangs ook The Cure toe hulle hier kom kuier het. Rob kom kuier in die garage en ons gesels oor al die plate en CD-shops waar hy al gewerk het, sy eerste paar gigs as ’n Kwaito DJ, die sielkunde van ’n goeie playlist en hoe om mense op die dansvloer te hou, maar ook seker te maak hulle koop genoeg drank by die bar.

  22. 165

    Episode 165. - Sannie Fox

    Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.  

  23. 164

    Episode 164. - Deon Maas

    Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus [email protected], dis gratis. Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.

  24. 163

    Episode 163. - Best Of 2018 (Deel 1)

    In hierdie eerste uitgawe van WAT se Best Of 2018 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Francois Van As, Kobus Galloway, Willem Samuel, Hendré Pretorius, Gerdus Oosthuizen, Le Roi Nel en Arno Carstens. Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  25. 162

    Episode 162. - Suné Halderman en Conrad Jamneck

    Suné Halderman book die bands en artists by Jägermeister presents Up The Creek  Music Festival en Conrad Jamneck is die fees se technical director. Hulle kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter dié legendariese fees se skerms gebeur, hoe mens ’n stage in die middel of reg langs die Breede Rivier bou en hoe om seker te maak dat almal altyd ’n goeie tyd het.  Up The Creek gebeur tussen 7 en 10 Feb. 2019 - gaan koop jou kaartjies op https://www.upthecreek.co.za/tickets Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  26. 161

    Episode 161. - JC Visser

    JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.

  27. 160

    Episode 160. - The Black Cat Bones

    Willim bel al vier die members van die Pretoriaanse rock band The Black Bones presies twee dae voor die bekendstelling van hul nuutste vollengte album ‘Here Is A Knife’ wat vanaf 16 Nov. 2018 beskikbaar sal wees op alle digitale musiekplatforms. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.

  28. 159

    Episode 159. - Pierre Greeff

    Pierre Greeff is die hoofsanger en een van die main liedjieskrywers in Die Heuwels Fantasties. Hy kom kuier in die garage en gesels met Willim oor Bellville, Stellenbosch, die dae van Lukraaketaar, die begin van Heuwels, goue plate in space, popmusiek, songwriting en ’n hele ander klomp cool goed. Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  29. 158

    Episode 158. - François Haasbroek

    François Haasbroek is ’n musikant en joernalis, kartograaf en fotograaf by die WEG-tydskrif. Hy’t onlangs ook twee baie gewilde podcast shows begin: ‘Weg Stories’ en ‘Op Reis Met Weg’. Willim en François was op Ladismith van kleuterskool tot in matriek in die dieselfde klas, dus was daar baie om oor te gesels. Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  30. 157

    Episode 157. - Chris Slabber

    Chris Slabber is ’n bekroonde grafiese kunstenaar, illustreerder en fotograaf van Oudtshoorn. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor ’n klomp van sy projekte, die mediums wat hy gebruik, advertising agencies, musiek, kreatiwiteit en al die awards wat hy gewen het. Chris Slabber op Behance: http://be.net/csdandi Geborg deur http://www.live-now.co.za 

  31. 156

    Episode 156. - Michael Cross

    Michael Cross is a Durban-based filmmaker who has spent more than 20 years producing documentaries that illuminate artists and individuals. His most recent film, “The Fun’s Not Over – The James Phillips Story” premiered at the 2018 Encounters South African International Documentary Film Festival where it won the Audience Award for Best South African Documentary. James Phillips, who died aged 36 in July 1995, was a composer, musician, bandleader and the voice and conscience of a generation of white South Africans. “The Fun’s Not Over” tells James’ story in his own words and through the voices of journalists like Max du Preez, satirists Zapiro and Pieter Dirk Uys, his musical collaborators and label-mates like Koos Kombuis and Vusi Mahlesela and his friends and family. Willim sits down with Michael for a spiff conversation about it all. Visit: https://thefunsnotover.com/

  32. 155

    Episode 155. - Niel van Deventer

    Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook die vervaardiger op die fliek ‘Dis ek, Anna’ (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Zuma-regime en hoe dit Suid-Afrika geraak het. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van alles.

  33. 154

    Episode 154. - Annie Klopper (Live By The Book Lounge)

    Willim gesels met Annie Klopper voor ’n live audience by die bekendstelling van haar debuut roman - Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak – by The Book Lounge in Kaapstad. Annie is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en deeltydse dosent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

  34. 153

    Episode 153. - Kabous Verwoed

    Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gespeel het, sy betrokkenheid by die Sidewalk Café in Sunnyside se movement, hoe hy ’n lewe probeer maak het met sy digkuns en hoe hy onlangs ’n bekroonde verslaggewer geword het. 

  35. 152

    Episode 152. - Laudo Liebenberg

    Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.

  36. 151

    Episode 151. - Wynand Myburgh

    Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.

  37. 150

    Episode 150. - Behind The Scenes & Cheers Vir Eers

    Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show. 

  38. 149

    Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2)

    Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel. 

  39. 148

    Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1)

    Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy uitstalling gaan kyk en luister by die Woordfees op Stellenbosch: Skree Alleen is ’n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid.

  40. 147

    Episode 147. - Kobus Galloway

    Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het. 

  41. 146

    Episode 146. - Jaco van der Merwe

    Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit. Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met 'n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek - "WAT BINNE IS" - te druk en versprei. 

  42. 145

    Episode 145. - Arno Carstens

    Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer.

  43. 144

    Episode 144. - Jack Parow

    Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.

  44. 143

    Episode 143. - Francois van As

    Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen musiek en komedie.

  45. 142

    Episode 142. - Le Roi Nel en Gerdus Oosthuizen

    Le Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het.

  46. 141

    Episode 141. - Henré Pretorius

    Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd teen kanker verloor het.

  47. 140

    Episode 140. - Best Of 2017 (Deel 3)

    In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.

  48. 139

    Episode 139. - Best Of 2017 (Deel 2)

    In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.

  49. 138

    Episode 138. - Stéfan Burger

    Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan gesels oor dit alles en nog meer.

  50. 137

    Episode 137. - WAT Het Ons Geleer? Best Of 2017 (Deel 1)

    Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.

HOSTED BY

Willim Welsyn

CATEGORIES

URL copied to clipboard!