PODCAST · comedy
SO LOOP HY MAAR
by Niel Kidd & Pietie Beyers
❤️ Magical gesprekke met buitengewone mense ⚡
-
80
EP 80: So Loop Hy Maar - "pressure", sex and be(ing) you
Be who you are and how you are. I skipped a few steps growing up (subconsciously) hoping "coolness" might mask the softy inside. This podcast is about trusting your gut in what feels right, specifically when it comes to something as personal as intimacy. I hope this helps you. Or your kids. Or someone. I believe it could've helped me if I heard this 20 years ago. ❤️
-
79
EP 79: So Loop Hy Maar - seks en 'druk'
| seks & 'druk' | Baie gewik en weeg of ek hierdie gaan deel. Een keer opgeneem, méér as een keer teruggeluister. Uiteindelik gemik na vertroue eerder as twyfel. Dink hierdie sou my 20 jaar gelede nogal kon help. Ek hoop dit help iemand iewers nou. *Verskoon seblief die vloekerigheid nader aan die einde.
-
78
Ep 78: So Loop Hy Maar - TIKTOK STARS Chane Grobler and Roberto de Gouveia
*This So Loop Hy Maar-episode is in English Niel and I (at So Loop Hy Maar) recently shared our social media grievances with each other. Mine was something like: 1. Is human value nowadays perceived in connection to the size of your following? 2. Why do we care? 3. Should we delete the apps and spend more time with our dogs? Two LEGIT South African TikTok-stars help us navigate the modern landscape. Full-time TikTokker, Chané Grobler (2.4 million+) was recently nominated for a GLOBAL NICKELODEON AWARD and her boyfriend Roberto de Gouveia (@k1ngbert0) juggles his own million+ following with a more traditional-type job. Thanks to the lovely people at Starburst Promotions for making this happen and our eternal gratitude to Muse Studios in Johannesburg for another impeccable audio experience! In an informative discussion with these very nice folks, Chané and Robbie help humanize an intimidating frontier... WELCOME.
-
77
Ep 77: So Loop Hy Maar met Dana Snyman
'Ons maak mekaar moontlik' "Dana Snyman is 'n naam wat ek al 32 jaar hoor opkom" - áltyd met waardering, deernis, humorsin, byna 'n tipe magic. Asof die gedagte aan hom, mense 'n vonkel in die oog bring. (Hy's wel die eerste ou wat sy tekortkominge sal erken.) Toe Pietie in Desember by twee great ouens, Izak en Jan Malherbe, in Hermanus inkyk, stel Jan vir Dana as gas vir ons podcast voor. Dana se menslikheid transcend generasies. Hy's 'n joernalis en skrywer met 'n klomp toekennings en 'n waarnemingsvermoë vir ál die nuanses van menswees. Ons beskrywende woorde vir hom skiet kort. Dana is anderkant woorde. In hierdie gesprek reis ons deur sy lewe en kuier in 'n paar van sy hoofstukke. Mag daar nog MOERSE BAIE wees! 'As jy in aanmerking kom vir nóg bewussyn, sal ek nog wil hê.' Dankie vir jou menswees Dana. Mens voel wraggies met die intrapslag lief vir jou. Dankie Sean Butler vir jou hulp met die klank in die "vuurtorings". Luister na Dana, die mensch, hier. Ps. As jy dit geniet, stuur seblief die link vir 'n vriend!
-
76
Ep 76: So Loop Hy Maar - Early B
Geen woorde nodig hier nie - Early B is 'n legend.
-
75
Ep 75: So Loop Hy Maar - Quinne Brown Huffman
Quinne Brown Huffman - aka Connie can der Lecq in 7de Laan - is getroud, 'n ma, 'n aktrise, doula en skrywer. Ons reis vanaf haar geboorte in Johannesburg, al die pad deur 10 jaar in San Francisco & San Diego, en hoekom hulle uiteindelik teruggekeer het Suid-Afrika toe... Ons moes jare se stukke in een uur inkry. Ek glo ons het 😉 Dankie Hugo Ludik vir 'n opname in jou beautiful Muse Studios in Johannesburg. Jou geestelike groei is so mooi soos jou klank. 'Dit voel asof ons saam in die kamer is'. Julle is. Baie dankie dat jy hiervan deel is.
-
74
Ep 74: SO (hard)LOOP HY MAAR - A sprint (mini-sode) with Olympian AKANI SIMBINE ⚡💚!
