Onderrig Vanuit Die Woord podcast artwork

PODCAST · religion

Onderrig Vanuit Die Woord

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar! Ons gaan ook Bybelstudies hier hou, waar u meer van die verstaan van tekste sal leer vanuit die Gereformeerde grondslag. Ons gaan ook aktuele onderwerpe hier bespreek, waarvoor gelowiges antwoorde soek, alles vanuit die Skrif.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Feb 12, 2025 · Source feed

  1. 16

    Die Wat Hul Bekommernisse Op Christus Werp, Het 'n Toevlug Van Onuitspreeklike Sekuriteit

    Is u oor dinge in u lewe bekommerd? Miskien is u bekommerd oor die toestand in u land, die stygende pryse, of dalk is u bekommerd oor u gesondheid, of die welstand van u geliefdes. Die Woord kom bied vir ons in 1 Pet. 5, in besonder verse 7 en 10, uiters groot troos oor hierdie bekommernisse, 'n troos wat ons met groot blydskap kan weet geanker is in Christus.

  2. 15

    Christus Roep Ons Op Om Ons Ore Te Sluit Vir Die Leuen En Te Open Vir Die Waarheid

    Is ons almal een? IS alle godsdienste tog maar op die ou end die waarhied? Die Skrif kom antwoord hierdie vraag met duidelike riglyne vanuit 2 TIm. 4:1-5.

  3. 14

    Bybelstudie Uit Jona 1

    Meeste van ons, is goed bekend met die verhaal van Jona.  Die vraag wat ons vandag vir mekaar gaan vra is:  Wat presies was God se doel met die boek Jona?  Wat is die dieper betekenis van hierdie boek, in besonder, die bekende hoofstuk 1?

  4. 13

    Die Voorbeeld Van Christus Roep Ons Op Om Te Volhard In Die Geloof

    As ons diep gedelf het in die verskriklike lyding wat Christus vir ons moes deurmaak en boonop daaraan dink dat óns eintlik hierdie lyding verdien het, kan geen ware gelowige, onaangeraak bly nie ... Die vraag is nou: As ons dan nou hierdie onbeskryflike lyding van Chrisstus in ons plek aangehoor het, wat maak ons nou daarmee? In Hebr. 12, kom gee Christus vir ons duidelike riglyne om hierdie vraag re antword, wat in kort saamgevat kan word in die oproep: Volhard in die geloof. En ons kan vir seker wees: Christus sal ons deur sy Gees help om hierdie volharding 'n werklikhied te maak, want op ons eie, is ons tot niks goeds in staat nie!

  5. 12

    Om Te Begryp Waarom Christus Moes Ly, Moet Ons Van Sy Sterwe Na Sy Opstandning Vorder

    Wanneer ons oor Jesus Christus praat, is dit 100% korrek om te sê die opstanding is die hoogtepunt van ons geloof.  Maar, net soos wat 'n mens nie reg laat geskied aan jou eie moeitevolle arbeid deur bv by matriek se "dankietog ek's klaar" te begin nie, laat ons ons nie reg aan Christus geskied as ons by die opstanding begin en vergeet teen watter peperduur prys, Hy in ons plek oorwin het nie.  Kom luister dus saam na Jes. 53, die OT beskrywing van die kruisiging en kom delf word opnuut in die verskriklike lyidng wat Jesus Christus in u en my plek moes duermaak, om op die ou end op te staan en ons sodeonde, met God versoen!

  6. 11

    Die Bybel Leer Ons Die Hemel Is 'n Werklikheid

    "Choo Thomas se boek, die hemel is 'n werklikheid, was vir my 'n oog-oopmaker."  Dít is die opmerking wat ek self, al by twee geleenthede moes hoor ...  Maar hierin lê 'n geweldige groot skeeftrekking en baie gevaarlike slaggat:  Die Bybel is blykbaar nie genoeg nie en skep skynbaar 'n baie vae, onverstaanbare en twfyelagtige beeled oor die hemel ... So ons het ekstra fabeltjies en storiejties oor mense se sg "ervarings" nodig ... Dit, geliefdes, is  hoegenaamd NIE die geval nie!  Kom luister gerus saam na die Woord van die Here, oor wat Openb. 21:1-8 te sê het oor die hemel.  Hierdie inlgting, sal selfs 'n klein kindjie kan bely, is méér as genoegsaam om die blye boodskap kristalhelder oor te dra:  Die Bybel leer ons die hemel is 'n werklikhied;  ons het NIKS anders, niks meer as dit, nodig nie!

  7. 10

    God Is In Staat Om Sy Verdrukte Kinders Te Verlos, Wat Nalaat Om Ander Gode Te Dien

    Ons beleef vandag nog soms dat mense gevra word om voor ander gode, of mensgemaakte dinge, te buig.  So word ons geloof verdruk.  Maar ons beleef ook soms verdrukking op ander maniere ...  Hier in Dan. 3, kom leer die Woord ons:  Dieselfde God wat Sadrag, Mesag en Abednégo van 'n brandende vuuroond gered het, is ook ons God.  Want Hy is in staat om sy verdrukte kinders te verlos, wat nalaat om ander gode te dien.  Op aarde word Daniël se drie vriende van 'n tydelike vuur verlos;  Christus kom verlos ons egter van 'n ewige vuur.

  8. 9

    Daar Is Geen Ander Waarheid Om Aan Vas Te Hou As Slegs Die Woord Van God Nie

    Ons vra vandag so dikwels:  Wat is die waarhied?  Oktober is Hervormingsmaand ...  Meer as 500 jaar terug begin die Reformasie, met die EEN uitsonderlike doel:  Terug na die Woord!  Terug na die enigste waarheid waaraan u en ek kan vashou ...