This podcast has been in the pipeline for some time. Thank you Bronwyn Roets and Peet van Zyl for connecting us to SA's incredible athlete, Akani Simbine. Akani is an Olympian who, together with our powerhouse South African men's 4 x 100m relay team, recently won the World Athletics Relay in remarkable fashion. Akani will soon be competing in the Olympic Games in Tokyo, Japan. Personally our excitement for the Olympics is peaking way too soon 😉😉 Akani, gracious and focused, made time in his airtight-schedule, for a 15 minute sprint with the So Loop Hy Maar-podcast... Ngiyabonga umfowethu! 💙💛💚
-
73
Ep 73: So Loop JY Maar - gasaanbieder NADINE THERON MET avonturier RIAAN MANSER
There's an ocean between saying and doing' Die eerste SO LOOP HY MAAR episode deur 'n gas-aanbieder is HIER 💚🤯💚 In die intro, word die 'Niel en Pietie GEFIRE!' ook verduidelik 😉😉 In hierdie geskiedkundige episode, interview die nuusverslaggewer - Nadine Theron - die ontdekkingsreisiger ('pioneering explorer'), Riaan Manser. Nadine, jou belangstelling, moeite en finesse met hierdie episode is 'n riem onder die hart en dankie Riaan dat jy jou uitdagings, hart, idees en natuurlik AVONTURE in diepte deel: 5500 km se roei oor die Atlantiese oseaan; Fietsry rondom Afrika en deur drugged-up Liberiese tiener-rebelle aangehou word; 133 dae se roei van Afrika tot New York; Riaan en Vasti se near-death honeymoon op see. En meer. Welkom aanboord!!!!!!!
-
72
So Loop Hy Maar - Almal se podcast en JOUNE
MASSIVE ANNOUNCEMENT! GELIEFDES! Hierdie podcast is nou JOUNE 🦄 Luister na hierdie 2 en 'n half minuut stukkie magic van almal se vriend @peachvanpletzen en word deel van hierdie podcast-revolusie... Na jy geluister, stuur jou cv na [email protected] as jy 'n aanbieder wil wees op 'n topic of/en gas van jou keuse. Die dansvloer van die heelal is joune 💚💜🖤🤍❤️💙🧡💚💛
-
71
Episode 71: So Loop Hy Maar met Willa Watcher van der Walt 🌈💚🍄
Wilhelm van der Walt het vir ons 'n foto gestuur, van skrif teen sy dak geplak, net na ons podcast — sien hierdie teks in die middelste deel van dié episode se foto... 💯 'n Old school, unbelievable-feite episode meets 'n spiritual frontflip. Wilhelm aka Willa is 'n watcher - iemand wat psilocybin (magic mushroom) journeys supervise. Jy ken hom dalk in 'n ander kapasiteit, maar in hierdie first-time exposé, reveal Willa wat gebeur wanneer mense diep, diep, diep deur hul onderbewussyn 'journey'. Ek, Niel en Willa deel ook - soos destyds op SO LOOP HY MAAR - 'n paar whack ongewone ware feite... Geniet hierdie reënboog-rollercoaster-episode! Geniet hierdie reënboog rollercoaster lewe!
-
70
Episode 70: So Loop Hy Maar - Greteli Fincham & Marguerite van Eeden 🦄💫🦄
"Josef, Dawid en Eva, drie Bybelkarakters - ek het só baie vrae! Ek wil net om 'n tafel met hulle sit en hóór..." "I get by with a little help from my friends, family and faith." Greteli Fincham en Marguerite van Eeden is Suid-Afrikaanse aktrises wie my trots maak om deel van hierdie industrie te wees. Nederigheid, humorsin, plaaslike sowel as Netflix produksies, 'n hoofmeisie, side-hustles, onsekerhede, prestasies, geloof en 'n quick-fire round, alles in hierdie podcast. Persoonlik voel medemenslikheid deesdae vir my soos groter kuns as kreatiwiteit - iets wat almal in kan deel. Hierdie twee talentvolle geeste maak waves in wat hulle doen en maak vriende oor wie hulle is 💚
-
69
Episode 69: So Goes Hy Maar - Kooks and So 🏉😂💚!
A few weeks ago, I woke up to the sound of my girlfriend's laughter. She showed me a video that Siya Kolisi posted on Instagram, created by a guy called Kuhle Sonkosi aka Kooks. Anneke and I binged his entire Instagram feed and afterwards, she said, "how can we be friends with Kooks?". So we reached out to him. This kind-hearted champion is a full-time passionate rugby coach as well as a school teacher, while he makes videos for fun. FUN is getting his good name out there rapidly and his Instagram following has multiplied 7-fold since December... Kooks and I chat life, sport, TikTok, his videos and the future... Even though we live in different provinces, Kooks, you already feel like a friend, bro. My girlfriend's wish might just be coming true ;-) Dearly beloved, check out Kooks's videos and this podcast will be even better ;-) Much love to you all! 💚🌅🌈
-
68
Episode 68: So Loop Hy Maar - met Dricus Du Plessis ⚡️🥊⚡️
Iemand wie mens amper bang is om aan jou meisie voor te stel omdat hy so f&kken awesome is! ⚡😅⚡ Dan nog 'n MOERSE NICE ou ook... Dricus Du Plessis het vroeg provinsiaal rugby gespeel, maar besluit hy wil fight... Op 5jarige ouderdom het hy met judo begin en op 16 het sy dissipline in martial arts (en sommer skoolwerk) geskyrocket. Dié 26 jarige Vrystater, Hartbeespoortdam-leerder en nou Pretorianer, het al 'n groot kompetisie in Pole gewen, onlangs sy UFC debuut - in Abu Dhabi teen 'n 6jaar-ouer Brasiliaan - 1ste rondte knockout gewen en oefen nou vir sy volgende UFC fight, 20 Maart 2021, teen 'n Amerikaner. (Dit sal op SuperSport Action - channel 210 - te sien wees.) Die man se gemaklikheid en nederigheid maak hom só lekker om mee te connect, terwyl mens rustige selfvertroue en ysterlik dryf binne die medemenslikheid aanvoel. Mens wil, in fact, jou meisie én vriende aan so awesome mens voorstel - sy generosity maak mens gesien en geinspireerd voel. Geen druk, net onvoorwaardelike support, Champ. Leer by jou en waardeer jou 🙏 Dankbaar vír - en opgewonde óór - mense soos jy... Flow & fly, 'Stillknocks'! ⚡💚🚀🚀🚀
-
67
Episode 67 - SLHM - Claire the Animal Communicator and Tracker
Every @soloophymaar episode has been very special. Our comeback episode somehow transcends words! We spoke to Claire Reid - an animal communicator & tracker - who connects with animals from all over the world from her home in the UK. Her record speaks for itself - 98% success rate of bringing missing pets and their owners back together. She shares EVERYTHING. Claire, thank you for taking us on this incredible journey 🤯🤯🤯
-
66
Ep 66: So Loop Hy Maar - "SIENDE BLIND" en So 📺⚡️🤯 (Minisode/34-Mins)
Ons is op pad terug... Hier kom AMAZING episodes! 🤯 Ons celebrate ons return met 'n starter-of-what's-to-come deur graag 'n minisode (van so 30 minute) met julle te deel... Die episode gaan oor die splinternuwe, INSANE, 4-part psychological thriller-reeks wat hierdie Dinsdag - 24 November - 20:30 op kykNET begin speel. Pietie is self hierin te sien en in hierdie SO LOOP HY MAAR episode, gesels hy met SIENDE BLIND se regisseur, Morné du Toit, en die hoofaktrise, Liezl de Kock. Hier kom 'n donderstorm... Liefde van huis tot huis! ⚡️
-
65
Episode 65 - So Goes Hy Maar - the KIFFNESS and So
The Kiffness aka David Scott is a musician and a speaker of truth. His courageous, on-the-pulse musical parodies are skyrocketing in 2020. With some videos reaching 8 million views to date, his social commentary might be seen as audaciously controversial or wildly entertaining. Amusing? Offensive? Necessary? Have a listen to this. Decide for yourself. We are beyond thrilled to have David on our podcast 'SO LOOP HY MAAR' this week, while he's right in the middle of Clicks and The EFF. Have a listen to perhaps one of the most authentic speakers of our generation. David, we just met you and our appreciation of your music and humour has been reinforced with great respect and, if you'd allow our sentiment, love. David's heart really seems to match his eloquence. We talk about it all. Ladies and gentlemen. Seeker of the golden mean... David Scott. Aka The KIFFNESS
-
64
Episode 64: So Loop Hy Maar - Armand Aucamp en KOER
Akteur en entrepreneur Armand Aucamp chat met ons oor sy nuwe projek, die Afrikaanse "dating"-app "KOER". Ons gesels oor hoe hy aan die idee gekom het, oor sy span, hoe die app werk en hoe die gewone Afrikaanse persoon vriende, penmaats, pasmaats en geselsmaats reg oor die wêreld kan vind. Download dit! En geniet die episode!
-
63
Episode 63: So Loop Hy Maar - Johan Cronje en sy "Meisies Wat Fluit" 👱♀️🗽🎥
Ons eerste minisode! Wel, soortvan. Minisodes is soos 25-30 minute lank. Hierdie is so klein stukkie langer 😉 JOHAN CRONJE is die skrywer en director van die talk-of-the-town movie wat hierdie Vrydag, 4 September, op DSTV Box Office begin wys... 'MEISIES WAT FLUIT' 👱♀️🗽🎥 Johan is 'n great vriend en 'n multi-talented jong director met die gewilde movie, 'Wonderlus', agter sy naam. 'n Hiper-intelligente seeker of truth. Een van die mees stimulerende mense om mee te gesels. Ek het sélf 'n klein rol in dié fliek en in hierdie episode praat ons oor die proses en excitement rondom 'MEISIES WAT FLUIT'. HIERDIE VRYDAG, 4 September, op DSTV Box Office. Hieride episode is bietjie soos die movie-version van die buildup tot 'n moerse Springbok-All Blacks game. Word deel van die buildup. Voel die liefde.