  9. 8

    Die Here Beloof Dat Elke Mens Die Vrugte Van Sy Arbeid Sal Eet

    "Ag, die regverdige en die goddelose se lot is maar presies dieselfde," sê en dink baie mense.  Jes. 3:10-11, kom leer duidelik vir ons anders ...  Elke mens, regverdig, of goddeloos, gaan BESLIS op die ou-end, die vrugte van sy arbeid eet ...  Na sy dood, kan elke mens net na één van twee plekke gaan ...

  10. 7

    Soos Klei In Die Hand Van Die Pottebakker, Só Is Die Mens In Die Hand Van Die Here

    Jer. 18 kom herinner u en my daaraan dat ons bloot klei is ...  Maar hiermee saam, kom herinner die Here ons hier ook aan 'n ander, ou waarheid:  Ons is nie net bloot klei, maaksels sonder 'n Maker nie;  ons is almal in die Hand van die Here, wat ons vorm en maak soos Hy wil, na sy welbehae.  Die gedeelte roep ons daarom op om ag te slaan op die weë van die Meester Pottebakker en daarin te wandel.  

  11. 6

    Die Here Roep Ons Op Om Die Werk Wat Hy Ons Gegee Het, Af Te Handel

    Waar die Here in sy Woord oor sy plan en pad met Elia met ons praat, is dit veral verstommend oor wat in 1 Kon. 19 gebeur.  Elia dink sy bediening het misluk, maar die Here kom wys vir hom dat Hy nog altyd 'n plan met hom het;  Hy het nog werk vir Elia.  Net so, het hy 'n plan met elkeen van u en ook nog werk vir u om tot sy eer te doen.

  12. 5

    Sonder Die Hoop Van Die Ewigheid, Maak Christenskap Glad Nie Sin NIe

    Dikwels word gestel dat die Christelike geloof nie sin maak nie.  Wanneer 'n mens egter die Bybel lees en verstaan, blyk dit eerder of die opvaattings wat teen die Bybel en Christelike geloof gemaak word, soos bv dat daar nie lewe na die dood is nie, nie sin maak nie ...  As ons die Christelike geloof egter kontkeet vanuit die Bybel verstaan, maak dit juis sin, bied dit juis hoop ...  Kom luister gerus na die Woord van die Here, vanuit 1 Kor. 15:50-58, wat die hartklop van die Christendom is.

  13. 4

    Christus Se Krag Word In Swakheid Volbirng

    Die Bybel leer ons nêrens dat ons moet voorgee dat ons sterk is, terwyl ons absoluut swak en magteloos voel nie.  Wat die Bybel ons wel leer, is dat Christus se genade vir ons genoeg is, omdat sy krag, juis in swakheid volbring word (2 Kor. 12:6-10).  

  14. 3

    Christus Roep Ons Op Om Sy Voorbeeld Na Te Volg

    DIe Here Jesus het vir ons 'n Volmaakte voorbeeld kom stel.  Hy roep ons op om sy voorbeeld na te volg.   Immers, Christus belydenis, verplog Christus navolging.  Nee, ons moenie leef asof ons dit uit ons eie kan regkry nie, maar ja, ons kan ook nie wetteloos leef nie ...  Die Woord roep ons op in 1 Pet. 2:18-25, om uit dankbaarheid vir Christus se onverdinede genade, sy voorbeeld na die beste van ons vermoë, na te volg, wetende dat ook dit, nie los van hom nie, maar juis vanuit Hom geskied.

  15. 2

    Christus Is DIe Enigste Antwoord Op Die Mensdom Se Soeke Na Rus En Geluk

    Elke mens vra:  "Wat is ware rus;  wat is ware geluk?"  Die Bybel kom bied vir ons die antwoord op hierdie vraag.  Kom luister gerus na wat die Woord ons leer oor ware rus en geluk vanuit Mat. 11:25-30.

  16. 1

    Al Is Ons Plat Teen Die Grond, Bly Die Here Ons Bewaarder

    Die Woord van die Here is ryk aan vertroosting, ryk aan sekerheid dat ons aan die Here behoort.  Kom luister gerus na hierdie boodskap uit Ps. 121, wat hierdie vertroosting en sekerheid, op kragtige wyse kom uitbeeld!

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar! Ons gaan ook Bybelstudies hier hou, waar u meer van die verstaan van tekste sal leer vanuit die Gereformeerde grondslag. Ons gaan ook aktuele onderwerpe hier bespreek, waarvoor gelowiges antwoorde soek, alles vanuit die Skrif.

HOSTED BY

Dawid Nel

Frequently Asked Questions

How many episodes does Onderrig Vanuit Die Woord have?

Onderrig Vanuit Die Woord currently has 16 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Onderrig Vanuit Die Woord about?

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar! Ons gaan ook Bybelstudies hier hou, waar u meer van die verstaan van tekste sal leer vanuit die Gereformeerde grondslag. Ons gaan ook aktuele onderwerpe...

How often does Onderrig Vanuit Die Woord release new episodes?

Onderrig Vanuit Die Woord has 16 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Onderrig Vanuit Die Woord?

You can listen to Onderrig Vanuit Die Woord on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Onderrig Vanuit Die Woord?

Onderrig Vanuit Die Woord is created and hosted by Dawid Nel.
URL copied to clipboard!