-
62
Episode 62: So Loop Hy Maar - Ludwig Binge en So 💙💜🖤
'n Onbeskryflike gesprek met een van my oudste, heel beste vriende in die heelal... Ek en die enigmatiese superforce akteur & skrywer, Ludwig Binge, reminisce oor die intimiteit (en soms kompleksiteit) van vriendskap, grootword, skooljare in verskillende jare maar dieselfde skool, universiteit, identiteit, liefde, verwarring, insecurity, die lewe, dood, karongelukke, euphoria, professional envy, pyn, angs, social media, drome, hoop, die toekoms, ouer word, menswees. En alles anders ook! 😉🎆 Een van die emosioneel-intelligentste mense wat ek al ooit ontmoet het (met 'n bonatuurlike fyn waarnemingsvermoë) - ek is onbeskryflik dankbaar vir hoe Ludwig mens laat voel. Ek het hom op Hoërskool ontmoet (wat seker maar verwarrende jare vir baie mense is) en hy het my help tuis voel. In myself, my ego, my onsekerhede. Iemand wat mense uit die staanspoor met reuse respek hanteer en wie met sensitiwiteit en empatie met álmal en álles omgaan. Ek het ongelooflike dankbaarheid vir die geduld en lesse wat hy my (dikwels sonder dat hy weet!) oor die jare geleer het. My tjom, mag ons altyd, sóós altyd, deur alle vreugde en pyne aanhou saamlag ⚡️💚 Jy is 'n besonderse special mens en ek hoop jou idee van die hemel word waar 💙🐬 Ludwig Jar-Jar Machete Binge, ek is MOERSE LIEF VIR JOU MY TJOMMA!! ❤️⚡️🚀🚀🚀
-
61
Episode 61: So Loop Hy Maar - Daneel Malgas en So 💚🤖🎆
"Die coolste ou in die Kaap" Dis min dat iemand ewe kind & cool is... Daneel Malgas is die shit. 'n Senior Software Developer wat meer verduidelik oor Cloud Computing, Web Developing, Machine Learning, AI and adapting to different race-groups through dialect. We also ponder whether DAYDREAMING can save the world 😉 Moerse amazing om op 'n skoolaand met iemand oor Zoom nét so lekker te connect soos 10 jaar gelede 2am op Sgt. Pepper se stoep 💙🚀 Soos hy sê, dalk was drank en musiek "net die verskoning vir saamwees". Daneel, love you my brother, jy's 'n spirit surfer en ek voel GENUINE cooler net om jou my vriend te kan noem 💯💚🙏 Dankie dat JY saamluister! MOERSE LIEFDE!!!!!!!!!!!!
-
60
Episode 60: So Loop Hy Maar - Sue Pyler en So ⚡️⚡️⚡️
Sue Pyler is 'n radio-aanbieder op RSG, 'n MC en 'n motiveringspreker. Ons praat oor die realiteit van bruin-wees in 'n oorwegend wit skool, universiteit en werksplek. Sue was 'n 98% Wiskunde-student en nou 'n 110%-alles 😉⚡️🚀 A Force of electric energy, so eerlik soos sy energiek is. Liefde tot daar waar jy is! 💚💚💚
-
59
Episode 59: So Loop Hy Maar - Joe van Niekerk en So 💚💛❤️
Do you remember the Springbok rugby player Joe van Niekerk? @JungleJoe333 (Instagram handle) took time to speak to us on our So Loop Hy Maar podcast all the way from where he now lives in Costa Rica. We would rather type less and give you time to listen. Also, we planned on being professional and somehow this conversation unfolded into something magical. We love you, beautiful Soul. Started with rugby and met in heaven... We hope to see you there.
-
58
Episode 58: So Loop Hy Maar - Gideon Lombard en So 🦄🎸🔥
Een van die intelligentste mense wat ek nóg ontmoet het. Ek kan dit voel. Hy het skoolgegaan in Namibië, Holland en Amerika. Hy's al vir 10 jaar skoon van verslawing. Hy samel tans fondse in en het ingekom vir sy MBA by die besigheidskool in Madrid, Spanje. Hy sou argitektuur studeer - toe neem die lewe sy draaie. Hy was al op verhoë, film en TV as akteur — tot relatief onlangs in die sepie "Suidooster". Hy komponeer musiek en speel kitaar. Hy doen boonop tans besigheidskonsultasie vir 'n groot voedselnywerheid in die Kaap. Hierdie brein breek boksies... Met 'n hart so sag soos sy brein sterk is, het sy luister- en waarnemingsvermoëns my sedert ons eerste ontmoeting bygebly. Ek voel bevoorreg om met 'n liewe vriend te kan gesels. Hy's nie die volgende Miles Davis nie. Nie die tweede Elon Musk nie. Hy's die eerste Gideon Lombard. ❤️
-
57
Episode 57: So Loop Hy Maar - Francois van Coke en So ⚡️💚🚀
Pietie probeer beskryf wat Fokofpolisiekar vir hom beteken het. Steeds beteken... Dalk relate jy... Hierdie band, en die bands wat soos familielede van hulle voel, raam só baie oomblikke van betekenis. Pietie: Ek was 'n tiener-kind wat vraagtekens as uitroeptekens disguise het. Hoe minder ek sin gemaak het, hoe harder wou ek skree. Liewe genade. Deur die begeleiding van julle musiek - rou gees in note immortalize - het julle my al bygestaan deur transcendental euforie, sielswerende verliefdheid, geesverpletterende horries, kners-cringe skaamte, waansinnige skuld, angs, insecurity, selfsugtigheid, self-discovery, self-love, sterk-voel, laag-voel, hoog-voel, nugter-voel, dronk-voel, invisible voel, invincible voel, connected voel, verstaan-voel, verreik-voel, alleen voel, soos ál een voel. Soos almal wíl voel. Alles gelyk voel. Vir altyd voel. Musiek voel soms spiritueel: Asof dit jou verstaan. Gee nie om hoe uniquely weird of freakish of beautiful of horrible jy voel nie, jy voel aanvaar soos jy is. Fokofpolisiekar doen dít. Gee nie om of jou wese blóm of breek nie, jy kry goedkeuring. As Francois my hierdie potentially over-familiar gedagte sal gun, hierdie gesprek was asof ek 'n spirit brother ontmoet het. Of uit 'n vorige lewe onthou. Een na wie ek nog altyd opkyk. Francois is 'n reuse gees in nederige vlees. Die seun wat Cravenweek-rugby gespeel het, Meneer Belville was, met almal oor die weg gekom het, "te punk vir die rugby kids en te jock vir die punks was" het orals en nêrens ingepas. Dalk relate jy... Baie dankie vir een van die hoogtepunte van my lewe my maat. 💚 *Download gesprek in bio
-
56
Episode 56: So Loop Hy Maar - Leandie du Randt en So
'n Force of generosity & kindness. My eie familie praat gereeld van mense met generosity of spirit. Ek dink dis mense wat só vol liefde is dat hulle daarvan uitdeel. Dalk mik ons almal hierna? Dit beteken nie generous geeste ervaar nie struggle nie, maar dat hulle somehow dit regkry om wonde in wysheid te omskep. Teëspoed in krag. Leandie du Randt is die real deal. Authentic en truthful. Ons het al die diepsee ingebackflip sekondes na "hoe gaan dit?" Liefde en krag aan ALMAL.
-
55
Episode 55 : So Loop Hy Maar - Schalk Bezuidenhout en So
Schalk aka "Snorseun" kort nie eintlik 'n introduction nie. Ons chat bietjie "agter" al die jokes oor sy loopbaan, sy liefde vir acting, hoe hy sy materiaal skryf, sy styl van komedie, sy hond en allerande ander lekker dinge! Geniet dit!
-
54
Episode 54: So Loop Hy Maar - Nana Giyose, #BLM en So
We recently approached a very smart and open-minded young woman for a podcast. Nana Giyose works in a corporate environment by day and teaches Zulu and English by night. Pietie planned on getting to know her on a personal level and hearing her thoughts on #BlackLivesMatter. We thought the conversation would progress gradually... But Nana and Pietie immediately dived to the depths of truth. (#BLM was supposed to be a departure point but instead we flew without take-off.) Radiating warmth, wisdom, bravery and kindness, Nana gives us an education in humanity, without preaching a second. We feel lucky to share this with you.
-
53
Episode 53: So Loop Hy Maar - Bauke Hanekom en So
Bauke Hanekom se gees is nóg groter as sy kuite. 'n Force of nature wat op 10jarige ouderdom die nommer 1 swemmer in Suid-Afrika was, later kaptein van Paarl Boys' High se 1ste rugbyspan geword het en wie se lewe sedertdien 'n paar doughnuts en s'e gekap het... Tot waar hy nou is - gesonder en sterker as ooit ⚡ Bauke praat eerlik oor sy tawwe tye, die liefde vir sy mense, sy konneksie met sy oupa en ouma en die 15 000 calorie-challenge wat hy onlangs met USN, Men's Health en Under Armour gedoen het. Sy biceps pomp yster, sy hart pomp gees. Reuse liefde aan almal
-
52
Episode 52: So Loop Hy Maar - Die Heuwels Fantasties en 2021 en So
Ons chat met Pierre en Hunter van die Heuwels Fantasties oor hulle nuwe album, genaamd "2021". So cool soos wat die album naam is, so is die album ook. "2021" signify hoop en voorspoed, en beeld die album perfek uit, spesifiek omdat 2020 so groot train smash is. Pierre en Hunter vertel in detail hoe die album gemaak is, praat oor die ander kunstenaars wat betrokke is en gee hulle opinie van hulle nuwe werk. Geniet dit!
-
51
Episode 51: So Loop Hy Maar - Riaan Cruywagen en So
Ons belowe julle ons het pretty much die hele gesprek lank sit en smile. Soos twee honde wat adoringly na hul baas kyk, verliefdes hoog op studentelewe, of net, soos dit hier is, jong ouens wat opkyk na 'n eerbare man. Hy vat ons op 'n lewensreis binne net meer as 'n uur. Nederigheid, humorsin en 'n gees so suiwer soos sy uitspraak. Ons kan eenvoudig aan geen beskrywing dink om hierdie episode te match nie. Dis tyd vir die nuus. Hierdie is 'n podcast met RIAAN CRUYWAGEN.
-
50
Ep 50: SLHM - Mila Guy, Simoné Pretorius (Née Nortmann) en So
As jy nie een van hierdie twee gesigte herken nie, is jy dalk nie Afrikaans nie... Mila Guy en Simoné Pretorius (née Nortmann) is twee darlings of the South African screen. Tussen die twee van hulle, sluit hulle projekte onder andere in Hotel, Binnelanders, 7de Laan, Wonderlus, Vir die Voels, Liewe Kersfeesvader, Vuil Wasgoed, Keeping Score... om net 'n paar te noem. Hulle word soms met mekaar verwar, dalk omdat beide só groot droom. In hierdie episode van die @soloophymaar podcast, explore ons alles wat nie gewoonlik in onderhoude gedek word nie: hoe deal mens met envy? Is social media ego-BS? Waarnatoe is hulle op pad? Wie het op laerskool vir Faf de Klerk gedate en wie was hoofmeisie van hul skool? Hulle gesels oor hul huge ambisies en ek kry die gevoel hulle gaan dit wraggies alles afpull... Luister gerus na hierdie impressive jong dames. Vonkels in die oë, fires in the spirit. Enjoy! ⚡️
-
49
Episode 49: So Loop Hy Maar - VAN PLETZEN en so
Attention everyone! Are you gereed? Ons chat met die Suid-Afrikaanse eletroniese duo VAN PLETZEN! Peach en Nax het ongelooflike musiektalent en is beide comedic geniuses! Ons praat oor hoe die band begin het, hulle shows en hulle nuwe album, wat nou orals live stream. Leghe!
-
48
Episode 48: So Loop Hy Maar - ELANDRÉ en so
Dit gebeur nie baie dat ons nie woorde het nie. Hierdie is een van daai kere. (Tik en vee uit, tik en vee uit...) Woorde val kort as dit kom by suiwerheid. Ons het vanoggend 'n gesprek op ons podcast met Elandré Schwartz gehad — die "Kleindorp-dromer" van Despatch. Elandré se vyf jaar ouer broer was agsteman en kaptein van die eerste rugbyspan. Toe Elandré Hoërskool toe is, vra die rugby-meneer hom hoopvol of hy gaan kom speel. Dalk so goed soos sy broer? "Nee meneer... Ek sal langs die veld staan en sing..." Dis nou 'n paar jaar later, en ná Elandré 'n Sony Select record deal gekry het deur Bruce Springsteen se "Tougher than the rest" in 2016 op Bok Radio te sing, verskiet hy soos 'n force of nature deur die heelal... Met sy stem (en gees) wat mense en plekke verhelder soos hy vlieg. Oppe, affe, diepte, lig... Elandré se musiek, storie en gees ooze stardom. Nie die ego tipe nie. Die egte tipe. Almal is special. Elandré is wel dalk one in many million...
-
47
Episode 47 : So Loop Hy Maar - Frans Malherbe en So
No description needed really. Frans Malherbe : 1. Currie Cup wenner 2. Rugby Wêreldbeker wenner 3. Awesome dude. Geniet dit!
-
46
Episode 46 - So Loop Hy Maar, Hungani Ndlovu en So
Hungani Ndlovu is an actor, dancer, business owner and (these are our words, not his) a REAL humanitarian. Podcast-hosts, Niel Benjamin Kidd and Pietie Beyers, welcome this generous-hearted, big-thinking individual onto their podcast, "So Loop Hy Maar, Die Lewe En So". (Please subscribe on your podcast app! 🙏🙌🚀) Pietie and Hungani take a deep-dive into Hungani's world... With more than 430k followers on Instagram and loads of projects going on, Hungani leads with compassion and spirit... Enjoy this episode, with a very special man, which was recorded during the Covid-19 lockdown in South Africa ⚡️🇿🇦💚 Also, our first episode fully in English 😉😄💯 Health & Happiness. Love & Magic. Niel and Pietie So Loop Hy Maar, Die Lewe en So ⚡️
-
45
Episode 45: Rikus de Beer aka RADIO RAPS en So
'n Cravenweek-rugbyspeler het tydens oefening sy rug gebreek en moes 'n nuwe lewe oorweeg. Hy't in finansies en hernubare-energie gewerk, maar was in-en-uit die hospitaal en moes selfs in 'n stadium sy familie en vriende groet. Die man was op pad uit en het oorleef want hy't, in sy eie woorde, sy MOER GESTRIP vir mense wat nie geglo het hy gaan leef nie... ;-) Rikus de Beer aka RADIO RAPS aka JOHNATHAN is 'n wonderwerk. Sy amazing comedy blom uit 'n goedgunstige plek. Die man is nederig, grootgeestig en maak JOU belangrik voel. 'n Mens met 'n vonkel in die oog en die hart van 'n leeu. Van die Lockdown-extension, 5 karre wat afgeskryf is, sy Bull Terriers en waarmee hy nou alles besig is, Rikus neem vir my en Niel op reis. Beleef hierdie amazing mens... ⚡️⚡️⚡️ Liefde en krag aan almal. 💚
-
44
SLHM EPISODE 44: The Adriaanse Brothers en So
'While trying an extreme form of conversion therapy, a preacher summons an evil demon - one that's intent on triggering a mass suicide. The pastor must keep the demon contained - but there's a posse coming to set it free...' PARABLE: A horror movie, now on Showmax 😱😱😱 In a historic moment, we do a 4-way Zoom call with the writers, The Adriaanse Brothers. Beer directed the film while Jaco's new book, Adamastor City, launched a day after they finished filming the fright-flick. Intelligent and prolific, the gents share their making of... The podcast is in Afrikaans, the movie in English. Welcome behind the bloody lens... of PARABLE ⚡
-
43
Episode 43 : So Loop Hy Maar, Die Heuwels Fantasties en So
Ons is in lockdown. Ons oplossing? ZOOM podcast. Ons chat met Pierre Greeff en Hunter Kennedy oor hoe die band die Heuwels Fantasties gevorm is, hulle eerste album, hulle musiekvideos, die skryf van lirieke en allerande ander awesome stuff. Hoe genius hulle musikaal is, dis hoe down to earth hierdie dudes is. Enjoy!
-
42
Episode 42: So Loop Hy Maar, Hugo Ludik en So
Hy't al in Nieu-Seeland rugby gespeel, vir Namibië in die World Cup krieket gespeel, hy was in die musiekgroep ADAM en nou's hy 'n musiekvervaardiger met 'n amazing studio, Muse Studios, in Johannesburg (waar ons hierdie episode opgeneem het - dalk nóg gaan opneem - en die klank is AMAZING!) Hugo Ludik is die tipe ou wie almal op Hoërskool Windhoek en Huis Marais-koshuis op Stellenbosch probably gelove het. (En as hulle nie het nie, sal hulle heel moontlik nou: Die man se positiewe energie verwelkom jou, omhels jou en steek jou aan.) Praat van aansteek, ons het die Corona-virus met onkundige respek benader, gepraat oor toe Hugo teen Kevin Pietersen krieket gespeel het en gesels oor die lesse wat die lewe aanhou uitdeel... Dít alles terwyl ons 2 keer live op sy Instagram was — hou aan luister wanneer ons twee, as 30-somethings, social-media op die lug ontsyfer — ons vind gou weer ons vloei... Luister hierdie gerus in sarsies: Nou, vanmiddag, nóg 'n stuk voor jy gaan slaap, in die verkeer, saam met jou partner (of vriend of hond of op jou eie), in die kombuis, die badkamer, ag, vat hierdie episode (van moerse geselskap) sommer oral. Óf luister dit in een, self-geïsoleerde, maraton-sessie. Yes. Doen eerder dit ⚡️ Ps. SO LOOP HY MAAR sal mik om die volgende episode onder 2 ure te hou - dis moeilik om dinge kort te knip as dit so lekker gaan ;-) Pps. Ek het eers ná die tyd rêrig besef dat hierdie close proximity met iemand anders nie die mees verantwoordelike idee was nie. Time to stay at home. Ppps. Hierdie caption het langer gevat as 'n Geskiedenis langvraag in Graad Elf... Was dit worth it..? Download, druk play en besluit vir jouself. 😉🇳🇦🏉🎸💙🎙🏏🇿🇦
-
41
Episode 41 : So Loop Hy Maar, Amalia Uys en So
"Sit jou menswees in 'n kanon en skiet dit die wêreld vol." Ons weet nie eers wat om te sê nie. Captions val kort. Met rede, ons langste episode sovêr. Download nou en luister vandag - 'n spirituele belewenis. 'n Gesprek met Amalia Uys
-
40
Episode 40 : So Loop Hy Maar, Slaap en So
SLAAP Sukkel jy? Is dit maklik? Hoeveel ure is ideaal? Hoe beïnvloed slaap jou gesondheid? Het jy ook al wakker geword na 'n vliegdroom, jou arms geflap, en gedink jy gaan takeoff?! Jessica Fourie is 'n Slaap-Tegnikus (ons het nie besef so iets bestaan nie) by die slaap-kliniek, Fourie & Associates - daar's 'n hele paar takke in die land en sy werk (onder andere) by die Milnerton Medi-Clinic tak. Hierdie was WAY meer wetenskaplik en educational as wat ons besef het. Lekker luister! Lekker slaap!
-
39
Episode 39: So Loop Hy Maar, Vergeet My Nie Director — Andre Velts — En So
Nog nooit so iets beleef nie. First Exclusive: Die ex-personal trainer, destydse inwoner van Londen, en vandag director — Andre Velts — deel sy hart in die mees vulnerable en brawe podcast waarvan ons al deel was. As jy net een van ons podcasts wil luister, luister dié een. Die sound is uiteindelik goed. *Andre se nuutste fliek "Vergeet My Nie" het vandag in fliekteaters begin
-
38
The real EPISODE 38: So Loop Hy Maar, Danie van Spoegwolf en So
Danie du Toit is die lead singer van Spoegwolf, mede-eienaar van Drum-restaurant op Stellenbosch en die skrywer van 'n digbundel wat pas verskyn het. As mens dink aan hoe mense van Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Jan Rabie, daai tipe name praat - ek vermoed óns kinders gaan so oor Danie praat. 'n Groot gees in nederige vlees. Ook, Francois van Coke en Danie het 'n song "Dagdrome in Suburbia" gemaak. Danie vertel daaroor. Enjoy.
-
37
Episode 37: So Loop Hy Maar, Wayne van Rooyen en So
Dis 2020!!!!!!!!!! 😱😱🤩🤩🤩🤩 Wayne van Rooyen is nie vir die podcast genader oor sy amazing CV en besonderse talent nie - alhoewel hy die nederige eienaar van beide is. Hy's genader oor sy gees. Die man se wysheid strek tot 'n galaxy far, far away. Hy's basically Yoda se pa. The quality of sound is wraggies getting there and this one listens lekker. Enjoy! 🦄💫
-
36
Episode 36: So Loop Hy Maar, Dirk Agenbag - Digital Genius - En So
'Al wat ek gedink het, was hou Steven Kitshoff van my?' Een van die mees fassinerende podcasts waarvan ek al deel was. Of jy al op vakansie is, of tot Kersfees nog werk, hierdie episode neem jou op 'n journey. Dirk Agenbag is 'n digital creative director by die ad agency, TBWA\Hunt\Lascaris in Johannesburg. Ek het altyd van hom geweet - sy gutsy, hilarious social media posts raakgesien en gewonder of helfte van Kaapstad op hom verlief is. Dirk het die hele Rugby World Cup saam met die Springbokke getoer (en gewerk) en hy share ook sy ervaringe met die Bokke. Hoe impressive iemand is, kan van 'n afstand intimiderend wees. Tot julle connect en jy die mens agter jou indruk ontmoet... Van die grootste creative geniuses het ook mental health challenges. En ek het finally goeie-quality audio begin uitfigure 😉💫
-
35
Episode 35: So Loop Hy Maar - Bertus Albertse (eienaar van Body20) en So
Inspiration-masterclass 💫 Ek dink ek het meer in hierdie podcast oor besigheid geleer as in skool en universiteit sáám (bygesê: ek het drama geswot en was nie die mees gedissiplineerde leerling op skool nie). For real though, luister hierdie. Bertus kom van humble beginnings en het nie sy graad voltooi nie. Steeds het hy sy pad met (hoorbare/tasbare) passie opgewerk — vanuit sy braaikamer in Brackenfell tot 'n maatskappy wat nou seker al heelwat oor die R100 miljoen werd is. Jip, luister self... Ek mag dalk self hierdie podcast nog 6 keer luister. 'n Inspuiting van opbouende energie, besigheidslesse (positief+prakties eerder as prekerig) en massiewe lewensgees 💪 Luister dit onmiddellik! 🚀
-
34
Episode 34: So Loop Hy Maar - Reynardt Hugo se Prank Calls en So
Reynardt Hugo is 'n force of nature: 'n sanger, akteur, kranige sportman, toekomstige super-entrepreneur, en, in 'n ander lewe, 'n komediant. Dalk selfs nog in hierdie leeftyd... In hierdie episode, deel hy 'n besondere spesiale gawe met ons.
-
33
Episode 33 - So Spook Hy Maar, die Dood en So
BOO! Episode 33 is ons Halloween episode! Niel Nogsteeds, Nini Conradie en Jaco Nothnagel gesels oor beroemde Suid-Afrikaanse spoke, Charlie Chapman se lyk, vreemde bloedige oortuigings en ander skrikwekkende spookstories! Geniet dit!
-
32
Episode 32: So Loop Hy Maar - Brendan Fraser, 7de Laan, Stuntmen en So
Onthou jy Brendan Fraser? Onthou jy Blast from the Past, The Mummy en George of The Jungle? Ken jy 7de Laan? Hierdie episode is letterlik vir jou! Madelaine is 'n stylist en super-woman wie onlangs baie tyd met bogenoemde Brendan spandeer het. Haar man, André, is 'n sport-spelende, Crossfit-dominating force-of-positive-energy wat as Rickus op 7de Laan bekend is. Skop jou skoene uit, hierdie episode voel soos naweek!!
-
31
Episode 31: So Loop Hy Maar - Katinka Die Kat en So
Katinka Die Kat is jonger as 23 en sy't moontlik al meer reggekry as baie 70 jariges — dis gelyk motiverend en depressing! ;-) In all honesty, sy's 'n super awesome mens (en entrepreneur) en ons leer in hierdie episode die Katinka agter die Kat ken. Meow!
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...